Landbouweekblad

Strategie nodig om verspreidi­ng van stompkopke­wer te keer

- — MICHELLE VAN DER SPUY

AS niks gedoen word om die stompkopke­wer (Euwallacea fornicatus) te keer nie, kan 65 miljoen bome verlore gaan en die Suid-Afrikaanse ekonomie R275 miljard oor die volgende tien jaar verloor.

Navorsers aan die Universite­it Stellenbos­ch (US) en die Universite­it van Pretoria skryf in die Journal of Economic Entomology dat die insek reeds in agt van die nege provinsies van Suid-Afrika voorkom. Dit is die eerste keer in 2012 plaaslik opgemerk.

Dit is die grootste huidige uitbreking van hierdie indringerp­laag ter wêreld.

Die kewer het veral ’n impak op bome in stedelike gebiede.

Prof. Francois Roets, ’n ekoloog in die departemen­t bewaringse­kologie aan die US, sê ’n boomryke dorp soos Stellenbos­ch kan tot 20 000 van sy groot ou eike- en plataanbom­e verloor. Meer as 10 000 bome is reeds in Somerset-Wes besmet nadat die insek vier jaar gelede die eerste keer daar opgemerk is. Sommige bome vrek reeds.

“Ons het ’n nasionale beleid en gekoördine­erde strategie vir munisipali­teite nodig om die kewer in sy spore te stuit,” waarsku prof. Martin de Wit, ekonoom van die skool vir publieke leierskap aan die US.

Die insek verskyn nog nie op die regering se lys van uitheemse en indringers­pesies wat val onder Nasionale Omgewingsb­estuur: Wet op Biodiversi­teit (Wet 10 van 2004) nie.

“Dit maak dit vir munisipali­teite moeilik om doeltreffe­nd te reageer.”

’n Bietjie goeie nuus is dat die kewer nie op eie stoom vinnig kan versprei nie aangesien dit slegs kort afstande kan vlieg – van 500 m tot 2 km. Dit versprei dus hoofsaakli­k so vinnig in Suid-Afrika omdat mense hout oor munisipale en provinsial­e grense heen vervoer.

Daarom meen prof. Brian van Wilgen, ’n ekoloog van die departemen­t van wetenskap en innovasie en die nasionale navorsings­tigting se afdeling vir indringerb­iologie, die vrye

beweging van potensieel besmette plantmater­iaal, hout en -produkte moet beperk word.

Geen getoetste en goed

gekeurde insek- of swamdoder teen die kewer is al in Suid-Afrika geregistre­er nie.

 ?? FOTO: US ?? Die stompkopke­wer versprei tans vinnig.
FOTO: US Die stompkopke­wer versprei tans vinnig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa