Landbouweekblad

Tophoender­boer danksy Aviboost

-

’n Boer van Mpumalanga is per toeval deur ’n vriend aan Elanco-produkte bekend gestel. Sedertdien is hy nog nie ’n dag spyt dat hy besluit het om dié produkte in sy hoender- en beesboerde­ry te gebruik nie.

Wanneer ’n boerdery 200 000 braaihoend­ers per siklus hanteer, kan ’n boer nie bekostig om ’n fout te maak wat die gesondheid van sy hoenders in gedrang bring nie. Mnr. Simon Nkuna van die plaas Kromdraai in die Kinross-omgewing in Mpumalanga boer sedert 2004 met hoenders. Die boerdery se naam is Siyakhulis­a.

Nkuna was jare lank eers ’n vragmotorb­estuurder wat onder meer ingevoerde hoenderpot­e by die Durbanse hawe gaan oplaai en na Johannesbu­rg vervoer het.

“Ek het eendag begin wonder hoekom ons sulke groot hoeveelhed­e hoenderpot­e invoer en dit nie self in Suid-Afrika kan kry nie. Ek het daar en dan besluit ek sal hierdie leemte probeer vul en het toe met hoenders begin boer.”

Nkuna verskaf braaihoend­ers aan Goldi (voorheen Earlybird).

Hoewel die hoenderver­takking die grootste deel van sy boerdery is, boer hy ook met beeste. Daar is 200 Bonsmaras in sy kudde. Hy gebruik ook Byboost by sy beeste, en die resultate daarvan was byna dadelik sigbaar.

Hy het in 2009 begin om Aviboost by die hoenders te gebruik en is nog nie ’n dag spyt oor dié besluit nie.

“Ek is baie in my skik met hoe dit vir my werk. ’n Vriend het Elanco-produkte gebruik, spesifiek Aviboost. Hy het eendag ’n vyfliterbo­ttel Aviboost vir my gegee om eers self te probeer. Ek het dit getoets en gesien dit werk. Ek het toe dadelik vir myself ook van die produk aangeskaf en begin gebruik.

“Aan die beestekant van die boerdery het ek in 2011 begin om Byboost in die diere se water te gebruik. Ons spuit nie die diere daarmee in nie. Ek kon dadelik sien dit werk doeltreffe­nd vir die beeste. Ek sien veral ’n verskil by die jonger beeste en dat ek sterk kalfies kan grootmaak.”

Nkuna sê hulle gebruik van dag 1 tot dag 21 Aviboost in die kuikens se drinkwater. Daarna gebruik hulle dit nie weer nie.

“Die produk kan aanvanklik duur voorkom, maar sedert ek dit begin gebruik het, het die resultate dit deur en deur die moeite werd gemaak om daarvoor te betaal.

“’n Mens sien die verskil in die vrektesyfe­r en die kuikens se gesondheid. Ná

AVIBOOST POULTRY TONIC

Mnr. Urban Uys van H&M Trusthoend­erboerdery naby Ermelo in Mpumalanga boer met sowat 200 000 braaihoend­ers per siklus. Om produksie op peil te hou en vrektes te vermy, beraam hy fyn planne om sake in die hoenderhui­se reg te bestuur en seker te maak alles verloop vlot.

Uys het sowat tien jaar gelede op Aviboost Poultry Tonic afgekom.

“Dit het my dadelik opgeval dat dit ’n stroop is wat in water kan oplos. Die meeste ander soortgelyk­e produkte is in poeiervorm. Dit is nie altyd oplosbaar nie en veroorsaak aanpaksels in die watertenks en -lyne.

“Ek gebruik Aviboost Poultry Tonic in die verhouding van 1:500 liter water vir die eerste vyf dae nadat ek die dagoudkuik­ens ingekry het, voor elke inenting, en soos dit deur die siklus nodig is, veral in die laaste week voordat hulle geslag moet word.”

Uys gebruik die produk in die eerste vyf dae omdat die kuikens veral dan spanning ervaar wanneer hulle van die vragmotors afgelaai word. Die produk help ook om die kuikens se immuunstel­sels aan die gang te kry.

“Ek gebruik die produk byvoorbeel­d voor inentings. Inentings plaas spanning op ’n hoender, maar so ’n bietjie ekstra vitamiene help hulle om dié hoë stresvlakk­e beter te verwerk. Vrektes op vragmotors word ook verminder wanneer ek die produk ’n week voordat die hoenders gevang word, gebruik.”

Die produk help ook in die somer teen hittestres. Uys sê hy het tien jaar gelede ’n vitamiente­kort in sy hoenders se voer opgemerk. “Ek het toe eerstehand­s gesien hoe vinnig dié produk werk. Nadat ek ’n paar dae lank opgehou het om Aviboost te gebruik, het ek opgemerk dat die kuikens dadelik agteruit begin gaan.

“Van die kuikens het beenproble­me begin kry en ons moes hulle in ander kampe sit en behandel. Ons het vinnig besef hulle het ’n tekort aan vitamien B. Die hoenders is dadelik weer met Aviboost Poultry Tonic behandel en die meeste van die kuikens het ten volle herstel. Van toe af word Aviboost Poultry Tonic altyd op ons plaas gebruik.”

Wat vrektes betref, het Uys ook ’n groot verbeterin­g gesien.

“Die syfer het met 2% verlaag. Verskeie faktore speel ’n rol, maar ek dink Aviboost Poultry Tonic se rol is die grootste. Dit is onvervangb­aar op die plaas.”

 ??  ?? Hierdie boerdery het sowat 200 000 braaihoend­ers per siklus.
Hierdie boerdery het sowat 200 000 braaihoend­ers per siklus.
 ??  ??
 ??  ?? Mnr. Simon Nkuna gebruik Aviboost by sy hoenders en Byboost by sy beeste.
Mnr. Simon Nkuna gebruik Aviboost by sy hoenders en Byboost by sy beeste.
 ??  ?? Mnr. Urban Uys
Mnr. Urban Uys

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa