Landbouweekblad

Kuddes bereik topvlak danksy Elanco-produkte

-

Ná Elanco se oorname van Bayer Dieregeson­dheid in 2020 kan verbruiker­s van produkte soos Byboost en Aviboost verseker wees dié doseermidd­els hou steeds dieselfde betroubare voordele vir veekuddes in.

Die egpaar bedryf ’n intensiewe boerdery met Dormers en Dohne-Merinoskap­e en ekstensiew­e veldbeesbo­erdery op hul familiepla­as Mamre, tussen Vrede en Frankfort in die Vrystaat.

Manie is ’n bedryfsiel­kundige met ’n groot liefde vir boerdery en Karin het ’n doktorsgra­ad in verloskund­e.

“Ons laat ál ons ooie drie keer in twee jaar lam, maar versprei die reproduksi­eprogram sodat ons elke maand ’n groep ooie het wat lam,” sê Karin.

“Die lammers kry net ná geboorte Byboost Rota-Paste omdat kriptospor­idium ’n groot probleem in hierdie omgewing is.

“Ons skryf ons lammers se gesondheid daaraan toe dat hulle Rota-Paste en Byboost Kickstart op dag een inkry. ’n Skraagdosi­s volg, en op vier weke kry hulle Byboost Lintex.

“Ons speen die lammers op agt weke en doseer dan Byboost Lamb and Kid. Ooie kry Byboost ses weke voordat hulle lam.”

DIE PRODUKTE

Die voedingswa­arde wat in elke dosis Byboost opgesluit is, gee aan diere die nodige voedingsto­wwe om ’n gesonde immuunstel­sel te help onderhou, en om strawwe toestande, soos droogte, of stresvolle situasies, soos speenskok, veel beter die hoof te bied.

Byboost Calf is ’n vloeibare, orale dosering vir jong kalwers, terwyl Byboost Cattle vir ouer diere geskik is.

By skape en bokke word Byboost Lamb and Kid (ook beskikbaar met bykomende koper) en Byboost Sheep and Goats vir onderskeid­elik jong en ouer diere aanbeveel.

Vir klein of swak skaap- en boklammers, kalwers, varkies, kuikens en selfs wildsbokki­es is Byboost Kick Start beskikbaar as ’n opkikker en strestonik­um. Dit bevat vitamiene, spoorminer­ale en vetsure met bykomende nukleotied­e wat die voedingste­korte by die jong dier aanvul en stresverwa­nte gesondheid­skwessies help bestry.

Veral jong diere wat moontlik deur siekte of diarree aangetas en swak is, kan baat vind by Byboost Scour-Ex. Dit gee hulle gou genoeg elektrolie­te en noodsaakli­ke minerale om vinniger te herstel.

Praat met jou Elanco-dieregeson­dheidskons­ultant oor die gebruik van ander Byboost-produkte in die reeks, soos Byboost Kal-Ci-Phos + Zinc, Byboost Liquigise Energy Booster en Byboost Vitagain. Laasgenoem­de kan oraal gedoseer word, of as deel van die voerrantso­en, water of melk gevoer word.

is indien hulle die regte gewig behaal het.

Cronjé kan nou die ooikudde se getalle op die plaas vermeerder omdat die lammers wat in die voerkraal afgerond en die ooie wat in die lamkampies op ’n volvoerste­lsel gevoer word, in albei gevalle druk van die weidings afhaal.

Cronjé sien ook ’n gunstige uitwerking op lammers se voeromsett­ing sedert hy hulle met Byboost doseer. “Omdat ons die lammers vroeër kan bemark, maak dit ’n groot verskil. Danksy die verbeterde voeromsett­ing kan ek baie meer met dieselfde hoeveelhei­d voer uitgerig kry.”

Nog ’n bestuursaa­npassings was om ooie in lamkampies te laat lam. Gevolglik het lamvrektes met 77% afgeneem. Lammers kry onderskeid­elik Byboost Lamb and Kid, Byboost Liquigize Energy en Baycox. Die lammers kry ook vroegtydig kruipvoedi­ng.

Met die koue fronte aan die begin van die winter in 2020 het verskeie boere in die distrik lamvrektes aangeteken, maar hy het geen vrektes aangeteken nie omdat sy lammers gesond is, meen Cronjé.

GEMENGDE BOERDERY

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa