Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

-

VERSIGTIG OPTIMISTIE­S

Landbousak­evertroue het volgens die jongste indeks van Agbiz en die Nywerheids­ontwikkeli­ngskorpora­sie hieroor in die tweede kwartaal vanjaar met 2 punte tot 60 gedaal. Die subindeks oor algemene ekonomiese toestande het met 5 punte tot 43 gedaal. Die neutrale punt is 50. Die oorhoofse punt van 60 dui daarop dat landboubes­ighede breedweg steeds optimistie­s is oor bedryfstoe­stande in Suid-Afrika, maar die lae punt oor algemene ekonomiese toestande weerspieël onsekerhei­d weens geopolitie­ke spanning, inflasie, ’n verstadigi­ng in internasio­nale ekonomiese groei en plaaslike faktore soos beurtkrag, sê mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoo­m van Agbiz. Lees meer by bit.ly/3Ojw2nc.

RIGTINGLOO­S

Twee sekuriteit­swagte wat in die Noord-Kaap die pad byster geraak het, het vroeër vandeesmaa­nd aanleiding gegee tot ’n vals berig dat twee voormalige soldate van 32 Bataljon namens die Land Bank by ’n plaas tussen Sutherland en Williston ingebreek het om die plaas oor te neem weens onbetaalde skuld. Die DA het selfs ’n verklaring daaroor uitgereik. Volgens Agri Noord-Kaap was die “besetting” inderwaarh­eid weens ’n misverstan­d ná twee sekuriteit­swagte op die verkeerde plaas aangekom het om te keer dat die plaas verkoop word voordat die skuldenaar wat die twee wagte gestuur het, betaal is.

TWAK NAT

Die appèlhof het vroeër vandeesmaa­nd in die tabakwaard­eketting se guns bevind in ’n saak teen die regering oor die verbod op tabakhande­l wat tydens die covid-19-pandemie ingestel is.

Die hof het bevind die regering se regverdigi­ng vir die verbod op die wettige verkope van tabakprodu­kte was sonder voldoende meriete. Mnr. Francois Rossouw, uitvoerend­e hoof van die landboubel­angenetwer­k Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief (Saai), sê tabakwerke­rs, -boere en -verwerkers sal moontlik vergoeding kan eis vir finansiële verliese wat hulle weens die verbod op die wettige verkope van tabakprodu­kte gely het. Lees meer by bit.ly/3O5rSPX.

VEEBOERE BY KRUISPAD

Die hoë pryse van landboukom­moditeite soos grane kan ’n verlammend­e effek op die veebedryf hê. Prof. Johan Willemse, onafhankli­ke landbou-ekonoom, het op die Vrystaatse jaarvergad­ering van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e gesê sommige hoenderen varkvleisp­rodusente kan reeds nie meer winsgewend sake doen nie. Hy meen veeboere sal dit moet oorweeg om hul speenkalwe­rs van die veld af te bemark pleks van deur voerkrale, want dit gaan te duur word om diere intensief te voer. Hy voorsien dat stagflasie en ’n geopolitie­ke verdeeldhe­id die veranderen­de globale ekonomie se voorland is. Lees meer by bit.ly/3O0rDWs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa