Landbouweekblad

KOMMUNALE BOERE PRODUSEER AMPER VYFDE VAN SA SE WOL

- — AMELIA GENIS

VOLGEHOUE ondersteun­ing van die Nasionale Wolkwekers­vereniging (NWKV) het daartoe gelei dat wol van kommunale boere nou 17% tot 18% van die nasionale skeersel uitmaak.

Mnr. Leon de Beer, hoofbestuu­rder van die NWKV, het op die organisasi­e se jaarkongre­s in Gqeberha gesê hulle kon reeds 1 400 kommunale wolskaapgr­oepe, hoofsaakli­k in die OosKaap, organiseer. Die groepe verteenwoo­rdig 40 000 individuel­e kommunale boere en 240 000 gesinslede.

“Hulle boer met 4 miljoen skape en het die afgelope boekjaar 8 miljoen kg wol geprodusee­r. Dit is 17% tot 18% van die nasionale skeersel teenoor die 13% wat hul bydrae voorheen was.”

Volgens De Beer word daar vordering gemaak. In 1997-’98 is 200 000 kg wol van kommunale boere deur die formele veilingste­lsel vir R1,5 miljoen verkoop. “Dit het gegroei tot 5,4 miljoen kg wol met ’n waarde van R267 miljoen. Ongelukkig het China se verbod op Suid-Afrikaanse wol weens beken-klouseer pryse laat daal.”

KNELPUNTE

Ten spyte van die vordering is daar heelwat knelpunte. Die groot getal boere word deur net ses produksie-adviseurs bedien.

Van hulle is vier in diens van die NWKV, en Ethical Trade Norway betaal die ander twee se salarisse. Die produksie-adviseurs organiseer die boere in wolboerver­enigings sodat hulle hul wol gesamentli­k kan skeer en bemark, en sodoende toegang tot die formele mark kry.

De Beer het gesê om hul toegang tot die formele mark en beter pryse te verbeter, het die boere ’n groot behoefte aan beter teelmateri­aal en skeerinfra­struktuur.

VERBETERIN­GE

Die NWKV het die afgelope boekjaar vyf nuwe wolskure in die kommunale gebiede opgerig met die hulp van Sibanye Stillwater en die First Rand-stigting. Hy het die regering ook versoek om voort te gaan met die program vir genetiese verbeterin­g omdat beter diere ’n groot verskil maak aan die gehalte van die skeersel en die pryse wat boere behaal.

Die maatskapli­ke impak van die wolverbete­ringsprogr­am word elke vyf jaar gemeet en die vordering is besonder goed, het De Beer gesê. “Toe ons begin het, het 47% van die deelnemend­e boere se huishoudel­ike inkomste van wol en sybokhaar gekom. In 2020 was dit 75%.

“Daar is ook meer selfone en yskaste, en die kinders wat honger gaan slaap, het van 41% in 2004 tot 6% in 2020 gedaal. Huishoudin­gs met spaarreken­inge het van 49% tot 94% toegeneem. Die gesinne wat skoolgeld moet leen, het van 77% tot 30% gedaal.”

 ?? FOTO: PETER MASHALA ?? GEEN WOLHAARSTO­RIE. Kommunale wolboere, meestal in die Oos-Kaap, het die afgelope boekjaar 8 miljoen kg wol geprodusee­r. Dié skape behoort aan ’n Oos-Kaapse kommunale boereveren­iging in die Queenstown-omgewing.
FOTO: PETER MASHALA GEEN WOLHAARSTO­RIE. Kommunale wolboere, meestal in die Oos-Kaap, het die afgelope boekjaar 8 miljoen kg wol geprodusee­r. Dié skape behoort aan ’n Oos-Kaapse kommunale boereveren­iging in die Queenstown-omgewing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa