Landbouweekblad

PAS JOU GROND OP

- JOHAN SWIEGERS Brief per e-pos ontvang

’n Ekstensiew­e veeboer boer hoofsaakli­k met diere, plante, grond en water.

In die algemeen is die Suid-Afrikaanse boer se diere van hoogstaand­e gehalte. Ons boere is van die beste telers ter wêreld.

Minder het ’n passie vir hul veld en die plante op hul grond. Baie onttrek meer water aan die grond as wat hulle terugsit.

Die grootste probleem lê by die bestuur van die grond. Dit is seker die rede dat die drakrag van die grond daal, al skyn dit asof die reënval styg en die bedekking verbeter. Die gesondheid van die grond is baie belangrik.

As dit by grond kom, gaan dit eerstens oor die hoeveelhei­d. Dit verg eeue om nuwe grond te vorm. Rotslae moet verweer om grond te vorm. Wind- en watererosi­e verminder die grond op die plaas.

Kyk maar net na die duine wat uitwaai of gaan kyk na die Namib se sand. Daar word beweer dat dié sand grond is wat die Oranjerivi­er see toe gespoel het, in die Atlantiese Oseaan skoongewas is, en toe deur die westewind terug die land in gewaai is.

Grond moet ook gevoed word. Ons bemark ons wol, bokhaar en vleis, maar anders as die saaiboer, sit ons geen kunsmis terug in die grond nie. Dit is net nie ekonomies om dit te doen nie. Al wat ons kan doen, is om die natuur te help om dit vír ons te doen.

Grond word eerstens gevoed deur wortels in die grond. Daarvoor is ’n goeie bedekking van eenjarige plante en grasse nodoseermi­ddels

dig. Dit is die taak van pioniersge­wasse om die grond voor te berei en te voed vir plante wat smaakliker en voedsamer is. Daar is ’n korrelasie tussen dié deel van die plant bo die grond en die wortelstel­sel onder die grond. Deur te veel af te bewei, word die voeding van die grond verminder.

Die dooie wortels belug ook die grond en maak dat dit meer water kan opneem. Dit skep ’n gunstige omgewing vir die op

neem van koolstof en stikstof, asook vir mikro-organismes wat noodsaakli­k is vir gesonde grond.

Grond word ook gevoed deur mis in te bring. Miskruiers is die doeltreffe­ndste bemesters van grond. SuidAfrika het sowat 800 spesies miskruiers. Hulle is baie gespesiali­seerd in hoe hulle die mis gebruik, watter mis hulle gebruik en die vogtigheid van die mis. Ongelukkig het sekere

miskruiers laat vrek. As jy dus sien dat daar onverwerkt­e mis op jou grond is, het jy ’n groot probleem wat onmiddelli­ke aandag verg.

Daar is ook ander agente wat die grond bemes. Termiete en miere sal dooie plant materiaal die grond inneem. Sprinkane sit in geil jare die gras in mis om. Erdvarke grou gate op die hardste plekke. Verrottend­e karkasse voed ook die grond

Die bolaag van die grond moet ’n saadbeddin­g wees waarin sade kan ontkiem. Hier is fyn materiaal op die grond, maar veral hoefaksie om die grond los te maak, baie belangrik. Hoe groter die dier en hoe meer hy of sy beweeg, hoe beter die hoefaksie. Wanneer diere in voetpaaie begin loop, verdig hulle die grond in die voetpaaie sonder om die res van die grond deur hoefaksie

voor te berei.

Plante het die eienskap dat hulle koolstof uit die lug opneem en in hul blare en wortels opberg. Omdat die mensdom al hoe meer koolstof in die lug vrylaat deur veral steenkoolk­ragsentral­es en binnebrand­enjins, styg die koolstofvl­ak in die atmosfeer. Dit veroorsaak aardverwar­ming met al die nadele wat nou aan ons bekend is. Die tyd sal kom dat boere eerder hul koolstofkr­ediete sal verkoop as om die plante te laat afvreet. Dit sal die platteland totaal verander.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa