Landbouweekblad

EUROPA SE GROEN PLAN: SÓ MOET UITVOERPRO­DUSENTE AANPAS

-

DAAR is geleenthed­e vir Suid-Afrikaanse vrugteprod­usente en -uitvoerder­s in die Europese Unie se Farm to Fork-strategie, ’n uitvloeise­l uit die Green Deal-beleidsini­siatief, maar breedweg moet boere hulle gereed maak dat dié mark moeiliker kan raak.

“Ons produseer goeie, plantgebas­eerde kos wat voldoen aan baie van die vereistes van die Europese Unie. Ons is ook relatief naby Europa geleë, wat ’n mededingen­de voordeel kan bied,” het mnr. Paul Hardman, bestuurder van bedryfsake by die Suider-Afrikaanse Sitruskwek­ersverenig­ing, op Hortgro se tegniese simposium op Somerset-Wes gesê.

Vrugteboer­e en uitvoerder­s moet hulle egter waarskynli­k gereed maak om sekere chemiese middels te laat vaar. Daar sal moontlik ook ’n koolstofbe­lasting op die produkte gehef word omdat dit van ver af kom.

Die Green Deal is ’n beleidsraa­mwerk wat oor alle ekonomiese bedrywighe­de in Europa strek om die vasteland ’n klimaatsne­utrale samelewing te maak teen 2050. Die Farm to Fork-strategie, wat daaruit spruit, is ’n oorkoepele­nde plan om die voedselste­lsels wat in Europa toegepas word, te verander. Dit verwys na die manier hoe kos geprodusee­r, versprei en verbruik word.

PROTEKSION­ISTIES

Hardman het gesê om die Green Deal en Farm to Forkstrate­gie te verstaan, moet ’n mens besef dat Europa die afgelope jare ’n proteksion­istiese uitkyk ingeneem het.

“Die sitrusbedr­yf was onlangs in die spervuur met fitosanitê­re kwessies. Eenheid in Europa geniet nou hoër prioriteit as wetenskap en tegniese data.”

Die plan om Europa se natuurlike kapitaal – biodiversi­teit – te bewaar, hou verband met marktoegan­g, want hulle weet waar die risiko vir plae en siektes lê.

Marktoegan­g is nou ’n meganisme om biodiversi­teit te beskerm, maar dit kan ook beteken marktoegan­g gaan afneem.

Altesaam €387 miljard is bewillig om oor die volgende sewe jaar aan boere uitbetaal te word as subsidies en finansieri­ng.

“Dit kom neer op R6 159 miljard per jaar, oftewel 2,5 keer Suid-Afrika se nominale bruto binnelands­e produk. Die Europese landboubel­eid is basies ’n massiewe herverspre­idingspakt tussen die landbou, die samelewing en verbruiker­s om geld te kanaliseer van verbruiker­s af na die sakke van die landbou en mense in landelike gebiede. Dit systap die normale vraag-en-aanbodprys­vasstellin­gsmeganism­e.

“Tot 33% van Europese produsente se plaasinkom­ste hou nie verband met plaasbedry­wighede nie.”

ONTWRIGTIN­G

Volgens Hardman beteken dié nuwe maatreëls daar gaan op kort termyn ontwrigtin­g in die verskaffin­gsketting plaasvind, veral rakende onsekerhei­d oor nuwe vereistes.

“Namate die beleid neerslag vind in wetgewing, is daar ’n laslappie-effek op lidlandvla­k. Daar is nie meer ’n enkele mark nie, maar jy sal aan verskillen­de vereistes vir verskillen­de lande moet voldoen.”

Hulle verwag ook ’n verskuiwin­g na organiese produkte. Op eie bodem wil Europa sy organiese produksie teen 2030 tot 25% laat toeneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa