Landbouweekblad

Herstel ná droogte kan tot vyf jaar duur

-

Boere het meer as net goeie reën ná die droogte nodig. Dit sluit in finansieri­ng, gesonde grond en ontwikkeli­ng. Boonop moet die gevolge van die Covid-19-pandemie ook bestuur word.

Die landbou is die enigste sektor in die Namibiese ekonomie wat voedselsek­erheid, genoeg werk, ekonomiese groei en selfvoorsi­ening moontlik maak, sê mnr. Piet Gouws, voorsitter van die Namibiese Landbouuni­e (NLU), in die unie se 2020jaarve­rslag.

Tog sal dit dié land se landboubed­ryf drie tot vyf jaar kos om van die afgelope droogte te herstel, wat hoë eise aan boere gaan stel omdat hulle ook teen die Covid19pan­demie se ongunstige uitwerking baklei wat beleggings erg benadeel.

Die regering het geen ander keuse nie as om die Maputoverk­laring oor die landbou en voedselsek­erheid wat reeds in 2003 onderteken is, in werking te stel.

Daarin het regerings van Afrika onder meer onderneem om binne vyf jaar minstens 10% van hul begrotings aan die landbou en landelike ontwikkeli­ng te bestee. “Die landbou kan slegs groei as die regering ’n omgewing skep wat dit aantreklik vir beleggers maak, pleks daarvan om dit met regulasies aan bande te lê,” sê Gouws.

Die oorreguler­ing van die uitvoersek­tor sal die finale nekslag vir die landboubed­ryf wees.

Die NLU het reeds in 2019 ’n voorleggin­g in dié verband aan handelsban­ke gedoen om boere uit hul finansiële verknorsin­g te help. Ongelukkig het Covid19 alles in die wiele gery.

STYGENDE PRODUKSIE

Op’nvergaderi­ngtussendi­eNLU, die Lewendehaw­eprodusent­eorganisas­ie (LPO) en die Vleisraad oor die herstel van die veebedryf was daar konsensus dat stygende produksie in die waardekett­ing belangrik is en dat regulering dodelik sal wees.

Daar is ook kommer oor ’n veranderin­g in grondgebru­ikspatrone deurdat kommersiël­e landbougro­nd toenemend minder produktief raak.

Herlewings­landbou kan nuwe hoop vir boere bring omdat hulle daarmee die kwesbare weidingsge­biede kan laat herstel om volhoubare produksie te verseker. Hierdie veldtog staan onder die leierskap van ’n ervare kenner, mnr. Colin Knott.

Die pluimveebe­dryf groei danksy talle nuwe toetreders, die produksie van varkvleis neem

Sektor

BRON: toe en die maak van houtskool vir die uitvoerbed­ryf brei sterk uit en skep duisende werkgeleen­thede in Namibië.

Die TABEL toon hoe bedrywe se toestand vanaf 2018 tot 2019 weens die droogte verander het, aan die hand van beraamde produksiew­aardes wat betref die primêre bemarking van produk

Gouws sê boere het ’n groot behoefte aan finansiële ondersteun­ing terwyl hul weiding ná die droogte herstel. Hulle het net die helfte van hul veekuddes oor. As hulle nie hul plase ten volle benut en alternatie­we inkomstebr­onne, soos houtskool en toerisme, ontgin nie, kan hulle ernstige probleme met kontantvlo­ei ervaar. Dit kan selfs tot totale ondergang lei.

Daarom is volhoubare, goed gestruktur­eerde finansiële bystand en/of herfinansi­eringsopsi­es noodsaakli­k om kuddes te herbou en grondstoww­e aan die res van die waardekett­ing te voorsien.

Opsies vir herfinansi­ering wat ondersoek is, sluit ’n betalingsv­akansie van drie jaar en die konsolider­ing van kort en langtermyn­lenings teen ’n verminderd­e rentekoers in. Dit blyk ’n betalingsv­akansie is ’n goeie opsie omdat dit ’n boer in staat stel om sy kudde te bou, kontantvlo­ei te hê en finansiële verpligtin­ge gouer na te kom.

Die konsolider­ing van kort en langtermyn­lenings teen 4% met ’n verlenging van die leningstyd­perk tot vyf jaar kan ook ’n lewensvatb­are opsie wees.

 ?? FOTO: PAUL KLEIN ?? Grasgroen weiding is oral te sien nadat milde reën oor groot dele van Namibië geval het. Veeboere kan nou weer hul veegetalle opbou. Dié foto is by Nina in Sentraal-Namibië geneem. Die Brahmane behoort aan mnr. Niel du Plooy van die plaas Endlich.
FOTO: PAUL KLEIN Grasgroen weiding is oral te sien nadat milde reën oor groot dele van Namibië geval het. Veeboere kan nou weer hul veegetalle opbou. Dié foto is by Nina in Sentraal-Namibië geneem. Die Brahmane behoort aan mnr. Niel du Plooy van die plaas Endlich.
 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Mnr. Piet Gouws
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Mnr. Piet Gouws

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa