Landbouweekblad

‘Ons lammers is bommetjies’

-

Wanneer koue weer jou veld se groei belemmer en jou grond ook net só groot is, moet jy slim boer. Gevolglik moet jou diere die beste hulp kry om te floreer en hul volle potensiaal te ontwikkel, sê ’n skaapboer van Barkly-Oos.

Die winters in die omgewing van Barkly-Oos is baie koud en lank. Dit skep eiesoortig­e probleme vir boere. “Ons kan van middel Maart tot November ryp kry,” sê mnr. Rupert Potgieter, wat die Johan Labuschagn­e-trust se boerdery bestuur. “Die veld kan dus net in Desember, Januarie en Februarie goed groei. Omdat die grondtempe­ratuur só koud is in die winter, word ons beperk met die voergewass­e wat ons kan aanplant.

“Ons moet dus die tydjie wat ons weiding mooi is, goed benut. Wanneer jy die meeste weiding het, moet jy die meeste diere hê. Maar wanneer jou weiding min is, moet jy jou diere vinnig kan verminder. Ons speen dus ons lammers ná net 90 dae. Dit is vroeg, en daarom het ons alles nodig om die lammers op ’n goeie gewig te kry. Ek kan eerlik sê dat Byboost ons help om dít reg te kry.”

Die Dormerlamm­ers kry al vyf jaar lank Byboost. Sedertdien het die gemiddelde speengewig van 31 kg tot 34 kg vermeerder.

“Kyk, teelmateri­aal het buitengewo­on verbeter in boerdery. Maar sonder kos en sonder groei beteken teelmateri­aal niks. Om die teelmateri­aal dus te benut, moet ons kos gee. En om die kos tot volle potensiaal te verbruik, moet jy die diere gesond hou.

“Jou diere moet elke moontlike kans kry om te presteer. ’n Lam moet skoon wees (vry van parasiete) en kan hol om te kan presteer. Dan verdubbel hy. Hy word skielik ’n klein bommetjie. Byboost gee hulle ’n kans om te floreer. Met Byboost kry hulle net soveel meer uit hul kos en bymiddels, soos lek, en dit help hulle. Gevolglik kan ons winsgewend boer ondanks die probleme wat die koue hier aan ons stel.

“Afgesien dat ons ooie gouer sonder lammers is en genoeg tyd het om te herstel, kry ons veld ook ’n ruskans omdat die lammers van die veld af gehaal word voor die groeityd heeltemal verby is.”

RAMMEENOOI­E

Om te verseker dat die ooie en ramme ook in topkondisi­e is, kry die ooie ses weke voor paartyd en ses weke voor lamtyd Byboost. Ramme word ses weke voor paartyd ook met Byboost gedoseer.

“Dit het beslis gehelp met ons herbesetti­ng en ons meerlinge die afgelope paar jaar. Waar ons lamsyfer lank rondom 130% was, is dit nou 160-170%. Ons speen meer as 150% lammers. Ek gebruik net 35 ooie by ’n ram.

“Dit maak ’n groot verskil, veral by die meerlinge. Dit is waar die wins lê. Hoe meer lammers, hoe meer kilogram vleis kan ons verkoop,” sê Potgieter.

Hy gebruik ook Elanco se dipstowwe deur die jaar om diere skoon te hou van brommers en ander parasiete.

“Ons diere is ons fabriek. As hulle nie goed voel nie of nie produseer nie, het ons probleme. Ons hou dus ons fabriek heeltyd aan die gang deur diere skoon en gesond te hou. Só kan diere groei en aanpas by natuurlike elemente.”

12

 ??  ?? Met natuurlike hulpbronne wat in die omgewing van Barkly-Oos dikwels onder druk is, speen Potgieter sy lammers ná net 90 dae. Sedert hy Byboost in die kudde gebruik, het die speengewig, selfs op só ’n jong ouderdom, beduidend toegeneem.
Met natuurlike hulpbronne wat in die omgewing van Barkly-Oos dikwels onder druk is, speen Potgieter sy lammers ná net 90 dae. Sedert hy Byboost in die kudde gebruik, het die speengewig, selfs op só ’n jong ouderdom, beduidend toegeneem.
 ??  ?? Lammers kan nie groei sonder genoeg gehaltekos nie. Om kos optimaal te benut en genetiese potensiaal te ontsluit, is gesonde diere egter nodig. Byboost ondersteun veegesondh­eid.
Lammers kan nie groei sonder genoeg gehaltekos nie. Om kos optimaal te benut en genetiese potensiaal te ontsluit, is gesonde diere egter nodig. Byboost ondersteun veegesondh­eid.
 ??  ?? Skandeer die QR-kode met ’n slimfoonto­epassing en kyk wat sê mnr. Rupert Potigeter in ’n video oor Byboost.
Skandeer die QR-kode met ’n slimfoonto­epassing en kyk wat sê mnr. Rupert Potigeter in ’n video oor Byboost.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa