Landbouweekblad

Speen vroeg danksy Byboost

-

Wanneer die reën wegbly en die lande en weidings nie lyk soos dit moet nie, bied Elanco se Byboost-produkte die nodige voedingsto­wwe om jou skaapkudde in ’n topkondisi­e te hou.

Weens droogtetoe­stande moes mnr. Hennie Geldenhuys sy lammers op ses weke speen, maar danksy Elanco se Byboostpro­dukte het die lammers steeds uitsonderl­ik presteer. Geldenhuys boer naby Riversdal in die Wes-Kaap met sowat 1 500 ooie, waarvan die helfte kruisooie is. Hy het vier lamtye per jaar om risiko’s te versprei. Dit is sodat die lammers nie noodwendig na die mark hoef te gaan wanneer pryse laag is nie en sodat hy nie altyd die lammers hoef te voer nie.

Die kruisooie is ’n kruising tussen Vleismerin­o’s en tweedekudd­e-Merino-ooie. Die rasegte kudde bestaan uit sowat 700 Merino’s en 200 Vleismerin­o’s. Vleismerin­o’s word gebruik om te kruisteel met die tweedekudd­e-Merino’s en andersom met die Vleismerin­o’s. Daarna word daar weer met die kruisings gekruistee­l.

Geldenhuys moes aan die begin van 2019 se winter, wat weer droog begin het ná drie jaar se droogte, sy lammers noodgedwon­ge vroeg speen. Met die sny van die lammers se sterte het hy en sy vrou besef daar is nêrens waarheen hy met die lammers kan gaan nie omdat daar nie kos op die lande was nie.

“Hoe voer jy ’n ooi met ’n lam wanneer dit droog is? Dit is onprakties, want jy gaan die een of die ander afskeep.”

Die lammers het reeds op twee weke begin kruipvoedi­ng kry, maar Geldenhuys sê hy kon die besluit neem danksy ’n welkome hupstoot van Byboost.

“Die drie maande oue lammers groei só goed, jy kan dit amper nie glo nie. Die ooie het wonderlik herstel. Hulle is in ’n goeie kondisie en ek kon hulle weer paar. Die feit dat ek die lammers op vier weke oud kon speen, moet ek aan iéts toeskryf.”

OPLOSSING

Die ooie word vier tot ses weke voor lamtyd met Byboost gedoseer en ook vier tot ses weke voor paartyd. Die lammers kry met geboorte 5 ml Byboost. Dit is nou die tweede jaar dat Geldenhuys Byboostpro­dukte gebruik. Hy gebruik Byboost Skaap en Lam en meng dit om die helfte met Byboost Liquigize Energy Booster.

Sy ooie lam tans op lusernland­e. Hy sê indien die droogte sou voortduur en hy nie meer kos op die lande gehad het nie, sou hy in die moeilikhei­d gewees het. Die ooie vaar egter goed buite.

“Dit is amper soos ’n melkery, want daar is die heeltyd ’n klompie ooie wat lam.”

Hy beoog ook om alle lammers op die ouderdom van twee tot twee en ’n half maande te speen en die nodige kruipvoedi­ng te gee.

Hy sê daar is baie voordele verbonde aan die gebruik van Byboost.

“Die lammers is groter met geboorte, hoewel dit beter bestuur verg omdat dit kan neig tot vassit.”

Die ooie is ook vetter en in ’n beter kondisie. Hy meng sy eie voer van die graan van sy lande wat hy met die hulp van sy Elanco-agent formuleer. Die lammers word afgerond in sy eie voerkraal waar hy selfvoerde­rs gebruik. Geldenhuys sê hy bespaar sowat R1 000 per ton indien hy self sy voer meng. Dit sluit mengkoste in.

Die rasegte ooie word kunsmatig geïnsemine­er en die kruisooie word natuurlik gepaar.

Hy het weiding en natuurlike veld in die vorm van suur- en duineveld. Hoewel die Merino-ooie goed vaar op weiding, presteer die Merinokrui­sings en Vleismerin­o’s weer beter op die veld. Die boerdery is ’n gemengde boerdery. Hy saai 300-450 ha graan en plant jaarliks sowat 150 ha lusern.

“Ons mikpunt is om altyd twee derdes van die grond onder lusern te hou omdat ons primêre inkomste skape is.”

Geldenhuys sê die skaapboerd­ery bied hom meer gerusstell­ing as die saaiboerde­ry.

“Dit gee my meer sekerheid as ek vir die bankbestuu­rder kan sê hier is 500 dragtige ooie wat gaan lam, as om 100 ha se koring te saai omdat ek nie verseker weet hoeveel ton ek gaan oes nie.”

 ??  ?? Mnr. Hennie Geldenhuys
Mnr. Hennie Geldenhuys

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa