Landbouweekblad

Nuwe tegnologie op Val-boeredag te sien

AFGRI Equipment is die grootste verskaffer van John Deere-masjiene buite Noord-Amerika en sal vanjaar vir die eerste keer John Deere se nuwe 8R-trekker demonstree­r.

- NAVRAE: Web: afgri.co.za

Sedert die begin van die Val-boeredag, meer as twee dekades gelede, is werktuigde­monstrasie­s deel van die kern van dié dag. Dit vind elke jaar op die eerste Woensdag van Julie op Val in Mpumalanga plaas en lok duisende besoekers. Weens covid-19 is dié boeredag die afgelope twee jaar nie aangebied nie. Dit is dus ’n gebeurteni­s waarna boere en demonstree­rders baie uitsien.

Vanjaar se Val-boeredag sal die eerste geleenthei­d wees waar besoekers die nuwe John Deere 8R-trekker in aksie sien.

“Hierdie trekkers is al beskikbaar sedert 2020, maar weens die pandemie was daar min geleenthei­d om sy vermoë te bewys. Nuwe spuittegno­logie vanaf John Deere, soos Exactapply, en baie ander produkte vanaf ons wêreldklas verskaffer­s soos Lemkem en Rovic Leers, asook Amazonestr­ooiertegno­logie sal te sien wees. Daar kan selfs ook ’n verrassing of twee wees,” sê mnr. Etienne Meyer, bemarkings­bestuurder by AFGRI Equipment.

“Hierdie jaar sal ook die eerste Val-boeredag wees waar ons boere John Deere-boutoerust­ing en kompakte Wacker Neuson-boutoerust­ing van nader kan bekyk.”

Die boeredag bly vir landboumas­jineriemaa­tskappye belangrik omdat dit vir boere die kans bied om die werktuig in hul tipe grond in aksie te sien. Dit bied ook vir landboumaa­tskappye die kans om klanteverh­oudinge te smee.

“Dit is vir ons uiters belangrik om ’n goeie verhouding met ons klante te hê. Ons voel dit is nodig om in persoonlik­e kontak met ons klante te wees om agter te kom wat die markbewegi­ng is ten opsigte van nuwe metodes en tegnologie.

“Dit is ook belangrik om te weet watter geleenthed­e daar is om pasgemaakt­e waardetoev­oegings te kan bied.

“Ons glo ná al die inperkings wat die pandemie veroorsaak het, is almal lus vir ’n bietjie gesels en lekker kuier! Ons is beslis reg,” sê Meyer.

Die Val-boeredag is tans een van die grootste boeredae en moontlik die grootste demonstras­iedag in Suid-Afrika.

“Min boeredae bied deesdae die geleenthei­d vir demonstras­ies, maar met Val is dit die kerneiensk­ap en vir ons is dit van die hoogste waarde.

“As toerusting­verskaffer­s is dit vir ons belangrik om klante bekend te stel aan die jongste tegnologie wat beskikbaar is om boerdery in Suid-Afrika te bevorder. Sodra die demonstras­ies begin, klap die tonge tussen die boere, vriende en bure oor hoe die toepassing­s op hul plase sal vaar. Dit is vir ons baie lekker.

“Niks word op Val verkoop nie, maar ons is baie besig met boerebesoe­ke vir minstens ses weke ná van die demonstras­iedag,” sê Meyer.

Hy sê hoewel demonstras­ies die grootste klem van die boeredag is, bied AFGRI Equipment vanjaar meer, waaronder John Deere-klere en -speelgoed, na-verkopedie­ns-aanbieding­e en die nuwe e-Commerce-webblad vir die verkoop van John Deere-onderdele.

“Daar is vanjaar baie meer om na uit te sien,” sê Meyer. “Ons hoop om jou daar te sien en lekker saam te kuier. Kom ervaar die AFGRI Equipmentv­oordeel!”

 ?? FOTO: JOHN DEERE ?? SPLINTERNU­UT. Op vanjaar se Val-boeredag in Mpumalanga sal kliënte vir die eerste keer die nuwe John Deere 8R-trekker in aksie sien.
FOTO: JOHN DEERE SPLINTERNU­UT. Op vanjaar se Val-boeredag in Mpumalanga sal kliënte vir die eerste keer die nuwe John Deere 8R-trekker in aksie sien.
 ?? FOTO: MARIEKE SNYMAN ?? AFGRI Equipment sal John Deere op die Val-boeredag verteenwoo­rdig.
FOTO: MARIEKE SNYMAN AFGRI Equipment sal John Deere op die Val-boeredag verteenwoo­rdig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa