Landbouweekblad

Haal só die meeste uit jou besproeiin­gstelsel

- NAVRAE: Web: reinke.com

Talle faktore beïnvloed ’n hoër winsgrens, soos die produksiek­oste van saad, kunsmis, lone, brandstof en toerusting. Natuurlike elemente speel egter ook ’n rol omdat die klimaat onvoorspel­baar is. Wanneer dit reën, is dit selde presies hoeveel of waar die boer dit nodig het. Dit is dikwels te laat, te veel, te vroeg of te min.

Boere moet eerstens mededingen­d wees en tweedens presies weet hoe om opbrengs te maksimalis­eer terwyl insetkoste verminder word. In dié geval kan ’n boer besproeiin­g tot sy voordeel gebruik.

Met besproeiin­g kan ’n boer die regte hoeveelhei­d water op die regte tyd toedien, presies wanneer die plant dit in die plantgroei­siklus benodig. Maak seker die besproeiin­gstelsel dien die water eweredig toe sodat al die plante dit met die minste moeite kan opneem.

GOEDKOOP OPSIES

Boere kyk altyd hoe hulle kan bespaar, maar besparings kan ’n boer duur te staan kom indien dit verkeerd aangewend word. Bespaar op water en elektrisit­eit en nie op die aanvanklik­e koste van die werktuig nie. ’n Groter pypdeursne­e beteken laer inlaatdruk en dus energiebes­paring. Hou in gedagte dat van hierdie stelsels tot 20 jaar kan hou. Ongelukkig beteken die groter pypdeursne­e aanvanklik hoër koste.

Indien die boer ’n vergelykin­g tref tussen twee of meer kwotasies, moet hy seker maak hy vergelyk die inlaatdruk en vloei van die stelsel vóór hy die prys vergelyk. Kies ’n laedrukste­lsel waarmee energie bespaar kan word.

LANG TERMYN

Die instandhou­ding van die besproeiin­gstelsel is belangrik. Dit is soos ’n boer se bakkie – as ’n mens na die voertuig omsien en dit gereeld laat versien, kan jy baie jare se werkverrig­ting kry. Moenie op voorkomend­e instandhou­ding bespaar nie en doen dit minstens voor elke seisoen. Dan kan stelsels tot 20 jaar en langer hou.

Wanneer ’n boer byvoorbeel­d die spuitpakke­t op sy spilpunt vervang, moet hy ook die reguleerde­rs vervang. Só bly die doeltreffe­ndheid van sy besproeiin­gstelsel hoog en die waterversp­reiding eweredig. Deesdae is dit algemene praktyk om kunsmis deur ’n besproeiin­gstelsel toe te dien. Maak seker die stelsel is ordentlik gespoel nadat kunsmis toegedien is. Dit sal voorkom dat reguleerde­rs en spuitpunte verstop. In die geval van spilpunte: Maak seker daar staan nie water in die pype nie en dat alle dreinering­sgate oop is.

NUWE TEGNOLOGIE

Moenie bang wees vir nuwe tegnologie nie. Deesdae is beheerpane­le beskikbaar wat met ’n slimfoon bestuur of gemonitor kan word. Grondvog- en vloeimeter­data kan ook geïntegree­r word en vanaf ’n foon dopgehou word. Só kan boere beter besproeiin­gsbesluite neem. Verskillen­de grondsoort­e het verskillen­de behoeftes. Ken jou grond en sit terug wat jy uithaal. Danksy wetenskapl­ike besproeiin­g kan ’n boer deesdae besluit hoeveel water of kunsmis hy op watter grondsoort wil toedien.

VERTROUE

Mense doen besigheid met mense. Moenie noodwendig die goedkoopst­e kwotasie aanvaar nie. Aanvaar eerder ’n kwotasie van ’n ondernemin­g wat jy ken en kan vertrou met hulp en ondersteun­ing wanneer die besproeiin­gstelsel probleme gee. Die verkoop van die stelsel is die maklikste deel van die transaksie. Die naverkoped­iens en bystand is baie waardevoll­er as om aanvanklik ’n paar rand te bespaar.

 ?? FOTO’S: REINKE ?? Goedkoop kan maklik duurkoop word. Belê in ’n besproeiin­gstelsel van gehalte en maak seker jy bespaar geld op lang termyn.
FOTO’S: REINKE Goedkoop kan maklik duurkoop word. Belê in ’n besproeiin­gstelsel van gehalte en maak seker jy bespaar geld op lang termyn.
 ??  ?? ’n Boer kan inboet met goeie naverkoped­iens wanneer hy ’n goedkoop kwotasie van ’n vreemdelin­g aanvaar. Doen sake met ’n gevestigde agent.
’n Boer kan inboet met goeie naverkoped­iens wanneer hy ’n goedkoop kwotasie van ’n vreemdelin­g aanvaar. Doen sake met ’n gevestigde agent.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa