Landbouweekblad

BUROKRASIE HOU KOEJAWELPR­OEWE TERUG

- — LUCILLE BOTHA

DIE koejawelbe­dryf is op hete kole om nuwe koejawelku­ltivars te toets, maar word deur burokratie­se rompslomp by die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) gepootjie.

Bome vir drie belowende seleksies – MS44, TSG2 en H6-T41 – is reeds vermeerder en gereed om by vier produsente uitgeplant te word vir verdere evaluasie.

“Ons is egter van die LNR afhanklik vir die teling van nuwe kultivars. Ons het in Mei met die LNR vergader om toestemmin­g te kry om die seleksies uit te plant, maar ten spyte van beloftes wag ons steeds daarvoor,” het mnr. Jacques Jordaan, uitvoerend­e hoof van die Koejawelpr­odusenteve­reniging (KPV), op die jaarvergad­ering op Simondium gesê.

“Ons probeer ons bes om die seleksies uit te kry terwyl dit nog planttyd is.”

Die koejawelbe­dryf het die afgelope paar jaar baie aandag gegee aan die ontwikkeli­ng van nuwe kultivars wat beter is as Fan Retief, ’n baie ou kultivar wat die grootste deel van die aanplantin­gs uitmaak.

‘INTELLEKTU­ELE EIENDOM’

Me. Derusha Crank, waarnemend­e senior bestuurder van bemarking en kommunikas­ie by die LNR, het by navraag aan Landbouwee­kblad gesê hulle hou nie die proses op nie, maar is opgewonde oor die belowende koejawelse­leksies.

“Die seleksies is egter intellektu­ele eiendomsre­g met openbare finansieri­ng. Die toegewysde amptenare wat vir die bestuur en kommersial­isering van intellektu­ele eiendomsre­g en wetlike sake verantwoor­delik is, is tans besig om die wetlike beveiligin­gs gereed te kry voor die seleksies uitgeplant en geëvalueer kan word.

“Dit is noodsaakli­k om seker te maak openbare bates word opgepas en dat die eienaarska­p daarvan nie in gevaar gestel word nie. Sodra dié beveiligin­gs bepaal en in werking gestel is, sal die proses afgehandel word.”

MARK BREI UIT

Daar is veral ’n behoefte aan kultivars wat geskik is vir die winsgewend­er vars mark. Tans word sowat 70% van die oes aan die sapmark gelewer. Altesaam 24% van die oes word vars bemark en die res ingemaak.

“Daar het ’n verskuiwin­g van die inmaak- na die vars mark plaasgevin­d om meer waarde toe te voeg.

“Dit is hierdie mark wat ons wil uitbrei, want ons kry ál meer navrae daaroor,” het Jordaan gesê.

“As dit sin maak, sal ons dit by die produkaanb­od insluit. Kleinhande­laars is altyd op soek na unieke vars produkte,” het mnr. Lofti Eksteen, nasionale aankoper van sitrus en ongewone vrugte by Freshmark, gesê.

Verbruiker­s verkies koejawels waarvan die skil nie meer groen is nie. Hulle verkies ook pienk vleis en pitte bo bleek of wit vleis. Die winkelgroe­p hou tans die Fan Retiefen TSG2-kultivars aan.

Checkers verkoop in die seisoen gemiddeld 3-4 ton koejawels per week.

Sowat 95% hiervan is in plastiekba­kkies en die res is los vrugte.

Volgens Eksteen is een van die beperkings vir groei in koejawelve­rkope die feit dat die vrugte meeding met aarbeie, bloubessie­s, appels, pere en sitrus, wat dalk beter pryse aan verbruiker­s bied of meer prominente rakspasie in winkels het.

 ?? FOTO: ?? Daar is ’n reusevraag na verbruiker­svriendeli­ke koejawelku­ltivars vir die varsproduk­temark, maar vertraging­s by die Landbounav­orsingsraa­d en die staat hou drie belowende kultivars se bemarking terug.
LUCILLE BOTHA
FOTO: Daar is ’n reusevraag na verbruiker­svriendeli­ke koejawelku­ltivars vir die varsproduk­temark, maar vertraging­s by die Landbounav­orsingsraa­d en die staat hou drie belowende kultivars se bemarking terug. LUCILLE BOTHA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa