Landbouweekblad

WERK IN WINGERD WERP VRUGTE AF

- — LUCILLE BOTHA

’N HERNIEUDE klem op wingerdbou kan deesdae in die wynglas waargeneem word. Só het mnr. Francois Rautenbach, aankoper vir Singita se Premier Direct-wynprogram, gesê ná afloop van die beoordelin­g van wyne wat ingeskryf is vir die Trofeewyns­kou.

“Dis iets wat al ’n paar jaar broei, maar daar word deesdae meer gekonsentr­eer op die spanne wat in die wingerd werk. Ek meen die vooruitgan­g in Suid-Afrikaanse wyne is danksy ’n beter begrip vir en hantering van wingerde, maar ook danksy gesonder wingerde.”

Volgens hom speel die Ou Wingerdpro­jek ’n groot rol om mense te leer hoe om ou wingerde te snoei en grond gesond te hou.

“Dit alles vind neerslag in die wyn. Met dié dat mense nou meer energie in die wingerd bestee, kan daar sagkens in die kelder te werk gegaan word om meer van die suiwer vrugkarakt­er te laat deurskemer.”

Die internasio­nale beoordelaa­r mnr. Anthony Rose, wynkorresp­ondent vir The Independen­t en gerekende wynskrywer, sê daar steek waarheid in die cliché dat wyn in die wingerd gemaak word.

“Die werk wat die afgelope paar dekades in die wingerde gedoen is, het aan die Suid-Afrikaanse bedryf ’n sekere selfvertro­ue gegee. Solank jy moeite doen met die wingerd en werklik verstaan watter kultivar by die terroir pas, sien jy resultate, wat weer aan wynmakers die selfvertro­ue gee om vorentoe te gaan.”

NUWE KULTIVARS

Rose het Suid-Afrikaanse wynbouers aangemoedi­g om met wyndruifku­ltvars te eksperimen­teer. Die bedryf rus nog vir hom te veel op Franse edelkultiv­ars, soos Cabernet sauvignon, Chardonnay, Shiraz, Merlot en Sauvignon blanc.

“Dit maak omtrent 90% van Suid-Afrika se premiewyne uit. Daar is ’n hele wêreld waarna die wynbedryf nie kyk nie,” het Rose gesê met verwysing na Suid-Italiaanse kultivars, soos Vermentino, Carricante en Aglianico.

“Dit is ook ’n warm area en die kultivars het ’n natuurlike hoë suur. Ek is oortuig dit sal hier aard. Dit sal lekker wees om meer te eksperimen­teer en met die sogenoemde niskultiva­rs te werk. Dit bring ’n breër basis waarop die bedryf oor die volgende dekade vorentoe kan beweeg.”

Hy glo ook verbruiker­s soek nuwe dinge, interessan­te kultivars en style wat nie noodwendig op Bordeaux of Boergondië geskoei is nie.

CAP CLASSIQUE VERRAS

Volgens mnr. Michael Fridjhon, voorsitter van die Trofeewyns­kou, het hulle ’n soortgelyk­e aantal inskrywing­s as verlede jaar ontvang.

Terwyl daar ietwat minder Merlot, Chenin blanc en vonkelwyne ingeskryf is, het die kategorieë vir Shiraz, Bordeaux-versnitte, Pinot noir en Sauvignon blanc gegroei.

Altesaam 30 goue medaljes is toegeken.

“Die toename in Cap Classiques wat goud ingepalm het (altesaam drie) was een van die interessan­te kenmerke van vanjaar se wynskou, maar ek verneem reg oor die bedryf word Cap Classique as ’n baie sterker kategorie as tien, vyftien jaar gelede beskou.”

Volgens Fridjhon was daar ook groot opwinding toe ’n Riesling vanjaar ’n goue medalje verower. “Dit het jare laas gebeur!”

Die Chardonnay- en Chenin blanc-klasse was met vyf goue medaljes elk die klasse wat die meeste goues ingepalm het.

Silwer medaljes het 20% van die inskrywing­s uitgemaak en brons medaljes is aan 50% van die inskrywing­s toegeken. ’n Kwart van die inskrywing­s het nie medaljes ontvang nie.

Die trofee- en medaljewen­ners word binnekort bekend gemaak.

 ?? FOTO: BRAND REPUBLIC ?? Beoordelaa­rs in die Ou Mutual Trofeewyns­kou meen die groter klem op wingerdbou­praktyke word weerspieel in die gehalte van die wyn wat geprodusee­r word.
FOTO: BRAND REPUBLIC Beoordelaa­rs in die Ou Mutual Trofeewyns­kou meen die groter klem op wingerdbou­praktyke word weerspieel in die gehalte van die wyn wat geprodusee­r word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa