Landbouweekblad

WATVANDIE VEEBOERE?

-

Die berig “Ingryping in rabatstels­el kan voedselinf­lasie demp”, LBW, 16 Junie 2022) het betrekking. As ’n veeboer wat al 23 jaar lank boer, maak dit nie vir my sin nie.

In die afgelope jaar en langer is die landbou-organisasi­es baie lief vir die woord “voedselsek­erheid”. Hier moet ons lees dat ’n verhoging in die rabat voedselpry­se sal stabilisee­r en voedselsek­erheid sal verseker. Hoe gaan dit gebeur?

Die graanboere het dan self besluit dat hulle hul prys gaan vasstel gegrond op internasio­nale graanpryse. Gaan hulle dan in die toekoms nie meer die internasio­nale prys gebruik om hul plaaslike prys vas te stel nie? Hoe gaan hulle die hoër rabat (korting) dan in die prys inwerk om te verseker dat plaaslike voedselpry­se stabilisee­r?

Hoe gaan die rabat die res van die landbou (vee-, vrugteen hoenderboe­rdery) bevoordeel? Vir die afgelope vier jaar sit ons veeboere in die noorde en sentrale dele van Suid-Afrika met ’n bek-en-klouseerpr­obleem wat ’n daling in ons inkomste veroorsaak het. Ons is prysnemers. Ons stel nie die prys vas wat ons kry soos die graanboere nie.

Nog nie een keer het enige organisasi­e vir ons baklei vir enige korting nie. En dít nogal vir ’n probleem wat deur die staat self veroorsaak is.

In die afgelope paar maande het my voer van R240 per sak tot meer as R330/sak gestyg. Dit is weens die gemors wat Rusland veroorsaak het. Weer eens het nie een van die organisasi­es vir ons baklei vir enige korting nie.

As daar nou gepraat word van voedselsek­erheid, word daar dan eintlik verwys na die graansekto­r? In die 23 jaar dat ek boer, het ek gesien dat graanboere se grond uitbrei, terwyl veeboere maar hou aan wat hulle het. Op Nampo was daar trekkers en stropers wat R14 000 000 kos. Geen veeboer kan dit bekostig nie.

Miskien moet die organisasi­es ophou om in die huidige situasie in te meng. Die graanboere het self besluit hulle wil hul pryse deur die interna

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa