Landbouweekblad

GESONDER KOS VANDAG MOONTLIK DANKSY WETENSKAP

- — ALANI JANEKE

Twee boere het tydens die twaalfde Nasiein-gesprek-reeks op die Nampo-oesdag gesê hoewel hulle die gebruik van chemikalie­ë afgeskaal het, hulle dit nog nie ten volle kan uitsluit nie. Hulle het beklemtoon hoe belangrik die korrekte gebruik daarvan is.

Mnr. Jaco Minnaar van die plaas Uitsny in die distrik Hennenman het gesê chemikalie­ë soos gif en kunsmis is ’n belangrike komponent van boerdery, maar kan giftig wees as te veel gebruik word.

“Ek is die derdegesla­gboer op die plaas en my seun gaan die vierde geslag wees. Ons boer met ’n visie vir die volgende 50 tot 60 jaar, en moet ons besluite daarop grond. Ons kan wel nie die gebruik van chemikalie­ë totaal laat vaar nie, want sommige onkruid kan nog dekades in jou grond voorkom.”

Mnr. Egon Zunckel, direkteur van Zunckel Farms, het gesê hulle pas die afgelope 28 jaar geenbewerk­ing op hul plase toe. Hoewel hulle in baie noue samewerkin­g met die natuur boer, kan hulle nie heeltemal van die gebruik van chemikalie­ë wegbreek nie.

“Die Here het die natuur volmaak geskape. As daar ’n probleem in die grond is, is dit omdat ons dit versteur het.”

Hy het gesê hulle probeer sover moontlik natuurlike metodes vind om versteurin­gs te herstel, maar chemikalie­ë is soms die enigste antwoord.

Mnr. Kobus Meintjes, president van CropLife Suid-Afrika, het gesê opleiding en voogdyskap oor die verantwoor­delike gebruik van chemikalie­ë deur produsente is uiters belangrik. “Dit is wel belangrik dat verbruiker­s die waarheid moet weet oor die gebruik van chemikalie­ë in die produksie van gewasse en kos.”

Volgens dr. Klaus Eckstein, uitvoerend­e hoof van Bayer Suider-Afrika, produseer boere vandag danksy wetenskap en tegnologie die gesondste kos nóg.

“Die deursigtig­heid in die voedselpro­duksiestel­sel is só hoog dat jy aan standaarde moet voldoen vir die verbruiker wat wil weet of sy kos volhoubaar en gesond geprodusee­r word.”

Tafeldruiw­e kan byvoorbeel­d deesdae met behulp van die wetenskap só geprodusee­r

word dat dit weke lank per skip na ’n ander wêrelddeel vervoer en daar steeds verbruik kan word. Honderd jaar gelede was dit onmoontlik.

Eckstein het gesê wanneer ’n nuwe produk ontwikkel word, moet winsgewend­heid en volhoubaar­heid in balans bly. “Ons kyk na ’n nuwe produk se impak op die natuur, onder meer bye en water, maar ook wetenskapl­ik sodat die regte middels die gewas op die regte tyd bereik.”

Die tydsverloo­p van tegnologie­se ontwikkeli­ngs en die burokrasie met regulatori­ese prosesse is wel problemati­es.

Minnaar het gesê danksy beskikbare geneties gemodifise­erde organismes kan boere minder chemikalie­ë gebruik. “Ek gebruik deesdae minder plaagdoder­s as 15 jaar gelede. Ek stem saam, ons kos is nou veiliger as voorheen.”

Eckstein se antwoord op diegene wat glo dat kos voorheen veiliger was, is: “Wat doen jy om ’n groeiende wêreldbevo­lking te voed op dieselfde hoeveelhei­d grond? Jy produseer met meer ywer met minder, maar gesonder. Dit is presies wat ons doen. En hoekom sê ons so? Want jy kan nou meer en meer meet en wetenskap in die grond toepas deur die oë van ’n boer.”

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? NAMPO-KENNIS. Die paneellede, van links, mnr. Theo Venter, dr. Klaus Eckstein, mnre. Jaco Minnaar, Egon Zunckel en Kobus Meintjes in gesprek.
FOTO: LIZA BOHLMANN NAMPO-KENNIS. Die paneellede, van links, mnr. Theo Venter, dr. Klaus Eckstein, mnre. Jaco Minnaar, Egon Zunckel en Kobus Meintjes in gesprek.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa