Landbouweekblad

facebook

-

KOMMER OOR HOËR MINIMUM LOON

Die minimum loon vir plaaswerke­rs sal van 1 Maart af dieselfde as die nasionale minimum loon van R21,69/uur wees. Mnr. Thulas Nxesi, minister van indiensnem­ing en arbeid, het onlangs die nuwe tariewe vir die nasionale minimum loon in die

Staatskoer­ant afgekondig. Toe die nasionale minimum loon in 2018 ingestel is, is spesiale vergunning aan die landbousek­tor gegee om die loon oor twee jaar in te faseer. Die sektor se loon is aanvanklik vasgestel op 90% van die minimum loon, wat R20/uur was. Dit het beteken die landbousek­tor het begin met R18/uur of R3 150 per maand. Die georganise­erde landbou en politieke partye het hul kommer uitgespree­k, en sê die nuwe minimum loon veroorsaak ’n krisis wat ’n aanslaanef­fek sal hê en tot werkverlie­se sal lei.

NIEKIE BASSON skryf: Dink sonder verstand is soos om brood te bak sonder meel. Daar kom niks van. Arbeidswet­te in die land veroorsaak werklooshe­id. Hoe moet ’n mens dit tot hulle (die regering se) verstand bring. Populistie­se verkiesing­swette om aan bewind te bly. Siestog vir hul onvermoë. Hulle wil nie staatsampt­enare 4% gee nie, maar sien kans om 16% af te dwing op boere. Gaan my klein bietjie verstand te bowe.

FRANCOIS MOOLMAN skryf:

Dan is dit dalk tyd dat die boer ook sy eie prys bepaal . . .

EBEN EN ELBIE PRETORIUS

skryf: Ons inkomste is vir seker nie met 16% op nie, so van waar moet ek dit verhaal?

SALOMIEN VOS skryf: Hoër lone, hoër petrolprys, hoër kospryse.

DIRK DE VOS skryf: Kan nie verstaan hoe hulle dit afdwing nie. Waar ek werk, is daar vier werkers wat deur die staat R2 500 betaal word en hulle werk van agtuur in die oggend tot drieuur in die middag.

MARTIN KRUGER skryf: Ek kan geen rede sien hoekom dit enigsins anders hoef te wees nie. Hoekom moet ’n plaaswerke­r minder betaal word as enige ander werker?

ZANDRIO KRöHNE skryf: Stem met Martin Kruger (saam). As jy werk, moet jy betaal word, hoekom moet plaaswerke­rs tevrede wees met min?

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa