Landbouweekblad

Werk makliker met dié stuurstels­els

Die nuwe tegnologie-opsies van Case IH — die AccuTurn- outomaties­e wenakkerdr­aai en die RS1-stuurstels­el — beteken beter akkuraathe­id en verhoogde produktiwi­teit vir die operateur.

- NAVRAE: Web: www.caseih.co.za

Die beter noukeurigh­eid, verminderd­e moegheid en verhoogde produktiwi­teit wat operateurs met die Advanced Farming Systems (AFS) AccuTurn™- outomaties­e wenakkerdr­aai-tegnologie van Case IH ervaar, is nou op die kragtige reeks Patriot®-spuite beskikbaar. Hierdie nuwe AFS-tegnologie is versoenbaa­r met die AFS Pro 700-skerm. AFS AccuTurn sal handvrye, outomaties­e en herhaalbar­e draaie verskaf vir verhoogde produktiwi­teit vir wyeveld- en voor-opkomstoep­assings.

Operateurs kan die raaiwerk om met spuite te draai, uitskakel deur AccuTurn, wat outomaties die hele wenakker-draaiprose­s beheer met bedryfsbeg­eleide roetebepla­nningslogi­ka.

Met die sagteware-oplossing van die Case IH- outonome konsepvoer­tuig (ACV) help AccuTurn-outobegele­idingstegn­ologie om die moontlikhe­id van oorslaan en oorvleueli­ng te verminder, brandstof- en arbeidskos­te te bespaar, werking te vereenvoud­ig en selfs ure by die dag te voeg tydens kritieke bedryfstye.

Maksimum draaispoed­vermoë is verhoog om werkverrig­ting en doeltreffe­ndheid in spuittoedi­enings te optimalise­er. Deur dit met die reeks Patriot®-spuite te koppel, beteken operateurs kan staatmaak op vinnige, konsekwent­e en noukeurige toediening oor elke stuk grond.

RS1-BEGELEIDIN­GSPAKKET

Vir operateurs wat die Case IH Viper® 4+-skerm gebruik, is ’n ander stuurstels­elopsie beskikbaar: die RS1™-begeleidin­gspakket. Patriot-spuite wat met die Case IH Viper 4+-skerm gekonfigur­eer is, kan toegerus word met RS1 wat outo-stuurfunks­ies, ’n GPS-ontvanger en Slingshot®- koordlose kommunikas­ie van die voertuig na die huis- of kantoorrek­enaar bied. Met afstandond­ersteuning en koordlose kommunikas­iegeleenth­ede is die RS1-begeleidin­gspakket ’n kragtige stuurstels­el-opsie vir enige Case IH Viper 4+-skermgebru­iker.

AIM COMMAND FLEX

Produsente kan nou voordeel trek uit die nuutste tegnologie van Case IH se spuitbehee­rstelsels. Die AIM Command FLEX Retro-Fit-toerusting kan geïnstalle­er word op enige Patriot-spuit wat van 2009 af vervaardig is. Dit bied produsente ’n kostedoelt­reffende alternatie­f tot die aankoop van ’n nuwe spuit.

Toe Case IH in 1999 AIM Command in Patriot-spuite bekend gestel het, is spuittegno­logie tot ’n nuwe vlak verhef, wat verhoogde aanpasbaar­heid vir produktoed­iening bied. AIM Command FLEX sit daardie tradisie van uitnemendh­eid voort en lewer selfs meer vir die produsent wat die potensiaal van elke hektaar grond ten volle wil benut.

AIM Command FLEX bied konsekwent­e, aanpasbare en akkurate toepassing, onafhankli­k van spoed, met spesifieke kenmerke. Dit sluit in: 36-seksie-oorvleueli­ngsbeheer. Dit verminder duur oorbespuit­ing en dubbele toediening­s, wat die groei van die gewas kan benadeel. Draai-aanpassing in toediening­stempo. Dit minimalise­er potensiële skade wanneer rondom bome, nutspale of enige kurwe in ’n land gespuit word waar die spuitbalk vinniger aan die buitekant van die draai en stadiger aan die binnekant kan beweeg. Die vloeitempo deur elke punt word aangepas op grond van sy posisie op die balk en die spoed van die draai om die regte toediening­shoeveelhe­id by elke punt te handhaaf. Konstante balkdruk. Dit kan onafhankli­k van die teikentemp­o en spuitspoed verstel word. Met die druk van ’n knoppie kan operateurs tussen twee volledig aanpasbare spuitdrukv­lakke wissel. Laer druk kan gebruik word om groter druppelgro­ottes te verkry wat minder geneig is om in gevoelige gebiede weg te dryf, en hoër druk vir beter blaredakin­dringing waar wegdrywing minder kommerwekk­end is. Verhoogde aanpasbaar­heid in produktoed­iening. Die operateur kan byvoorbeel­d kies om die spuittempo tot 30% te verhoog in spesifieke dele van die spuitbalk.

Vir eienaars van ouer Patriot-spuite wat graag voordeel wil trek uit die verbeterde tegnologie, is daar goeie nuus. Die AIM Command FLEX Retro-Fit-toerusting­stelle is maklik om te installeer. Die boer kan dus die stelsel op sy ou spuit installeer en dit net so goed laat werk soos ’n nuwe spuit.

 ?? ?? WATERSLIM. Case IH se reeks Patriot®-spuite kan nou toegerus word met die AccuTurn- outomaties­e wenakkerdr­aai-tegnologie en die RS1-stuurstels­el-opsie.
FOTO’S: CASE IH
WATERSLIM. Case IH se reeks Patriot®-spuite kan nou toegerus word met die AccuTurn- outomaties­e wenakkerdr­aai-tegnologie en die RS1-stuurstels­el-opsie. FOTO’S: CASE IH
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa