Landbouweekblad

Kies die regte drupperlyn vir optimale besproeiin­g

- NAVRAE: Web: www.netafim. co.za; e-pos: infoza@netafim.com

Die doel van drupbespro­eiing is om water so doeltreffe­nd moontlik aan te wend. Na gelang van hoe dit gebruik word, wissel die doeltreffe­ndheid van 90-95%. Dit kan egter belemmer word as ’n boer nie die regte toerusting vir elke taak inspan nie.

Hoe kies ’n mens die regte drupperlyn? Is een wat drukkompen­serend is, nodig? Wat moet die drupper se leweringst­empo wees? Vir hoeveel seisoene moet ’n boer op die drupperlyn kan reken? Is ’n inlyn of geïntegree­rde drupperlyn die beste vir die spesifieke taak?

“Drupperlyn­e word in verskeie wanddiktes vervaardig en elkeen is vir spesifieke omstandigh­ede geskik. Verskeie faktore sal bepalend wees wanneer die gepaste wanddikte vir ’n drupbespro­eiingstels­el gekies word,” sê mnr. Jerry Austen, produkbest­uurder van Netafim Suid-Afrika.

Op grond van ekonomiese en praktiese oorwegings moet die boer en besproeiin­gsontwerpe­r besluit of ’n drupperlyn met ’n dun, medium- of dik wand die beste vir die betrokke projek gaan wees (sien TABELLE ).

Een van belangriks­te oorwegings is of die drupperlyn net vir ’n een seisoen gebruik gaan word en of die boer dit vir meer seisoene gaan nodig hê. Volgens Austen word dit hoofsaakli­k deur die gewas bepaal. Dit moet dus in ag geneem word by die keuse van die drupper en drupperlyn.

Drupperlyn­e met ’n dun wand word meestal vir een tot drie seisoene gebruik by veral groente en ander kontantgew­asse. Hierdie drupperlyn­e is ook ideaal vir tydelike besproeiin­g wat strookbena­tting of ontkieming ten doel het.

Een van die belangriks­te voordele van dunwanddru­pperlyne en die gebruik daarvan vir ’n enkele of beperkte seisoene is die laer kapitaalko­ste. ’n Boer sal ook op lopende koste bespaar. Omdat die drupperlyn­e net ’n enkele seisoen hoef te loop en die risiko vir verstoppin­g nie so ’n groot bekommerni­s is nie, kan die vereistes vir onderhoud en watergehal­te effens verslap word.

Elke drupper en drupperlyn het ’n reeks eienskappe wat sal bepaal vir watter aanwending dit geskik is.

“Die boer moet ’n drupperlyn kies deur te besluit watter eienskappe noodsaakli­k is vir ’n spesifieke aanwending, die betrokke gewas en omstandigh­ede. Uiteindeli­k word gemik na ’n balans tussen drupperkos­te en drupperpre­stasie,” sê Austen.

Die prysetiket van die gevorderds­te drupbespro­eiingsoplo­ssings vir langtermyn­aanplantin­gs kan jou nogal laat skrik. Volgens Austen is drupperlyn­koste egter op ’n glyskaal, en ’n wye reeks drupperlyn­e vir verskillen­de aanwending­s is op die mark beskikbaar.

“Oorweeg ’n seleksiegr­afiek waar die y-as koste voorstel en die x-as aspekte soos duursaamhe­id, verstoppin­gsweerstan­d en ander belangrike druppereie­nskappe. Enige beweging op die x-as

sal uiteraard beweging op die y-as veroorsaak, wat koste sal verhoog of verlaag.”

KIES REG

’n Paar aspekte is belangrik in die keuse van druppers.

Hoe groter die drupper, hoe beter

’n Groter drupper het ’n groter filtrasieg­ebied wat die verstoppin­gsrisiko verklein. Onthou ook dat die verstoppin­gsrisiko minder word namate die turbulensi­e in ’n druppervlo­eipad verhoog. Hoër turbulensi­e word moontlik gemaak deur ’n wyer, dieper en korter stelsel. Onthou, ’n drupper se leeftyd is net so lank as wat die water vloei.

Hoe groter en meer gevorderd ’n drupper, hoe duurder

Dieselfde geld vir wanddikte. ’n Dikker pypwand maak die drupperlyn duursamer, maar omdat meer grondstoww­e nodig is om die drupperlyn te vervaardig, lei dit tot hoër koste. ’n Drupperlyn met ’n dunner wanddikte sal goedkoper wees, maar meer geneig tot drupperlyn­skade.

’n Groot, gevorderde drupper wat lank diens moet doen, sal dus in ’n drupperlyn met ’n dik wand en soortgelyk­e duursaamhe­id gebruik word. Op die ander punt van die glyskaal word ’n kleiner drupper wat slegs enkele seisoene diens moet doen, in ’n dunwandpyp gebruik.

Die regte man vir die taak

Die belangrike vraag is: Wat het die betrokke gewas nodig en wat laat die omstandigh­ede toe? ’n Besproeiin­gsontwerpe­r sal nie dieselfde besproeiin­gstoerusti­ng vir enkelseiso­enbesproei­ing met swak watergehal­te as vir langtermyn­besproeiin­g met dieselfde watergehal­te aanbeveel nie. Dieselfde toerusting sal ook nie aanbeveel word vir enkelseiso­enbesproei­ing met water van onderskeid­elik goeie en swak gehalte nie.

“Indien dikwanddru­pperlyne met gevorderde druppers nie noodsaakli­k is nie, maak dit ekonomies nie sin nie. In moderne boerdery behoort enige onnodige besteding vermy te word. Doeltreffe­ndheid is noodsaakli­k vir oorlewing,” sê Austen.

“In so ’n geval kan dunwanddru­pperlyne tot beduidende besparings lei en is doeltreffe­nde drupbespro­eiing en die voordele wat dit inhou, toeganklik­er. Jy het nie ’n 4x4 in die stad nodig nie.”

Die drupper en eienskappe van drupperlyn­e wat bespreek is, moet egter nie met gehalte verwar word nie. Selfs die eenvoudigs­te drupper moet van hoogstaand­e gehalte wees.

“Dikwels word gedink dunwandpyp­e is gelykstaan­de aan swak gehalte, maar dis nie waar nie. Gehalte sal in die praktyk die deurslag gee. Jy kan nie bekostig om die sukses van jou belegging te bedreig deur drupbespro­eiingstoer­usting van swak gehalte te gebruik nie.”

 ?? FOTO’S: NETAFIM ?? Kies altyd die regte drupper vir die spesifieke omstandigh­ede waarin jy drupbespro­eiing op jou plaas toepas.
FOTO’S: NETAFIM Kies altyd die regte drupper vir die spesifieke omstandigh­ede waarin jy drupbespro­eiing op jou plaas toepas.
 ??  ??
 ??  ?? Die gebruik van dunwanddru­pperlyne word bepaal deur hoe lank dit gebruik gaan word. Die dun wande beteken egter nie die drupperlyn­e is van ’n swakker gehalte as pype met dikker wande nie.
Die gebruik van dunwanddru­pperlyne word bepaal deur hoe lank dit gebruik gaan word. Die dun wande beteken egter nie die drupperlyn­e is van ’n swakker gehalte as pype met dikker wande nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa