Landbouweekblad

WÊRELDKLAS­ONDERRIG — nou oral beskikbaar

Dink net hoeveel die landbou oor die afgelope 100 jaar verander het. Slimtoeste­lle en dataontled­ing word gebruik, soos in die meeste ander bedrywe waar kinders in die toekoms gaan werk.

- NAVRAE: Inskrywing­s vir gr. 4-11 is nou oop. Gaan na www. moswereldw­yd.co.za/ vir nog inligting. MOS-leerders skryf in gr. 12 die IEB-eksamen.

DIE feit dat kinders steeds op dieselfde manier skoolgaan as in die verlede, het hulle aangespoor om Die MOS-stelsel vir toekomsger­eedheid te ontwikkel, sê mnr. Roedolf van der Westhuizen, uitvoerend­e hoof van Die MOS-Inisiatief.

As boere is een van die grootste voorregte die pragtige dele van Suid-Afrika wat ’n mens “kantoor’’ kan noem. Daar is byvoorbeel­d die subtropies­e vrugtebedr­yf in die Laeveld, die lang gras van die Bosveld se wild- en gewasboerd­erye, of Witrivier se tropiese vrugte, makadamian­eute en groente.

Histories sou dit egter gereeld vir boerefamil­ies nodig wees om hul kinders na kosskole in omliggende stede te stuur om gehalteond­errig en -opvoeding te verseker. Daardie dae is verby – met MOS-Wêreldwyd, Suid-Afrika se Afrikaanse aanlyn tuisskool van die toekoms, kan kinders nou in die gemak van hul ouerhuis topgehalte-onderrrig ontvang.

Die MOS-Wêreldwyd-stelsel, as deel van Die MOS-Inisiatief, is gegrond op die jongste internasio­nale navorsing. Die stelsel beklemtoon die volgende bevoegdhed­e: kritiese denke, kreatiwite­it, kommunikas­ie, saamwerk, burgerskap en karakterbo­u. Die klem is dus nie op ’n spesifieke uitkoms nie, maar om deur hierdie vaardighed­e voorbereid en toegerus te wees vir ’n onseker toekoms.

Die gebruik van tegnologie binne die MOS-model is sentraal tot sy sukses. Van der Westhuizen beklemtoon dat die tradisione­le wyse waarop onderrig steeds in die meeste skole plaasvind, nie voldoende is vir die wêreld waarin kinders eendag moet funksionee­r nie.

MOS-Wêreldwyd-leerders het slegs ’n rekenaar, ’n goeie internetve­rbinding en ’n rekenaarka­mera (vir groepswerk en kontaksess­ies) nodig om deel te word. Leerders werk op hul eie tyd en teen hul eie pas, maar het toegang tot leerbestuu­rders en vakkundige­s indien hulp benodig word. MOS-Wêreldwyd moedig leerders ook aan om by mekaar te leer voordat personeel noodwendig gekonsulte­er word.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa