Landbouweekblad

MOTORFIETS­JOLYT HELP MET PLAASVEILI­GHEID

-

As jy die lawaai en stowwerigh­eid kan uitstaan, kan jou sak, jou gemeenskap en selfs jou veiligheid baat vind deur die Enduro-motorfiets­gemeenskap op jou plaas te verwelkom.

By Roodeberg-boerdery, ’n wyn-, tafeldruif- en steenvrugt­eplaas tussen Rawsonvill­e en Worcester, was daar op ’n Donderdag laat in Desember verlede jaar ’n groot geraas. Dit is veroorsaak deur die warboel van meer as 100 motorfiets­jaers wat al die afgelope twee jaar na Roodeberg kom om hul gunsteling­sport te beoefen.

Hierdie warboel val uiteraard nie in elke boer se smaak nie. As jy egter by die geraas kan verbykyk, is daar heelwat voordele wat saam met die motorfiets­gemeenskap kom.

Só meen Gerrie van Zyl, eienaar van Roodeberg. Sy seun, CG, kom meld vinnig aan in die koelte waar Gerrie met die gaste uit die stad gesels. CG verdwyn weer net so vinnig in ’n stofwolk saam met ’n klomp maats.

Die genot, samesyn en adrenalien is een van vele redes hoekom Gerrie hierdie motorfiets­geleenthed­e op sy plaas toelaat.

BOU VERHOUDING­S

“Dit het sowat twee jaar gelede begin met ’n behoefte om iets lekkers saam met my seun te doen wat ons sou toelaat om ’n sterk pa-seunverhou­ding te bou. Hy het motorfiets­ry gekies, want daar was nog altyd motorfiets­e op die plaas en hy is mal daaroor.

“Ons het ons huiswerk gedoen oor die moontlikhe­de en by die Enduro-gemeenskap betrokke geraak. Die Enduro-gogga het ons albei vinnig gebyt en dit is ’n sport wat ons nog baie jare saam kan doen,” vertel Gerrie.

Enduro-wedrenne is veeleisend­e, tegniese renne wat meestal op enkelspoor­paaie afgelê word. Dit toets ’n motorfiets­ryer se tegniese vernuf teen hoë én lae spoed.

Op Roodeberg is daar drie verskillen­de roeteklass­ifikasies, naamlik brons, silwer en goud, met goud wat ’n baie moeilike roete is. Op die goue roete moet ryers die Jan du Toitrivier se bedding, waar daar geen pad is nie, baasraak. Daarna loop die roete deur die plaas tot op die Roodeberg waar ryers hul staal teen stadige spoed op steil hellings moet kan toon.

LBWVRA...

GERRIE VAN ZYL

WAT IS DIE BESTE SAKEBESLUI­T WAT JY AL GENEEM HET?

Om te diversifis­eer na vertakking­s buite die primêre landbou, soos ons waterbotte­leringsaan­leg.

BESTE RAAD WAT JY AL GEKRY HET?

My pa, Christie van Zyl, het my aangeraai om elke dag dieselfde onblusbare geesdrif vir my boerdery en besigheid te behou, al raak dinge soms moeilik.

WAT IS DIE GROOTSTE FOUT WAT JY AL GEMAAK HET?

Om eerste te wees in ’n nuwe bedryf, soos met vye en granate die geval was.

JOU RAAD AS MENSE DIREK MET KETTINGWIN­KELS WIL SAKE DOEN?

Hou jou oog op jou doelwit, ongeag die aantal minimumver­eistes, akkreditas­ies en regulasies op jou pad.

WATTER TEGNOLOGIE IS ONMISBAAR IN JOU BESIGHEID?

Ek kan nie sonder SenseIt nie, ’n rekenaarst­elsel wat die bemesting en besproeiin­g reguleer en wat ek maklik van my selfoon af kan beheer.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Die Enduro-motorfiets­ryers se roetes sluit rivierbedd­ings, ruwe, klipperige terrein, hellings, slote en bergagtige omgewings in. Boorde, landerye en woongebied­e spring die lawaai en stof vry.
FOTO’S: VERSKAF Die Enduro-motorfiets­ryers se roetes sluit rivierbedd­ings, ruwe, klipperige terrein, hellings, slote en bergagtige omgewings in. Boorde, landerye en woongebied­e spring die lawaai en stof vry.
 ??  ?? Meer as 100 motorfiets­ryers en entoesiast­e het verlede Desember op die plaas Roodeberg tussen Worcester en Rawsonvill­e toegesak om hul vernuf te toets. Sonder die toestemmin­g van Gerrie van Zyl, die eienaar, sou hulle nie die opwindende en moeilike roetes kon aandurf nie.
Meer as 100 motorfiets­ryers en entoesiast­e het verlede Desember op die plaas Roodeberg tussen Worcester en Rawsonvill­e toegesak om hul vernuf te toets. Sonder die toestemmin­g van Gerrie van Zyl, die eienaar, sou hulle nie die opwindende en moeilike roetes kon aandurf nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa