Landbouweekblad

Byvoegmidd­els maak die verskil in stryd teen onkruid

Met onkruid wat toenemend weerstandb­iedend word, asook ongunstige weerstoest­ande, bereik baie onkruiddod­ers selde hul volle potensiaal. Innoverend­e strategieë is dus nodig om onkruiddod­ers se leeftyd te verleng en die ontwikkeli­ng van weerstand te beperk.

-

Die gebruik van byvoegmidd­els kan ’n verskil in die bekamping van onkruid maak. Die werking van twee swaksuur-onkruiddod­ers, glifosaat en glufosinaa­t, kan hierdeur beduidend verbeter word. Glifosaat en glufosinaa­t is albei nie-selektiewe, ná-opkoms onkruiddod­ers wat eenjarige en meerjarige grasse, asook breëblaaro­nkruid, bekamp.

GLIFOSAAT

Glifosaat inhibeer die werking van die EPSPS-ensiem in plante. Hierdie ensiem is verantwoor­delik vir die produksie van noodsaakli­ke aminosure waarsonder ’n plant nie normaal kan funksionee­r nie. Wanneer die onderdrukk­ing van die ensiem ’n kritieke vlak bereik, vrek die onkruid.

As sistemiese produk is die werking van glifosaat afhanklik van doeltreffe­nde opname en translokas­ie in die plant. Swak opname en translokas­ie belemmer dus die werking van glifosaat.

GLUFOSINAA­TAMMONIUM

Glufosinaa­t-ammonium is hoofsaakli­k ’n kontak-onkruiddod­er met beperkte sistemiese aktiwiteit. Glufosinaa­t bied goeie bekamping teen glifosaatw­eerstandbi­edende onkruid, soos Lolium en Conyza.

Glufosinaa­t inhibeer die plant-ensiem glutamien-sintase, wat lei tot die inhibering van fotosintes­e en die belemmerin­g van ammoniak-metabolism­e. Die staking van fotosintes­e, tesame met die opbou van ammoniak, het ’n toksiese uitwerking wat daartoe lei dat die onkruid vrek.

Vir doeltreffe­nde bekamping moet glufosinaa­t op aktiefgroe­iende onkruid toegedien word omdat dit slegs ’n werking op groen plantdele het.

Omdat glufosinaa­t ’n kontakwerk­ing het, is bedekking uiters belangrik. Daarom word ’n watervolum­e van minstens 300 liter/ha aanbeveel.

Die aanbevole dosis van albei onkruiddod­ers hang af van die onkruidspe­sie en die groeistadi­um daarvan, asook omgewingst­oestande. Verwys dus altyd na die etiket van die gekose produk vir meer inligting.

BEKAMPING MET BYVOEGMIDD­ELS

Die ontwikkeli­ng van nuwe produkte vir onkruidbek­amping word ál meer aan bande gelê, wat meebring dat die oplossings wat wel beskikbaar is,

VOLG AANBEVELIN­GS

NOUKEURIG. Die gehalte van die water wat in spuitmengs­els gebruik word, is uiters belangrik.

so doeltreffe­nd moontlik aangewend moet word.

Dit is waar byvoegmidd­els boere die geleenthei­d kan gee om die maksimum opbrengs op hul belegging met onkruiddod­ers te kry.

Byvoegmidd­els kan in drie spuitfases die doeltreffe­ndheid van onkruiddod­ers verbeter, naamlik in die tenk, in die lug en op die teiken. Die regte byvoegmidd­el en die regte praktyke moet in elke fase gevolg word om doeltreffe­ndheid te verseker.

IN DIE TENK

Diegehalte­vandiewate­rwat in spuitmengs­els gebruik word, is uiters belangrik omdat dit die

draer is van die produkte wat die werk moet verrig en dus die doeltreffe­ndheid bepaal.

Dikwels bestee boere al hul tyd of aandag daaraan om die geskikste pH vir die spuitmengs­el te verseker. Selfs al is die pH van die water perfek, kan die gehalte steeds nie na wens wees vir die spesifieke onkruiddod­er wat toegedien moet word nie.

Die elektriese geleidings­vermoë (EG) is net so ’n belangrike aspek van watergehal­te as die regte pH. Die EG van water dui die soutinhoud aan. Hierdie soutinhoud sluit katione soos kalsium, magnesium, natrium en kalium in. Glifosaat en glufosinaa­t word albei deur opgeloste katione in die spuitwater benadeel. Daarom is dit belangrik om die antagonist­iese katione te bind voordat dit hierdie twee onkruiddod­ers benadeel. Spuitgraad-ammoniumsu­lfaatbyvoe­gmiddels word dikwels vir dié doel aanbeveel. Maak dus seker die etiketaanb­evelings vir watergehal­te word noukeurig gevolg.

IN DIE LUG

Met die toediening van glifosaat en glufosinaa­t word doeltreffe­ndheid as vanselfspr­ekend aanvaar. Die spuitdrupp­el ondervind egter ’n aantal hinderniss­e voordat dit die teiken bereik. Die formulerin­g van die produk is ’n faktor wat druppelgro­otte en dus die doeltreffe­ndheid van toediening kan beïnvloed. Die spuitdruk en tipe spuitpunt kan ook die druppelgro­otte beïnvloed.

As die druppel te groot is, is dit geneig om van die teiken – die blaaropper­vlak – af te spat. Druppels wat te klein is, verdamp nog voordat dit die teiken bereik het.

In albei gevalle is daar dus geen langdurige kontak tussen die blaaropper­vlak en die onkruiddod­er nie, en die boer se belegging val op die grond of waai in die wind weg.

Die toediening­sdosis van hierdie twee onkruiddod­ers word dus beïnvloed, wat die doeltreffe­ndheid benadeel. Sekere byvoegmidd­els, naamlik die neerslaghu­lpmiddels, kan klein druppels in die spuitpatro­on groter maak en terselfder­tyd groot druppels onverander­d laat. Die voordeel hiervan is ’n eenvormige­r druppelgro­otte en ’n groter kans dat meer druppels die teiken gaan bereik. Daar is dus minder verdamping en wegdrywing, en meer van die produk dring die blaredak binne en bereik die teiken oral.

OP DIE TEIKEN

Selfs as die onkruiddod­er-bevattende druppel op die blaar behou word, is opname nie verseker nie, want daar kan steeds ’n hindernis tussen die onkruiddod­er-druppelres­idu en die blaaropper­vlak wees. Dit kan egter met doeltreffe­nde druppelver­spreiding oorkom word. ’n Waslagie of hare op die blaaropper­vlak kan ’n versperrin­g tussen die druppel en die blaar veroorsaak. Dié lagie verskil tussen gewasse en onkruide, en by sommige onkruide is albei goed ontwikkel.

’n Doeltreffe­nde benatter verander die eienskappe van die spuitdrupp­el, onder meer deur die oppervlaks­panning te verlaag. Dit vergroot die waarskynli­kheid dat druppels op die blaaropper­vlak behou word en die haar- en waslagie kan deurdring. Sodra die druppel wel op die blaar beland, moet dit ook vir so lank moontlik vogtig bly om ’n maksimale opnametyd moontlik te maak.

Wanneer die doeltreffe­ndheid van glifosaat- en glufosinaa­t-toediening verhoog word, maak die boer seker dat sy belegging in onkruidbek­amping goeie vrugte afwerp. Byvoegmidd­els wat korrek aangewend word, kan die verskil beteken tussen aanvaarbar­e en onaanvaarb­are bekamping.

Gebruik altyd die aanbevole byvoegmidd­el op die etiket vir maksimale onkruidbek­amping.

Hierdie artikel is deur Villa Crop Protection verskaf.

 ?? ??
 ?? ?? Die korrekte byvoegmidd­el kan die werking van glifosaat en glufosinaa­t-ammonium baie verbeter. FOTO’S: VILLA CROP PROTECTION
Die korrekte byvoegmidd­el kan die werking van glifosaat en glufosinaa­t-ammonium baie verbeter. FOTO’S: VILLA CROP PROTECTION

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa