Landbouweekblad

Reënsitwip­in boere se stap

-

Hoewel die Namibiese landboubed­ryf hoopvol is ná goeie reën, moet verskeie gevolge van die droogte nog bestuur word, soos vee wat uit nood geslag is, en ’n bemarkings­telsel wat sake vir kleinveebo­ere bemoeilik het.

Nadat dit onlangs goed gereën het, kan boere weer met hul boerdery aangaan, sê mnr. Thinus Pretorius, voorsitter van Namibië se Lewendehaw­eprodusent­e-organisasi­e (LPO). Nie alle boere het reën gekry nie, maar oor die grootste dele het goeie tot baie swaar buie geval. Boere se gemoed het verander sedert die langdurige droogte wat vir sommiges nege jaar geduur het.

“Wanneer ons oor die water kyk en sien ons bure het ook weer groen veld, het ons baie rede tot dankbaarhe­id.

“Die reën het ’n wip in ons stap gesit, al lyk die bankrekeni­ng ook hoe beroerd. Boere het swaargekry in ons bedryf, wat met hoë risiko’s en lae winsgewend­heid gepaardgaa­n.

“Die Covid-19-pandemie het die hele wêreld sleg getref, maar dit lyk of die landboubed­ryf dalk die minste daardeur geraak en steeds stabiel is. Ons kan gelukkig aangaan om sake te doen,” sê Pretorius.

Tydens die droogte moes baie veeboere diere uit nood slag. Beesgetall­e het met tot 40% en skaapgetal­le met tot 60% gedaal. Die ongewilde kleinveebe­markingste­lsel wat kleinveebo­ere verplig het om een skaap plaaslik te slag om een slagskaap te kon uitvoer, het ook sy tol geëis.

Die regering het egter dié stelsel verlede jaar afgeskaf.

VOERKRALE

Groot voerkrale is nog nie volhoubaar in Namibië nie, hoofsaakli­k omdat dit ekonomies nie die moeite werd is om voer na voerkrale aan te ry nie. Tans is daar een groot voerkraal wat self genoeg voer produseer om ’n bestaan te maak.

Daar is egter verskeie klein voerkrale op plase waar boere self hul vee afrond voordat hulle dit vir slag verkoop.

Karan Beef is die grootste koper van Namibiese speenkalwe­rs en koop sowat 80% van die aanteelvee. Namibiese voerkrale kan nie met die prys meeding wat Karan Beef aan plaaslike boere betaal nie.

 ??  ?? Mnr. Thinus Pretorius
Mnr. Thinus Pretorius

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa