Landbouweekblad

Byboost gee skop aan intensiewe lamstelsel

-

’n Boer van Riversdal het sy huiswerk gedoen en somme gemaak, en besluit Byboost is net die middel wat hy in sy boerdery nodig het. Gedurende die droogte het hy die vrugte gepluk danksy die impak van Elanco-produkte.

Vanweë die droogte het mnr. Thys Rall jr. van die plaas Dassieklip naby Riversdal in die Wes-Kaap geleer om sy skaapboerd­ery noukeurige­r aan te pak en met meer presisie te boer. Danksy die hulp van Byboost kon hy steeds goeie besettings­yfers volhou.

Rall boer al 12 jaar saam met sy pa, Thys sr. Die skaapafdel­ing is die hoofvertak­king in die gemengde boerdery met sowat 2 300 Letelle-ooie en 300 stoetooie. Daar is ook ’n volstruisv­ertakking vir kontantvlo­ei en rooi poenskopbe­este.

“Wanneer die ooie gelam het, is daar sowat 4 500 skape en lammers op die plaas.”

Sowat 700 ha graan word jaarliks aangeplant, waarvan 350 ha kontantgew­asse op droëlandto­estande is. Die res van die aanplantin­gs word gebruik vir voer vir die skape en volstruise. Die oesreste word ook vir die vee benut.

Hoewel die jaarlikse gemiddelde reënval in die gebied 350-400 mm is, was die toestande van 2016 tot 2019 baie moeilik, sê Rall. “Die plaas het soos ’n voerkraal gefunksion­eer. Ons produseer gewoonlik baie van ons eie voer, maar ek het weer besef ons kan nooit te veel voer hê nie.”

Weens die droogte moes hy dus bykomende voer inkoop. Die hoër voerrekeni­ng saam met die swakker oesinkomst­e het groter finansiële druk op sy boerdery geplaas, wat Rall gedwing het om die ekstensiew­e skaapboerd­ery meer intensief te begin bestuur.

“Ek kon nie meer bekostig om lammers te verloor nie.”

Hy het ’n paar jaar gelede ’n lamhokstel­sel ingerig nadat hy eers ’n proef gedoen het. Tot dusver is dit ’n groot sukses en die lamsyfer is met 35% verbeter. Al sy meerlinge, stoetooie en jong ooie wat vir die eerste keer lam, lam in die lamhokke. Byboost Kickstart word gebruik wanneer die lammers gebore word.

“Dit werk soos ’n bom. Veral by die kleiner lammers wat dalk sukkel, verander die situasie soos handomkeer. Ek gaan nie sonder Kickstart by die lamhokke in nie. Danksy die makliker bestuur wat die lamhokke bied, kry elke lam van dag een af Byboost in.”

Hy gebruik ook Baycox by lammers as dit dalk lyk of die lammers diarree het. “Dit werk binne ure.”

Rall gebruik reeds geruime tyd Elancoprod­ukte, soos Endotape, maar het die afgelope drie jaar ook Byboost gebruik.

Sy lammers kry reeds met hul eerste dosering op drie weke Endotape. Dit word opgevolg met Lintex, nog ’n Elanco-produk, omdat lintwurms ’n probleem in dié omgewing is.

Die ooie lam in ’n stelsel van agt maande en kry ses weke voor paartyd en ses weke voor lam ’n dosering van Byboost.

“Hoewel ek my meerlingpe­rsentasie nog kan verhoog, kon ek dit reeds verbeter. Ek glo Byboost speel ’n rol in dié sukses. Daar was altyd tweelinge, maar ons kry deesdae drielinge, wat ’n uitsonderl­ike verskynsel was. Die produk het veral gedurende die droogte sy staal gewys.”

Die ramme kry ses weke voor paartyd ’n dosis Byboost en op die dag wanneer hulle by die ooie ingejaag word, kry hulle ook ’n dosis Byboost Liquigize.

Rall sê hy kon danksy die intensiewe lamstelsel verskeie probleemoo­ie identifise­er en uitskot.

“Wanneer jy ekstensief lam, kyk jy baie probleme mis, maar nou is hulle onder jou oë.”

VRUGBAARHE­ID

Rall kon steeds goeie besettings­yfers deur die droogte handhaaf.

“Die regte mineraal- en vitamienaa­nvullings in Byboost het ’n belangrike rol gespeel. My buurman sê altyd ’n mens leer boer in ’n droogte. Wanneer dit goed gaan, is jy geneig om net aan te gaan. Maar met die droogte moes ek anders kyk en meer presies boer.”

Boere kan nie vandag meer bekostig “om net te boer nie”, sê hy. “Jy moet jou huiswerk doen en jou somme maak en proewe doen. Dit is waarom ek dié produkte gebruik, want my toetse wys dit werk.”

10

wat sukkel. Omdat daar mededingin­g is, is daar altyd een wat nie genoeg bies inkry nie. Ek het na iets gesoek wat kan help en só op Byboost se produkte afgekom. Nou gee ek vir ál die pasgebore lammers 2,5 ml Lamb and Kid en 2,5 ml Energy Booster. Dit gee hulle net die nodige boost om saam met hul maatjies genoeg bies in te kry.”

Byboost help wanneer die spanningsv­lakke by lammers hoog is. Wanneer hy dus die lammers se sterte afsny, gee hy hulle weer 5 ml Byboost Lamb and Kid. Met speentyd kry hulle ’n laaste 10 ml.

“Byboost help my vir seker om ’n beter lam groot te maak en om hulle vinniger te speen.”

LAMHOKKE EN SKEERTYD

 ??  ?? Mnr. Thys Rall en sy twee seuns, Johann (links, 5) en Thys (8).
Mnr. Thys Rall en sy twee seuns, Johann (links, 5) en Thys (8).
 ?? FOTO’S: FREDALETTE UYS ?? Dassieklip se Letelle-ooie en -lammers vind baat by Elanco.
FOTO’S: FREDALETTE UYS Dassieklip se Letelle-ooie en -lammers vind baat by Elanco.
 ??  ?? Skandeer die QR-kode met ’n slimfoonto­epassing en kyk wat sê mnr. Thys Rall in ’n video oor Byboost.
Skandeer die QR-kode met ’n slimfoonto­epassing en kyk wat sê mnr. Thys Rall in ’n video oor Byboost.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa