Landbouweekblad

Gee kudde se kontantvlo­ei só ’n hupstoot

-

Op die plaas Grootfonte­in in die Noordoos-Vrystaat het Byboost-produkte daartoe bygedra dat speenlamme­rs regdeur die jaar gereed is. Gevolglik is daar meer gereeld geld in die bank.

Die Noordoos-Vrystaat se nagte is dikwels nat, dikwels ysig en soms loop die koue en reën saam, wat dan groot skade kan veroorsaak. Verál as jou skape aan die lam is. Omdat mnr. Kosie de Viliers, ’n Merinoboer van Vrede, se ooie dwarsdeur die jaar lam, het hy gesien hy het iets ekstra nodig om sy lammers deur die Riemland-nagte te kry.

“Ek boer al 30 jaar met Merino’s. Hulle is regtig my groot liefde. Maar in my lamhokstel­sel het ek van ’n tekortkomi­ng bewus geraak. Ek het agtergekom ek het iets nodig om my lammers op koue en nat nagte deur te haal. Veral onder die tweelinge en drielinge kry ’n mens lammertjie­s

De Villiers sê omdat sy lamhokstel­sel net groot genoeg is om tot 600 ooie op ’n keer te hanteer, het hy sy ooie in groepe verdeel wat deur die jaar lam.

“Kleiner groepe is meer hanteerbaa­r en dan het ek ook nie soveel arbeid nodig nie. Die ooie begin in Januarie lam en tot in Mei lam ’n nuwe groep elke maand. Tydens die erge koue in Junie en Julie slaan ons oor, en die volgende groepe begin weer in Augustus en September lam.”

Om deur die jaar lammers mark toe te ry, help baie met kontantvlo­ei, sê De Villiers. En om dít selfs verder te verbeter, het hy gereelder begin skeer.

“Ons het gewoonlik elke 12 maande geskeer, toe elke agt maande, maar deesdae skeer ons elke ses maande. Daar kon ek duidelik die uitwerking van Byboost Sheep and Goat sien. Die wolgroei op my skape is vinniger sedert ek dit gebruik. Nou kan ons twee keer per jaar skeer.”

De Villiers gebruik laparoskop­iese inseminasi­e. Voor die prosedure kry sy ooie elk 20 ml Byboost.

“Voor ek vir hulle sponsies insit, kry hulle Byboost. Dit help dat ek ’n beter ooi het teen die tyd dat ek hulle ‘lapa’. Dit help dat ons meerlinge kry, wat meer wins beteken. So, ja, ek glo Byboost help ons om ’n paar rand meer te maak. Maar die belangriks­te is dat dit ons help om die geld vinniger in die bank te kry.”

 ??  ?? Sterker en gesonder lammers en meer gehaltewol dra by tot beter kontantvlo­ei vir mnr. Kosie de Villiers se Merinokudd­e.
Sterker en gesonder lammers en meer gehaltewol dra by tot beter kontantvlo­ei vir mnr. Kosie de Villiers se Merinokudd­e.
 ??  ?? Mnr. Kosie de Villiers van die plaas Grootfonte­in naby Vrede in die Vrystaat.
Mnr. Kosie de Villiers van die plaas Grootfonte­in naby Vrede in die Vrystaat.
 ??  ?? Skandeer die QR-kode met ’n slimfoonto­epassing en kyk wat mnr. Kosie de Villiers in ’n video oor Byboost sê.
Skandeer die QR-kode met ’n slimfoonto­epassing en kyk wat mnr. Kosie de Villiers in ’n video oor Byboost sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa