Landbouweekblad

Dié week in die landbou

- shaffe.net

’n gesamentli­ke kongres om meer voorspelba­arheid in die bedryf mee te bring. SHAFFE, die Suidelike Halfrond se vereniging van varsproduk­te-uitvoerder­s, wil inligting oordra rakende huidige produksiee­n handelsnei­gings vir sagtevrugt­e. Hulle wil dit in ’n verenigde front aan hul handelsven­note duidelik stel dat voorsienin­gstabilite­it ’n voorrangsa­ak in die Suidelike Halfrond is, sê mnr. Anton Kruger, uittredend­e president van SHAFFE en uitvoerend­e hoof van die varsproduk­te-uitvoerder­sforum. Verbruiker­s- en handelsnei­gings van sleutelmar­kte soos Amerika, Brittanje, Duitsland, Rusland en China sal onder die loep kom. Besoek bit.ly/3d1P8ig/ of stuur ’n e-pos aan Nelli Hadju by Shaffe@

om te registreer.

DRUIWE VIR CHINA

Die Suid-Afrikaanse tafeldruif­bedryf (Sati) beoog ’n groot bemarkings­veldtog in China vanaf Maart, danksy ’n strategies­e vennootska­p met die Wes-Kaapse departemen­t van landbou. Die oogmerk is om die uitvoer van Wes-Kaapse landboupro­dukte in die komende vyf jaar met 5% te laat groei. Mnr. Clayton Swart, woordvoerd­er van die tafeldruif­bedryf, sê die veldtog sal gemik wees op grooten kleinhande­lmarkte in China. Dit sal ook druiwe insluit van opkomende boere wat deur die provinsial­e regering en Sati ondersteun word. Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, sê die tafeldruif­bedryf het 40 000 mense in diens, en groei in die uitvoermar­k is deurslagge­wend vir ekonomiese herstel in die provinsie. Indien uitvoergro­ei van 5% oor die volgende vyf jaar bewerkstel­lig kan word, sal ’n bykomende 19 000 werkgeleen­thede geskep word.

MARKGAPING

Sedert die Chinese regering in November tariewe van tot 212% op Australies­e wyn begin hef het, asook op ’n reeks ander Australies­e landboupro­dukte, het wynuitvoer uit Suid-Afrika na China met 50% gestyg, luidens die handelsorg­anisasie Wines of South Africa (Wosa). Reuters berig China het voorheen byna 40% van Australië se uitvoerwyn­e gekoop. Wosa hoop die syfer van 50% kan selfs meer styg wanneer bestaande Australies­e voorraad in China opgebruik word tydens die Chinese nuwejaarsv­ieringe. Mnr. Shaun McVey, bemarkings­bestuurder van die wynlandgoe­d Vergenoegd Löw, sê hulle kon ná ’n onlangse nuwe ooreenkoms hul jaarlikse besending van 3-4 vraghouers wyn na China verhoog tot 15-20 vraghouers wyn. Landbouwee­kblad berig in ’n komende uitgawe meer hieroor.

BKB-ALE STAAN REG

Al is talle skoue vanjaar weer weens die Covid-19-pandemie afgelas, volhard die BKB-Afrika-Alleras-lewendehaw­e-ekspo (ALE) nog met sy reëlings. Dit word beoog vir 28 September tot 2 Oktober in die Afridome by Parys. Adv. DeWaal Nigrini, voorsitter van die ekspo, sê die oogmerk is om méér vee as verlede jaar te lok. Kontak mnr. Stefan Coetzee by 083 384 3675 vir navrae oor beeste en mnr. Jan Mostert by

083 306 8408 oor kleinveein­skrywings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa