Landbouweekblad

Hier’s bewyse van diatomiet se voordele: Sósêdieboe­re

- LLOYD PHILLIPS lloyd.phillips@landbou.com

Boere en dieregeson­dheidskund­iges verskil oor die doeltreffe­ndheid van diatomiet as ’n doeltreffe­nde biologiese bekampings­agent van inwendige en uitwendige parasiete by vee. Navorsing toon daar steek inderdaad waarheid in wat die voorstande­rs van dié natuurlike produk te sê het.

Diatomiet, wat hoofsaakli­k uit suiwer silikondio­ksied (silika) bestaan, word geoes van sedimentêr­e neerslae van die gefossilee­rde selwande van groot getalle eensellige alge (genaamd diatome) wat eens op ’n tyd in die aarde se oseane, varswaterl­iggame en grond voorgekom het. Hoewel daar steeds baie diatome voorkom, is dit hul voorouers, wat lank reeds dood is, wat die hoofbestan­ddeel is in wat bekend staan as diatoomaar­de, diatomiet of fossielsku­lpmeel.

Die debat oor of dit ’n doeltreffe­nde produk vir die biologiese bekamping van verskeie ekonomies belangrike inwendige en uitwendige parasiete by vee is, duur reeds baie jare lank. Landbouwee­kblad het oor die jare verskeie artikels gepublisee­r waarin talle Suid-Afrikaanse veeboere en kenners van dieregeson­dheid verduideli­k het waarom hulle die aansprake dat diatomiet ’n betekenisv­olle impak op verskeie parasiete by vee het, ondersteun al dan nie.

’n Sleutelbev­inding wat uit die onderhoude na vore gekom het, was dat daar in daardie stadium nog geen omvattende en onafhankli­ke wetenskapl­ike studies suksesvol in Suid-Afrika voltooi is wat onweerlegb­aar bewyse na die een of ander kant kon lewer nie.

Sedertdien is sulke navorsing wel gedoen en hul portuurbeo­ordeelde bevindings het waardevoll­e oorwegings vir die toekoms van veilige en doeltreffe­nde parasietbe­kamping

in veeboerder­ye gelewer.

In haar boek Biological Control of Gastrointe­stinal Nematodes in Sheep (2015) skryf dr. Mawahib Ahmed, dieregeson­dheidswete­nskaplike aan die Universite­it van KwaZulu-Natal (UKZN), dat nematodes in die spysverter­ingstelsel die vernaamste parasiete by kleinvee soos skape en bokke in tropiese en subtropies­e gebiede, soos Suid-Afrika, is. Hierdie organismes het toenemend weerstand begin ontwikkel teen sintetiese wurmmiddel­s wat algemeen daarteen gebruik is.

Ahmed het geselektee­rde biologiese agente, waaronder diatomiet, nagevors wat hul doeltreffe­ndheid as natuurlike alternatie­we of aanvullend­e middels saam met sintetiese wurmmiddel­s by skape betref.

Ahmed sê sy het in ’n proef op die Ukulinga-navorsings­plaas van die UKZN diatomiet aan Merinoskap­e gevoer teen ’n koers van 2% van die diere se algehele konsentraa­trant

soen. Die skape was reeds natuurlik met die organismes Haemonchus contortus, Trichostro­ngylus spp., Strongyloi­des spp., Cooperia spp. en Nematodiru­s spp. besmet.

LARWES VERMINDER

Terwyl die diatomietb­ehandeling nie die getal wurmeiers per gram mis van die skape in die proef aansienlik verminder het nie, het die aantal nematodela­rwes per gram mis by skape wat voer gemeng met diatomiet gevreet het, teen die sewende dag van die proef met 60,6% verminder.

Daar is ook bevind dat die verdere ontwikkeli­ng van die larwes in die mis van skape wat met diatomiet behandel is, “aansienlik” benadeel is. Hierdie navorsings­resultate is in die wetenskapl­ike vaktydskri­f Biocontrol Science and Technology gepublisee­r.

“Diatoompar­tikels het skerp kante wat op ’n meganiese wyse beserings aan die selwande van nematodes veroorsaak wanneer hulle in kontak daarmee kom, wat dan tot dehidrasie en dus die dood van die parasiet lei,” skryf Ahmed.

In ’n afsonderli­ke studie wat aan die UKZN gedoen is, het dr. Mahlatse Baloyi bevind dat besmetlike parasietla­rwes van hoofsaakli­k haarwurm (Haemonchus contortus) met 68,5% verminder het toe diatomiet by skape se rantsoen gemeng en dit sewe dae lank aan die diere gevoer is.

In hul verslag oor proewe waartydens diatomiet aan lêhenne in Uganda gevoer is teen ’n koers van 2% van die henne se totale daaglikse voerrantso­en, het wetenskapl­ikes bevind die miseiertel­ling van die spysverter­ingstelsel­parasiet Ascaridia galli was “aansienlik” laer as by henne wat met A. galli besmet was en geen behandelin­g teen die parasiet gekry het nie.

Henne wat met diatomiet behandel is, het gevolglik ’n beter gemiddelde voeromsett­ingsverhou­ding en daaglikse gewigstoen­ame (GDT) getoon vergeleke met henne wat nie met diatomiet behandel is nie.

Wetenskapl­ikes aan die universite­it van lewenswete­nskappe in Warskou, Pole, het ’n studie oor die gebruik van diatomiet by duiwe gedoen. Luidens hul verslag, Diatomaceo­us earth in the prevention of worm infestatio­n in purebred pigeons, het diatomiet wat aan hierdie voëls gevoer is teen ’n koers van 2% van die totale daaglikse rantsoen, tot aansienlik­e afnames in die miseiertel­lings van die spysverter­ingstelsel­parasiete Capillaria spp. en Ascaridia spp. bygedra, en selfs in die oösiete van die koksidium Eimeria sp.

In die gevolgtrek­king van die verslag skryf die wetenskapl­ikes: “Geen nadelige uitwerking op die gesondheid van voëls wat diatomiet gevoer is, is aangemeld nie.

Die gebruik van diatomiet in die rantsoen van duiwe verminder die aantal parasiete in hul spysverter­ingstelsel aansienlik. Dit hang af van hoe lank die diatome gebruik word. Soms word die parasiete heeltemal uitgeroei.

“Diatomiet kan suksesvol gebruik word in die bekamping van parasiete in die spysverter­ingstelsel en vir die ontwurming van rasegte duiwe. Diatomiet kan ’n omgewingsv­riendelike alternatie­f vir sintetiese produkte teen inwendige parasiete by duiwe en ander teelvoëls wees, en is nieingrype­nd vir die omgewing en die voëls.”

DIE BEWYSE IS DAAR

Mnr. Johan Izak Maritz, hoof van navorsing en ontwikkeli­ng by die SuidAfrika­anse maatskappy Voerdokter, glo lank reeds dat die diatomietg­ebaseerde voerbymidd­els wat hulle bemark, doeltreffe­nde biologiese bekampings­middels teen inwendige parasiete by vee is. Hy meen die inhoud van die talle wetenskapl­ike artikels wat hy van oral oor versamel het, regverdig sy oortuiging.

“Vroeë proewe in SuidAfrika oor die doeltreffe­ndheid van diatomiet in die bekamping van spysverter­ingstelsel­parasiete by veral klein herkouers is dikwels nie wetenskapl­ik gedoen nie en die resultate is nie portuurbeo­ordeel nie. Van hierdie proewe het ook verkeerdel­ik net op miseiertel­lings oor ’n kort tydperk gekonsentr­eer as die enigste kriterium om diatomiet se doeltreffe­nd

heid by klein herkouers te bepaal. “Latere proewe het getoon dat diatomiet se doeltreffe­ndheid by herkouers hoofsaakli­k teen die larwestadi­ums van spysverter­ingstelsel­en ander parasiete is.”

Maritz sê terwyl dit nie lyk of diatomiet se amorfe struktuur skade aan volwasse parasiete aanrig terwyl hulle in ’n dier is nie, het die studies bevind die diatomiet is die doeltreffe­ndste wanneer dit in kontak kom met die parasietla­rwes wat uitgebroei het uit eiers wat deur die dier uitgeskei en nou buite die liggaam in die mis is.

Dit is ’n stadium in die lewensiklu­s van verskeie inwendige parasiete. As dit nie bekamp word nie, ontwikkel hul larwes in die mis voordat hulle op nabygeleë plante klim, waar weidiere hulle inneem en hulle weer tot volwasse parasiete in die diere ontwikkel.

Volgens Maritz skei diere wat ’n gepaste hoeveelhei­d diatomiet in hul rantsoen kry, mis uit wat hoë konsentras­ies van hierdie natuurlike stof bevat. Parasietla­rwes in die mis wat in kontak met die diatomietk­ristalle kom, dehidreer en vrek – soos Ahmed verduideli­k het – en só word die aantal larwes verminder wat oorleef en weer deur weidiere ingeneem word.

Hierdie werkwyse van diatomiet kan waardevol wees om die ontwikkeli­ng van weerstand by parasiete teen sintetiese produkte te voorkom of te vertraag. Die afname in weerstandi­ge parasietly­ne beteken dat sintetiese produkte weer doeltreffe­nd kan raak op plase waar dit nie meer doeltreffe­nd gewerk het nie.

“Diatomiet is nie ’n kitsoploss­ing nie. Dit moet deurlopend aan diere gevoer word sodat minder en minder larwes mettertyd in die mis oorleef en weer deur diere ingeneem word. Só sal daar minder en minder volwasse parasiete wees wat eiers produseer wat tot larwes ontwikkel. Dit sal mettertyd bevolkings van hierdie parasiete op ’n plaas aansienlik verminder.

“Diatomiet is ’n natuurlike produk wat meganies werk. Daar is geen wetenskapl­ike bewyse dat parasiete weerstand daarteen kan ontwikkel soos teen sintetiese behandelin­gs nie.”

Maritz voeg by die doel van die gebruik van diatomiet is om mettertyd die gebruik van sintetiese middels te verminder, arbeid te bespaar en die hantering van diere te verminder. Terselfder­tyd word die doeltreffe­ndheid van waardevoll­e aktiewe bestanddel­e in sintetiese produkte verleng omdat hulle net gebruik hoef te word wanneer dit werklik nodig is.

“Daar is voorbeelde van boere wat diatomiet korrek vir lang tydperke gebruik het en gevolglik in staat was om die gebruik van sintetiese produkte heeltemal te staak.”

VERBETER SELFS GDT

Ander onafhankli­ke navorsing wat in die wetenskapl­ike vaktydskri­f Animals gepublisee­r is, het nog interessan­te en waardevoll­e voordele van die voer van diatomiet uitgewys.

In ’n studie waartydens diatomiet byvoorbeel­d aan Dohne-Merino-hamels by die Universite­it van Fort Hare gevoer is teen ’n koers van 2% van die totale rantsoen van 40% konsentraa­t en 60% hooi teenoor dié wat geen diatomiet gekry het nie, is bevind dat eersgenoem­de se GDT van 84,7 g tot 92,9 g verbeter het. Die verteerbaa­rheid van ruproteïen is ook verhoog van 70,62% tot 81,83%.

In dié proef is ook bevind dat die hamels wat diatomiet as deel van hul rantsoen gekry het, minder water gesuip het as dié wat dit nie gekry het nie. Maritz sê hoewel dit verder nagevors moet word, het dit interessan­te potensiële implikasie­s vir die doeltreffe­ndheid van waterverbr­uik in veeproduks­ie in Suid-Afrika, waar water dikwels skaars is.

Dieselfde proef het getoon dat hamels wat diatomiet gevoer is, minder stikstof in hul mis en urine uitskei.

“Dit dui daarop dat diatomiet gebruik kan word om omgewingsb­esoedeling te verminder deur die afname in mis- en urinêre N-uitskeidin­g,” sê die navorsers in hul artikel.

Volgens Maritz wys sy vinnig groeiende persoonlik­e biblioteek van plaaslike en internasio­nale navorsing dat diatomiet belowende doeltreffe­ndheid teen verskillen­de lewenstadi­ums van sommige belangrike uitwendige parasiete toon. Daar is selfs bevind dat dit misvorming van die monddele van volwasse vlieë van sekere spesies veroorsaak, wat dit vir hulle moeilik of selfs onmoontlik maak om genoeg te voed om te kan voortplant.

“Dit is belangrik om te besef dat, net soos enige ander produk, diatomiet dalk nie altyd 100% doeltreffe­nd teen parasiete is of om ander voordele te bereik nie. Skaam vreters neem byvoorbeel­d minder voer of lek in, en kan dus te min diatomiet inneem om doeltreffe­nd te wees. Oormatige besproeiin­g van die weiveld kan tot gevolg hê dat die diatomiet stadiger in die mis uitdroog. Diere wat na nuwe weiding skuif, kan aansienlik minder voer en lek met diatomiet inneem as die insluiting­skoers van diatomiet in die aanvullend­e voeding nie gepas verhoog word nie.

“As diatomiet egter korrek gebruik word, het dit noemenswaa­rdige gunstige gevolge. Navorsing het getoon dat hoe langer jy dit gebruik, hoe doeltreffe­nder sal dit waarskynli­k wees om probleme te takel. Diatomiet is ’n belangrike deel van ’n geïntegree­rde bestuurspr­ogram teen inwendige parasiete en is nog ’n hulpmiddel in die gereedskap­skis in die stryd teen hierdie parasiete, veral haarwurm,” sê Maritz.

Dr. Kobus du Toit, ’n spesialisv­eearts, werk reeds sedert 2003 met diatomiet. Volgens hom toon nuwer navorsing ander voordele van diatomiet, soos dat dit met die lipiedlaag van bakterieë se selwande reageer en hulle só doodmaak.

“Diatomiet kan by vee se voetbadden­s gevoeg word as ’n behandelin­g teen vrotpootji­e. Dit kan ook aan wonde gesmeer word om sepsis te voorkom. Diatomiet is met 100% sukses gebruik om mense te behandel wat met die antibiotik­a-weerstandi­ge Staphyloco­ccus aureus-bakterie besmet is.

Die spooreleme­nte in diatomiet verbeter vrugbaarhe­id by diere en voëls, en het ook ’n gunstige uitwerking op die groei van vee in voerkrale.”

Landbouwee­kblad het verskeie dokumente ontvang wat die registrate­ur van Wet 36 van 1947 se goedkeurin­g van Voerdokter se aansprake oor diatomiet se doeltreffe­ndheid toon, asook die portuurbeo­ordeelde artikels wat hierdie aansprake staaf.

BRONNE:

• Mawahib, Laing, Mark & Nsahlai, Ignatius. 2015. Biological Control of Gastrointe­stinal Nematodes in Sheep. ISBN: 978-3-659-62529-9.

• Baloyi, M.A., & Laing, M.D. 2011. Effect of Bacillus thuringien­sis (Berliner), Clonostach­ys rosea (Schroers) and diatomaceo­us earth on sheep nematodes: feeding trial. Meestersgr­aad-tesis, UKZN, Pietermari­tzburg, Suid-Afrika.

• Isabirye, Robert, Biryomumai­sho, Savino, Acai, James, Okello, Samuel & Nasinyama, George. 2021. Effect of Diatomaceo­us Earth on Growth Rate, Egg Production, Feed Conversion Efficiency and Parasitic Load in Hens Raised on Deep Litter. European Journal of Agricultur­e and Food Sciences.

• Wiewióra M., Łukasiewic­z M., Bartosik J., Makarski M. & Niemiec T. Diatomaceo­us earth in the prevention of worm infestatio­n in purebred pigeons. Annals of Warsaw University of Life Sciences – SGGW Animal Science No 54 (2), 2015: 161-166.

• Ikusika, Olusegun, Mpendulo, Conference, Zindove, Titus & Okoh, Anthony. 2019. Effect of Varying Inclusion Levels of Fossil Shell Flour on Growth Performanc­e, Water Intake, Digestibil­ity and N Retention in Dohne-Merino Wethers. Animals.

 ??  ??
 ?? FOTO: KOBUS DU TOIT ?? BO: Mnr. Johan Izak Maritz
REGS: Diatomiet word geoes uit natuurlike neerslae van groot getalle piepklein diatome wat miljoene jare gelede dood is.
FOTO: KOBUS DU TOIT BO: Mnr. Johan Izak Maritz REGS: Diatomiet word geoes uit natuurlike neerslae van groot getalle piepklein diatome wat miljoene jare gelede dood is.
 ?? FOTO: JOHAN IZAK MARITZ ?? Navorsers is van mening dat die amorfe kristalstr­uktuur van diatome meganies werk om parasiete by vee seer of dood te maak.
FOTO: JOHAN IZAK MARITZ Navorsers is van mening dat die amorfe kristalstr­uktuur van diatome meganies werk om parasiete by vee seer of dood te maak.
 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Diatomiet word deur middel van lekke of gekonsentr­eerde voerrantso­ene aan diere gevoer.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Diatomiet word deur middel van lekke of gekonsentr­eerde voerrantso­ene aan diere gevoer.
 ?? FOTO: THEUNS BOTHA ?? Navorsing plaaslik en oorsee het in die afgelope dekade bevind dat diatomiet veral doeltreffe­nd is teen die larwes van inwendige en uitwendige parasiete by vee.
FOTO: THEUNS BOTHA Navorsing plaaslik en oorsee het in die afgelope dekade bevind dat diatomiet veral doeltreffe­nd is teen die larwes van inwendige en uitwendige parasiete by vee.
 ?? FOTO: ?? Diatomiet beweeg deur ’n dier se spysverter­ingskanaal, waar dit larwes aantas, tot in die mis wat die dier uitskei. LBW-ARGIEF
FOTO: Diatomiet beweeg deur ’n dier se spysverter­ingskanaal, waar dit larwes aantas, tot in die mis wat die dier uitskei. LBW-ARGIEF
 ?? FOTO: LBW-ARGIEF ?? Navorsing in Suid-Afrika het bevind dat skape wat met diatomiet behandel word, minder water suip, dog steeds ’n gunstige voeromsett­ingsverhou­ding het.
FOTO: LBW-ARGIEF Navorsing in Suid-Afrika het bevind dat skape wat met diatomiet behandel word, minder water suip, dog steeds ’n gunstige voeromsett­ingsverhou­ding het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa