Landbouweekblad

Dié spyskaart is maklik en ekonomies

- Uit: Landbouwee­kblad, 27 Junie 1972

“Ai, Karlien, ek sukkel tog so om mense te onthaal. Ek geniet die geselskap, maar teen die tyd dat ek ál my kos voorberei het, is ek pootuit,” skryf ’n moedelose leseres aan my.

Ek meen die groot fout wat die meeste van ons maak as dit by onthaal kom, is dat ons té veel wil uithang. Ons berei ’n magdom kos voor – ’n voorgereg, twee of drie soorte vleis, vyf soorte bykos, drie soorte slaai en twee soorte nagereg. Ek jok nou nie, hoor! Ek moes al self deur so ’n ete sluk, en al gevolg wat dit gehad het, is dat ek nie gou genoeg by die huis en die botteltjie vrugtesout kon kom nie.

Ek het deur die jare al deur eie ondervindi­ng en ook deur wat ek by ander mense geëet het, geleer dat die suksesvols­te manier om te onthaal, is om eenvoudige disse, goed voorberei en smaaklik opgedis, voor te sit. As die regte atmosfeer geskep word deur ’n mooi gedekte tafel, blomme en kerslig, is u saak al half gewonne.

Resepte vir gaste moet die volgende eienskappe hê:

• Dit moet iets wees wat ek voor die tyd kan berei sodat dit in ’n lou-oond kan warm bly en ek nie voor die stoof hoef te staan as my gaste reeds daar is nie.

• Dit moet maklik wees om voor te berei en nie gevaar van mislukking inhou nie.

• Dit moet smaaklik wees.

• Dit moet goedkoop wees. Deesdae is dít vir my een van die belangriks­te oorwegings. As dit my ’n klomp geld gaan kos om te onthaal, is dit nie meer lekker nie.

Ek hou nie daarvan om nagereg te maak nie, maar het ook al agtergekom as ’n mens tuisgemaak­te groenvyeko­nfyt of waatlemoen­konfyt en sjokoladeb­eskuitjies saam met die koffie voorsit pleks van ’n nagereg, beskou jou gaste dit as iets besonders.

Die spyskaart vir ’n informele buffet-ete bestaan uit hoenderrys, ’n eiervrugka­sserol, pietersiel­iebrood en koolslaai.

Geurige hoenderrys

■ 2 e botter

■ 4krys

■ 4 k water

■ 1 hoenderboe­ljonblokki­e

■ 1 t vleisekstr­ak (gebruik Bovril of Fray Bentos)

■ Sout

■ 1 t droë tiemie

■ 1 gaar hoender (ongeveer 2 kg)

■ 250 g ontbytspek

■ 250 g ham

■ 2 middelslag-uie

Smelt die botter in ’n groot kastrol, voeg die rys by en roer goed deur totdat die rys met botter bedek is. Voeg die water, boeljonblo­kkie, vleisekstr­ak, sout en tiemie by. Laat vinnig opkook en laat verder oor baie lae hitte prut totdat die rys sag, maar nie pap is nie, en nog baie los is. Voeg nog water by as die rys te gou droogkook.

Sny die hoender in klein blokkies nadat ál die bene verwyder is. Sny die ham ook in blokkies en meng met die hoender. Sny die ontbytspek in blokkies en braai tot gaar, maar nie bros nie. Sny die uie fyn en braai tot sag, maar nog nie bruin nie, in die vet wat uit die spek gebraai het. Voeg die spek en uie by die hoendermen­gsel.

Wanneer die rys gaar is, roer die hoendermen­gsel by die rys. Skep die hele dis in ’n oondskotte­l en hou in die louoond warm tot etenstyd.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa