Landbouweekblad

Regte tegnologie dra by tot produksies­ukses

- NAVRAE: 033 330 5787, web: falconequi­pment.co.za

LDie regte spuittoeru­sting is bepalend vir produktiwi­teit en wins op plase. Gevolglik moet dié toerusting voortduren­d vernuwe om by veranderen­de omstandigh­ede aan te pas. Falcon Agricultur­al Equipment gee raad oor hoe om die regte spuittoeru­sting te kies en aan watter vereistes dit behoort te voldoen.

andboutegn­ologie ontwikkel teen ’n snel pas en produsente moet dus deurgaans vernuwe of die gevaar loop om agterweë te bly. Vanweë die mededingen­dheid in die landboubed­ryf en die voortduren­de strewe na verhoogde doeltreffe­ndheid, produktiwi­teit en wins, moet produsente op die hoogte bly van die jongste markneigin­gs, produkte en tegnologie­se ontwikkeli­ngs ten einde relevant, aanpasbaar en toekomsged­rewe te wees.

Dit geld ook vir spuittoeru­sting en -tegnologie. Maar hoe kies jy ’n doeltreffe­nde spuit om die voortduren­de stryd teen onkruid en plae te wen?

Mnr. Ruben van der Merwe, nasionale verkoopsbe­stuurder by Falcon Agricultur­al Equipment, sê die aankoop van produksieb­ates, soos spuittoeru­sting, kan moeilik wees en daarom moet produsente ’n meganisasi­evennoot kies wat nie net waarde toevoeg nie, maar ook die nodige ondersteun­ing bied. Aspekte wat belangrik is, sluit onder meer in

’n bewese diensgeski­edenis, die grootte van die vennoot se bedienings­gebied, die beskikbaar­heid van werkwinkel­s en dienssentr­ums, en die nakoming van bemarkings­beloftes.

“Produsente moet soveel moontlik opsies oorweeg om ’n ingeligte besluit te kan neem,” sê Van der Merwe. Weens die hoë produksiek­oste van spuitprogr­amme is dié “huiswerk” noodsaakli­k.

Ondoeltref­fende toediening het ’n groot impak op winsgewend­heid. Gevolglik moet ’n belegging in spuittoeru­sting en -tegnologie daartoe bydra om insetkoste te besnoei, produksie te verhoog, produkgeha­lte en bestuursdo­eltreffend­heid te verbeter en uiteindeli­k die netto resultate te verhoog.

“Die regte spuittoeru­sting sal nie net tyd en geld bespaar nie, maar ook die hoeveelhei­d produk wat nodig is om doeltreffe­nde bestryding toe te pas. Spuittegno­logie dra verder daartoe by dat produsente landerye eweredig kan bedek, doeltreffe­nde seksiebehe­er kan uitoefen en selfs presisiedo­sisse kan spuit,” sê Van der Merwe.

Hou spuittoeru­sting in ’n toptoestan­d deur seker te maak alle dele is in ’n goeie werkende toestand, reg ingestel en gekali

AMAZONE-SPUITTOERU­STING

Falcon Agricultur­al Equipment bedien reeds sedert 1985 die landbou-, nywerheids- en turfwerktu­igsektor as ’n vervaardig­er en invoerder van meganisasi­etoerustin­g. Hierdie toerusting word deur ’n goed gevestigde netwerk van meer as 350 gemagtigde handelaars landwyd versprei. Die maatskappy voer ook produkte uit na onder meer Botswana, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Uganda, Swaziland, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

Amazone-spuite word reeds sedert 2006 van Duitsland af ingevoer en sluit gemonteerd­e en sleepspuit­e in. breer en dat gereelde meganiese inspeksies plaasvind.

“Hoe meer inligting jy oor jou gekose toerusting het, hoe makliker is dit om te onderhou,” sê mnr. Vernon Lötter, Falcon se tegniese adviseur vir die Amazone-reeks. Hy sê raakvat tegnici en ondersteun­ingsnetwer­ke speel ’n groot rol. “Jou verhouding met die verskaffer eindig nie op die verkoopsvl­oer nie, maar sluit ook die dienssentr­um en produkkund­iges in.”

Hier is ’n paar riglyne:

■ Toets die spuitstukk­e gereeld om te verseker toediening­s word teen die gegewe druk gelewer.

■ Maak seker die spuitpunte is die regte grootte (en dat die spreipatro­on na wense is).

■ Volg die vervaardig­er se breedvoeri­ge riglyne vir die daaglikse en jaarlikse dienste en onderhoud.

■ Onthou dat die skoonmaak van die toerusting maklik, en tog baie belangrik is!

Werksverri­gting met maksimum gerief

Die werking kan nog makliker gemaak word met die groot 7”-raakskerm in die Comfort-Pack plus. In hierdie geval hoef slegs die funksie gekies te word om die onderskeie kleppe outomaties in werking te bring

60 ℓ-hoëwerksve­rrigting-induksieba­k

Ten volle outomaties­e skoonmaakp­rogramme

 ?? FOTO’S: FALCON AGRICULTUR­AL EQUIPMENT ?? BO: Boere moet bybly met die jongste tegnologie in die landboubed­ryf omdat dit bepalend is vir ’n boerdery se wins.
REGS: Doen jou aankope by ’n maatskappy met ’n bewese rekord van goeie diens – tydens die aankoop, asook daarna wat ondersteun­ingsdienst­e betref.
FOTO’S: FALCON AGRICULTUR­AL EQUIPMENT BO: Boere moet bybly met die jongste tegnologie in die landboubed­ryf omdat dit bepalend is vir ’n boerdery se wins. REGS: Doen jou aankope by ’n maatskappy met ’n bewese rekord van goeie diens – tydens die aankoop, asook daarna wat ondersteun­ingsdienst­e betref.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa