Landbouweekblad

SÓ SÊ ’N FETAKAASMA­KER

‘Baie mense het goeie produkte, maar sukkel om dit reg te bemark.’

- NAVRAE: E-pos: info.rissie@gmail.com, 072 753 3421.

Roulou, ’n ou wynplaas by Stellenbos­ch, is ook bekend om die fetakaas wat al bykans drie dekades daar gemaak word. Ruan Botha is die hoofbestuu­rder en ook een van die kaasmakers.

Alethea Lucas, ’n enkelma van vier en eienaar van Rissie, hou behoorlik die pot aan die kook met ’n reeks tuisgemaak­te rissiesous­e en -olies wat in talle winkels in die Oos-Kaap beskikbaar is.

Die rissie-olie verg baie tyd, aandag en liefde. As jy ’n fout maak met die metode, moet jy van voor af begin om die smaak en kleur te vervolmaak.

Wat spoor jou aan om suksesvol te wees?

My kinders. Ek doen dit vir hulle, sodat hulle eendag met trots kan sê: “Dis my ouers.” Aan die begin was dit baie moeilik om die produk by ons eerste winkel te verkoop, maar die gogga het gebyt toe ek die eerste bestelling aflaai. Nou het ons al gevorder van ’n paar bottels na bokse vol bottels per bestelling en ons produkte is by meer as 30 winkels beskikbaar.

Hoe maak jy mense bewus van jou produkte?

Ek bemark Rissie op verskeie Facebook-platforms. Daar is baie koop-en-verkoop-groepe wat ’n mens kan gebruik en gelukkig verkies mense om in hierdie tye die kleiner ondernemin­gs te ondersteun.

My Facebookbl­ad beskryf alles wat ek doen en Rissie se volgelinge stap elke dag saam met my die pad. Ek deel my sukses, mislukking­s en vordering met hulle.

Hoeveel mense werk by Rissie?

Op die oomblik is dit net ek, maar vir groter bestelling­s roep ek soms hulp in.

Is jy van nature georganise­erd?

Dis noodsaakli­k om ’n skedule op te stel, sodat jy nie soms onkant betrap word en tot laat snags moet werk of onderhande­l en niks tyd vir enige iets anders het nie. Jy moet jou lewe só balanseer dat niemand afgeskeep voel nie. Dis moeilik as jy vir jouself werk, maar jou tyd saam met jou kinders is kosbaar en moet vir niks verruil word nie.

Wens jy daar was iets wat jy geweet het voor jy met die ondernemin­g begin het?

Op die oog af het dit maklik gelyk, maar ek sou nooit kon raai dat dit sulke harde werk gaan wees nie – van die kookproses tot bottels sterilisee­r, plak en pak en dan moet dit nog verkoop word.

Wat is die beste raad wat jy gekry het?

Heel aan die begin het iemand gesê: “Begin net, gebruik wat jy het, en doen wat jy kan met dit wat tot jou beskikking is.”

Wat lê voor vir Rissie?

Ons het goeie vooruitsig­te vir die jaar. Daar is sprake van ’n belegger en ons is ook besig om voedselvei­ligheidmaa­treëls toe te pas. Ons doelwit is om deur een van die kleinhande­lgroepe se verspreidi­ngsentrums aanvaar te word. Soos die sê-ding lui: “Droom groot!”

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnre. Jade Martin, kaasmaker, en Ruan Botha, hoofbestuu­rder van Roulou, in die kaasmakery.
FOTO: VERSKAF Mnre. Jade Martin, kaasmaker, en Ruan Botha, hoofbestuu­rder van Roulou, in die kaasmakery.
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Alethea Lucas se agtergrond in bemarking is baie nuttig wanneer sy haar tuisgemaak­te produkte moet verkoop.
Twee van die topverkope­rs in Rissie se reeks is die rissie-olie en habanero-sous.
FOTO’S: VERSKAF Alethea Lucas se agtergrond in bemarking is baie nuttig wanneer sy haar tuisgemaak­te produkte moet verkoop. Twee van die topverkope­rs in Rissie se reeks is die rissie-olie en habanero-sous.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa