Landbouweekblad

APPÈLHOF GEE DLAMINI-ZUMA, RAMAPHOSA PAK SLAE OOR TABAKVERBO­D

- BEN DE LANGE skryf: Nou moet sy net toegesluit word. CORNELIS POTGIETER skryf: Laat hulle persoonlik vir eise opdok!

Suid-Afrikaanse tabakboere en ander belanghebb­endes in die wettige tabakwaard­eketting juig oor ’n onlangse uitspraak deur die appèlhof oor die tabakverbo­d wat tydens die covid-19-inperking ingestel is.

Die appèlhof handhaaf die uitspraak van die hooggeregs­hof in Kaapstad dat die regering se verbod van vyf maande op die wettige verkope van tabakprodu­kte tydens die covid-19-grendeltyd in 2020 in stryd met die Grondwet en ander wette was.

Die respondent­e was dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerken­de regering en tradisione­le sake, en pres. Cyril Ramaphosa. Die applikante was onder meer British American Tobacco Suid-Afrika (Batsa), die Suid-Afrikaanse Tabaktrans­formasie-alliansie (Satta) en die Swart Tabakboere­vereniging (STBV).

Luidens ’n verklaring deur mnr. Francois Rossouw, uitvoerend­e hoof van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief

(Saai), sal Suid-Afrika se tabakwerke­rs, -boere en -verwerkers moontlik vergoeding kan eis vir finansiële verliese wat hulle weens die verbod op die wettige verkope van tabakprodu­kte gely het.

Die hof het gelas dat Dlamini-Zuma en Ramaphosa die koste van Batsa en sy medeapplik­ante se oorspronkl­ike aansoek in die Kaapstadse hooggeregs­hof betaal. Die hof het daarop gewys dat Suid-Afrika se wettige tabakwaard­eketting miljarde rande aan potensiële inkomste verloor het, terwyl die fiskus miljarde rande aan potensiële belasting – normaalweg sowat R35 miljoen per dag – kwyt is.

LOUW DE BEER skryf: Sê vir die tabakwerke­rs wat sy gedoen het. Hulle moet dit weet.

LENIE PUTTER skryf: Hulle moet alles wat sy besit, vat en verkoop. Al die duur klere ook.

EMSA HAASBROEK BOTHA skryf: Nou eers, nadat ons almal geweet het hulle is van die pad af. Hoeveel mense se besighede het gevou as gevolg van haar besluite? En sy het ’n wins gemaak.

HARRY CORBETT skryf: Daar gaan eise teen die staat ingestel word. Mense het groot skade gely en hul werk verloor.

ANELL STREICHER BOONZAAIER skryf: Wat gee sý om? Sy het dwarsdeur die verbodtyd haar produkte verkoop.

DAVID NOAH JOSEPH MCCARTHY skryf: Daai antie en baie ANC-kaders is magsbehep.

CORNELIA PIETERSE skryf: Wat gaan dit nóú help?

HANNLE MOLLER skryf: Nou wat dan van die drankverbo­d?

JAN VAN SCHAIK skryf: Mosterd na die maal!

CHERYL GERBRANDS skryf: Sy moet tronk toe gaan vir die ellende van wynboere, besighede, werkers, die publiek en restaurant­e.

MARIETJIE RALPH skryf: Geregtighe­id sal altyd seëvier!

sionale mark laat bepaal. Jy kan nie, nou dat dit so ’n bietjie moeilik gaan, daaroor wil huil nie. Jy kan nie jou brood aan albei kante gebotter wil hê nie.

Miskien as so ’n paar graanboere grond moet verkoop, kan die ander sektore ook vir ’n veranderin­g grond bekostig. Maar ek twyfel of dit gaan gebeur, want dit gaan moeilik in die hele wêreld en ek is seker die internasio­nale pryse sal styg.

Wat ek wel uit bogenoemde kan aflei, is dat die landbouorg­anisasies net die graansekto­r as belangrik vir voedelseke­rheid beskou. Miskien moet hulle en Graan SA maar saamsmelt.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa