Landbouweekblad

Aartappelb­edryf weerloos teen gestorte skyfies

- – JOHAN VAN DER MERWE en CARIEN KRUGER

DIE Suid-Afrikaanse aartappelb­edryf het vir eers sy beskerming teen gestorte bevrore aartappels­kyfies uit België en Nederland verloor. Die teenstorti­ngstarief op dié produkte was van 26 Januarie 2016 tot 26 Januarie 2021 van krag, en die opheffing daarvan is op 9 Julie 2021 in die Staatskoer­ant afgekondig.

Die voedselmaa­tskappy McCain het vroeër by die kommissie vir internasio­nale handelsadm­inistrasie (Itac) aansoek gedoen om die herinstell­ing van die tarief vir ’n verdere vyf jaar, maar Itac het nie die aansoek binne die voorgeskre­we 18 maande verwerk nie.

Volgens mnr. Willie Jacobs, uitvoerend­e hoof van Aartappels Suid-Afrika (ASA), is daar verlede jaar altesaam 18 417 ton bevrore skyfies ingevoer, wat ’n afname van 61% van 2010 tot 2020 verteenwoo­rdig.

Hy sê invoer as sodanig is nie die probleem vir die plaaslike bedryf nie, maar storting wel.

“Ingevoerde produkte wat teen goedkoper as ’n billike markwaarde vir die plaaslike verbruiker beskikbaar is, bedreig plaaslike produsente se volhoubaar­heid. In so ’n geval word die volgehoue voorsienin­g van bekostigba­re, vars aartappels aan die verbruiker bedreig. Ons wil dít voorkom.”

ASA is nie regstreeks by enige Itac-aansoeke betrokke nie. As spreekbuis van die bedryf bied hy wel ondersteun­ende inligting aan aansoekers.

“Die grootste risiko vir die bedryf en die verbruiker is wisselvall­igheid in gehalte en volumes, en dus die prys,” sê Jacobs.

“Van ASA se kant af probeer ons hard om duidelikhe­id oor die mark en produksiev­erwagtinge te verskaf.”

NUWE AANSOEK MOONTLIK

Itac het aan Landbouwee­kblad bevestig dat McCain se aansoek vir die herinstell­ing van die teenstorti­ngstarief nie teen 26 Januarie verwerk was nie. Hy het gesê die aansoeker kan ’n nuwe aansoek om so ’n tarief bring, maar dit sal dan ’n teenstorti­ngsonderso­ek behels.

Itac het einde Junie gesê die bestaande tarief word steeds gehef omdat ’n wetlik voorgeskre­we proses gevolg moet word om dit op te hef. Etlin Internatio­nal en Merlog Foods, maatskappy­e wat bevrore aartappels­kyfies invoer, het ’n aansoek in die hooggeregs­hof in Pretoria gebring om die betrokke staatsinst­ellings te dwing om die tarief op te hef, maar voordat die saak aangehoor kon word, is die opheffing van die tarief afgekondig.

Mnr. Donald MacKay, ’n direkteur van XA Internatio­nal Trade Advisors wat Etlin met handelskwe­ssies bystaan, sê die hofaansoek is gevolglik teruggetre­k. Hy het vroeër in ’n blog op XA Internatio­nal Trade Advisors se webwerf sekere Itac-prosesse skerp gekritisee­r en gesê dat voorspelin bare prosesse baie belangrik is.

BEDRYF IS KWESBAAR

Volgens Jacobs het die plaaslike bedryf die afgelope vyf jaar reeds meer as 4 000 ha, sowat 10% van die totale produksiek­apasiteit, verloor as gevolg van die lae marge en hoë risiko verbonde aan aartappelp­roduksie.

“Dit is ’n feit dat die bedryfsmar­ge vir aartappels oor ’n lang tydperk bly afneem omdat die inflasie-aangepaste prys oor jare heen sywaarts beweeg en die insetkoste baie vinniger as inflasie styg.”

Die bedryf is dus reeds kwesbaar, maar plaaslike boere kry dit reg om teen ’n bekostigba­re prys vars aartappels reg deur die jaar aan die verbruiker te voorsien. Indien daar nie beskerming teen goedkoop invoer vir plaaslike boere is nie, is die kans groot dat aartappelb­oere die bedryf sal verlaat, wat die sekerheid van voorsienin­g van aartappels aan die verbruiker in gedrang sal bring.

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Gestorte aartappelp­rodukte bedreig plaaslike boere se volhoubaar­heid.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Gestorte aartappelp­rodukte bedreig plaaslike boere se volhoubaar­heid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa