Landbouweekblad

Vrugbaarhe­id kry hupstoot

-

Deur die gebruik van Byboost-produkte kan die bestuurder­s van ’n Oos-Kaapse melkery goeie produksies­yfers volhou en algemene dieregeson­dheid verseker.

Die Penhurst-melkery naby Addo in die Oos-Kaap is op een van nege plase wat ’n maatskappy binne die Nanaga-groep vorm. Dié melkery, onder eienaarska­p van mnr. Andrew van Kerken, is op die kleinste van drie besproeiin­gsplase in die groep. Op dié plaas van 160 ha word 650 beeste, wat op lusern- en raaigraswe­idings loop, gemelk. Wanneer die dragtige koeie op die plaas opdroog, word hulle na die hoofplaas by Nanaga gestuur om te kalf. Daarna word die koeie teruggestu­ur na Penhurst om gemelk te word.

“Die vars koeie wat inkom, verloor kondisie nadat hulle gekalf het. Om dié koeie se positiewe energiebal­ans te herstel, kry hulle 50-60 dae ná kalf Byboost sodat hulle weer kan begin ovuleer en gereed is vir inseminasi­e,” sê mnr. Riaan Audie, die bestuurder.

Die persentasi­e koeie op die plaas wat 80 dae ná kalftyd weer gedek of geïnsemine­er is, is die hoogste van ál die plase in die groep en is die afgelope vyf jaar die beste presteerde­r wat besettings betref. Hulle gebruik al vyf jaar lank Byboost op die plaas.

“As jy ’n onaktiewe koei het wat sukkel om in estrus te kom, kan jy ’n dosis van 100 ml gee en dan sal hulle gou op hitte wees. ’n Tweede toediening kan gegee word indien nodig, maar een keer se dosering behoort voldoende te wees.”

Hoewel die plaas deel is van ’n maatskappy, kan elke bestuurder self besluit hoe hy die melkery bestuur. Hulle moet wel binne die begroting bly. ’n Groot voordeel van die maatskappy is die toegang tot en uitruiling van kennis, sê Audie.

“Die nege plase het, benewens die eienaars, ook elkeen twee bestuurder­s, dus is daar minstens 20-25 mense met kennis. Dit strek van ouens met een of twee jaar se kennis tot bestuurder­s met 30-40 jaar se ervaring.”

Hoewel die plaas die topprestee­rder is wat produksie per koei betref, wil Audie die melkproduk­sie verder verhoog – op kort termyn deur weidingsbe­stuur en op lang termyn deur die regte teelmateri­aal te gebruik. Hy melk tans ’n mengsel van rasse, wat wissel van Jersey, Holstein en Fries tot Holstein-Fries-, Jersey-Holsteinen Simmentale­r-Jersey-kruisings. Die mikpunt is om ’n mediumraam­koei, hoofsaakli­k Jersey, te teel. Slegs Jerseybull­e word gebruik.

“Die inname van ’n mediumraam­bees is beter vir die hoeveelhei­d melk wat sy gee, dus is die koeie se winsgewend­heid beter.”

Audie sê dit verg goeie beplanning en die regte toekenning van kampe om die weiding reg te benut.

“Kry jou toekenning­s reg. As jy te min toedeel, verloor jy liters en as jy te veel toedeel, verloor jy gras.”

Audie volg ’n wisselweid­ingstelsel van 30 dae. Dit neem dus die koeie 30 dae om deur ál die kampe op die plaas te beweeg voor hulle weer dieselfde kamp bewei. Die stelsel se tydsduur hang af van hoe vinnig die gras groei. Hy inspekteer die weidings weekliks om te sien hoe vinnig die gras groei en hoe lank sy weisiklus moet wees.

Nadat Audie vyf jaar gelede die plaas se bestuur oorgeneem het, het hy rape begin aanplant sodat die boerdery nie meer kuilvoer vir die wintermaan­de hoef in te koop nie. Gevolglik het die plaas se voerkoste met sowat R1 miljoen verminder.

Hoewel die Nanaga-groep verskeie Elanco-produkte gebruik om sy dieregeson­dheid te verbeter, gebruik net Audie Byboost in sy kudde. Die maatskappy het ’n klein koöperasie en koop Elancoprod­ukte in groot maat aan. Die bestuurder kan self besluit watter dippe, medisyne en minerale gebruik word.

“Ek beveel Byboost veral aan vir vars koeie, want dit is ’n uitstekend­e produk om goeie kondisie te ondersteun. Sedert ek dit begin uittoets het, het ek nog nie teruggekyk nie. Ek sal altyd die produk gebruik.”

 ??  ?? Mnr. Riaan Audie gebruik Byboost om koeie vars in melk se kondisie te verbeter en vir koeie wat sukkel om op hitte te kom. Só behaal hy puik produksier­esultate.
Mnr. Riaan Audie gebruik Byboost om koeie vars in melk se kondisie te verbeter en vir koeie wat sukkel om op hitte te kom. Só behaal hy puik produksier­esultate.
 ??  ?? Mnr. Riaan Audie
Mnr. Riaan Audie
 ??  ?? Skandeer die QR-kode met ’n slimfoonto­epassing en kyk wat sê mnr. Riaan Audie in ’n video oor Byboost.
Skandeer die QR-kode met ’n slimfoonto­epassing en kyk wat sê mnr. Riaan Audie in ’n video oor Byboost.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa