Landbouweekblad

‘DIE EKONOMIE HERSTEL G’N’

-

Die berig “Ekonomiese herstel wink vir Suid-Afrika” (LBW ,20 Mei 2021) het betrekking.

Die aansprake dat die inflasieen wisselkoer­s, asook ekonomiese groei, deur rentekoers­veranderin­gs bepaal word, is die enkele grootste dwaling in die ekonomiese wetenskap. Daar bestaan absoluut geen bewyse daarvoor nie.

Die inflasieko­ers word bepaal deur ál die plaaslike en internasio­nale politieke en ekonomiese faktore wat ’n invloed op die vraag en aanbod van goedere en dienste het, asook die waarde van die geldeenhei­d.

Ekonomiese groei word deur die vraag- en aanbodkant van die ekonomie geskep, soos Statistiek­e SA elke kwartaal bewys. Dit word deur die winsmotief aangedryf. Die uitwerking van rentekoers­e op hierdie ekonomiese veranderli­kes is in werklikhei­d weglaatbaa­r klein. Eenvoudige statisties­e ontledings het getoon dat die veranderin­gs in rentekoers­e geensins die veranderin­gs in hierdie drie veranderli­kes kan verklaar nie.

Die Reserweban­k het verlede maand voorspel dat die ekonomie vanjaar “met 4,2% sal groei nadat die ekonomie in die eerste kwartaal meer gegroei het as wat verwag is”, en dat hy sy voorspelli­ng vir 2021 kan verhoog.

Die bank het dit ook duidelik laat blyk dat die jongste ekonomiese inperking weens die toename in Covid-19-gevalle nie die ekonomiese herstel in die wiele sal ry nie.

Die feite is dat die ekonomie nie besig is om te herstel nie en dat dit ook nie in die eerste kwartaal meer gegroei as wat verwag is nie. Daar bestaan in hierdie stadium ook geen aanduiding dat die ekonomie vanjaar enigsins sal groei nie.

Die enigste moontlikhe­id wat vir 2021 verwag kan word, is die 2,7% waarmee die ekonomie in die eerste kwartaal vanjaar ingekrimp het vergeleke met die eerste kwartaal van 2020. Dit is die enigste korrekte manier om die kwartaalli­kse groeikoers te bepaal. Daar is absoluut geen moontlikhe­id dat “monetêre beleid akkommoder­end kan wees om groei te ondersteun nie”. Ek daag die Reserweban­k weer uit om die aansprake oor sy rentekoers­beleid te bewys.

Daar bestaan ook geen kans dat die “toenemende klem op die verbinteni­s van die Ramaphosa-regering om groei aan te wakker deur strukturel­e hervorming”, sal slaag nie. Die enigste kans is as die regering ’n politieke en ekonomiese omgewing skep wat bevorderli­k vir die private sektor is om winste en ekonomiese groei te skep, want daar bestaan geen ander manier om groei te skep nie.

FANIE BRINK

Onafhankli­ke landbou-ekonoom, Bothaville

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa