Landbouweekblad

‘Geen rede tot kommer oor fopvleis’

- BRON: www.eurekalert.org/ news-releases/949366

DIE tradisione­le vleisbedry­f het tans geen rede om wakker te lê oor die produksie van plantgebas­eerde burgers en ander alternatie­we vir vleis nie, aldus nuwe navorsing.

Die navorsing wat deur die Ohio-universite­it gedoen is, toon dat terwyl die verkope en markaandee­l van die nuwegeslag plantgebas­eerde fopvleis in onlangse jare gegroei het, daardie wins nie gelei het tot verminderd­e besteding op dierlike vleisprodu­kte nie.

Oorkoepele­nd het ’n ontleding van vleisaanko­pe onthul dat plantgebas­eerde vleis hoofsaakli­k as bykomend tot beesen varkvleis gesien word, terwyl daar ’n neiging is om hoendervle­is, kalkoenvle­is en vis met die plantgebas­eerde produkte te vervang.

Luidens die navorsers hou die alternatie­we vleis nie ’n bedreiging vir tradisione­le vleis in nie, want mense vervang nie hul vleis daarmee nie. Hulle koop dié soort produkte saam met hul bees- en varkvleis.

Weeklikse data van die Nielsen-instituut van die eerste week in Januarie 2017 tot die tweede week in Julie 2020 op varsvleisb­esteding by verskeie winkels reg oor 40 Amerikaans­e state is vir die navorsing ontleed.

Die kategorieë het plantgebas­eerde vleisalter­natiewe, bees-, hoender-, kalkoen-, vark-, vars vis, lams- en eendvleis ingesluit.

Die resultate het getoon plantgebas­eerde vleisalter­natiewe het slegs 0,1% van die gemiddelde totale uitgawes op vars vleis tydens die studieperi­ode behels – hoewel die alternatie­we se bemarkings­aandeel tot 0,4% gestyg het. Beesvleis was boaan die varsvleisk­ategorie met 46%, gevolg deur hoender met 23%, varkvleis en vis met ongeveer 12% elk, terwyl kalkoen en ander vleissoort­e minder as 5% van varsvleisv­erkope behels het.

Beesvleis en vleis-alternatie­we was die keuses wat die duurste was.

Van al die keuses wat bestudeer is, het uitgawes op plantgebas­eerde produkte die meeste gestyg wanneer daar spesiale aanbieding­e op die produkte was.

Verlaagde bees- en hoendervle­ispryse het die vraag na plantgebas­eerde vleis verlaag, maar laer pryse van fopvleis het nie veel van ’n uitwerking op die vraag na dierlike proteïenbr­onne gehad nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa