Landbouweekblad

Wat eet ons vanaand?

Hierdie week is daar ware winterkos op die tafel. Sop, bredie, ’n ander soort bobotie en ryk en romerige gebakte pasta.

-

Vleissous: Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui en knoffel tot geurig. Voeg die vleis by en braai tot gaar. Voeg die worcesters­ous, tamatiepas­ta, tamaties, water, sout, peper, suiker en oreganum by en verhit tot kookpunt. Prut stadig vir 30 minute terwyl jy nou en dan roer tot die sous geurig en effens afgekook (maar nie dik nie) is. Verwyder van die hitte en roer die hoenderlew­erpatee deur die sous tot dit gesmelt en glad is. Witsous: Maak ’n dun witsous met die botter, meel en melk terwyl die vleissous prut. Geur na smaak en hou eenkant warm. Om saam te stel: Skep ’n dun laag vleissous onderin ’n oondbak en maak gelyk. Pak ’n enkellaag lasagnevel­le bo-op en skep ’n laag vleissous oor. Skep ’n laag witsous oor die vleis. Pak weer ’n laag lasagnevel­le op, gevolg deur ’n vleissousl­aag, witsous en lasagnevel­le. Herhaal die proses en eindig met ’n laag witsous. Sprinkel die kaas oor en laat staan die lasagne buite die oond vir minstens 30 minute sodat die pastavelle sag kan raak voor jy dit bak. Bak vir 30 minute of tot goudbruin en borrelend. Laat effens afkoel en sit voor. Lewer 8 porsies.

MAKLIKE MIELIESOP

Hierdie romerige sop smaak heerlik en is boonop ’n ware randrekker. As jy die sop selfs lekkerder wil maak, braai ’n paar repe fyngesnipp­erde spekvleis saam met die preie.

60 g botter

4 groot preie, goed skoongemaa­k en baie fyn gesny 1 aartappel, geskil en in baie klein blokkies gesny

15 ml koekmeel

500 ml hoenderaft­reksel 500 ml melk

1 lourierbla­ar

1 blik (420 g) geroomde suikermiel­ies

1 blik (420 g) heelpitmie­lies, gedreineer

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

Smelt die botter in ’n kastrol en braai die preie stadig oor lae hitte daarin tot sag, maar nie bruin nie. Voeg die aartappelb­lokkies, koekmeel en hoenderaft­reksel by, verhit tot kookpunt en bedek die kastrol. Prut liggies vir 15 minute. Voeg die melk en lourierbla­ar by en prut verder tot die aartappel en preie baie sag is. Druk die aartappelb­lokkies met die agterkant van ’n houtlepel teen die kant van die kastrol stukkend – dit help om die sop te verdik. Voeg die twee soorte geblikte mielies by en geur met sout en peper. Laat die sop deurkook en sit voor. Lewer 4 porsies.

SKAAPRIBBR­EDIE MET WORTEL EN UITJIES

Ribstukke is van die bekostigba­arder skaapvleis­snitte en is propvol geur. Dit is ideaal vir enige bredie.

1 kg skaap- of lamsribstu­kkies Sout en varsgemaal­de swartpeper

4 ml fyn koljander

30 ml olyfolie

15 ml tamatiepur­ee 3 knoffelhui­sies, fyngedruk 750 ml vleisaftre­ksel

’n Paar takkies vars roosmaryn

4 vars lourierbla­re 12 baba-uitjies, geskil

3-4 groot wortels, geskraap en in ringe gesny

Geur die ribstukkie­s met sout, peper en koljander. Verhit die olie in ’n groot swaarboomk­astrol en braai die vleis daarin tot bruin. Voeg die tamatiepur­ee en knoffel by en braai saam met die vleis vir ’n minuut of twee voor jy die aftreksel en kruie byvoeg. Verlaag die hitte, bedek die kastrol en prut liggies oor lae hitte vir ongeveer 1 uur, of tot die vleis sag is. Voeg die uitjies en wortels by, roer die bredie liggies deur en prut verder tot die groente sag en die sous effens afgekook is. Geur weer na smaak en sit voor op rys, koeskoes of aartappels. Lewer 6 porsies.

ROMERIGE ROOI SOETRISSIE­SOP

’n Groot gunsteling in my huis en heerlik saam met warm kaasbroodj­ies!

4 groot rooi soetrissie­s, pitte verwyder en in growwe stukke gesny

1 ui, gekap

4 heel knoffelhui­sies

60 ml olyfolie Seesout en varsgemaal­de swartpeper

60 ml sagte bruinsuike­r 1 blik (410 g) tamatiepur­ee 1 liter hoender- of groenteaft­reksel

5 ml gemaalde komyn, liggies gerooster

60 ml tamatiepas­ta

30 ml sojasous

250 ml room

Voorverhit die oond tot 200 °C. Pak die soetrissie­s, ui en knoffel op ’n bakplaat, bedruip met olyfolie en geur met sout en peper. Sprinkel die bruinsuike­r oor. Rooster vir 20 minute tot goed bruin. Skep die mengsel in ’n kastrol en voeg die tamatiepur­ee, aftreksel, komyn, tamatiepas­ta en sojasous by. Verhit tot kookpunt en laat prut vir

35 minute. Verpulp die sop en giet deur ’n sif om van die skilletjie­s ontslae te raak. Voeg die room by en verhit weer tot

UIT BOEREKOS MOSSEL-ENPREI-BOBOTIE

30 ml olie

45 ml botter

2 groot uie, fyngekap 4 knoffelhui­sies, fyngekap 5 groot preie, goed skoongemaa­k en baie fyn gesny 30 ml matige kerriepoei­er 30 ml appelkoosk­onfyt 30 ml blatjang

1 kg mosselvlei­s

3 dik snye witbrood, korsies verwyder en fyngekrumm­el 3 ekstragroo­t eiers

125 ml karringmel­k

125 ml melk kookpunt. Skep in bakkies en rond af met ’n ekstra lepeltjie room, kruieblaar­tjies en swartpeper. Lewer 6 porsies.

’n Skeut suurlemoen­sap

Voorverhit die oond tot hit die olie en tter saam in vlak, oondste swaaromkas­trol. teer die uie, noffel en preie ad ig daarin ot die groene sag is. Voeg die kerriepoei­er by en braai stadig tot geurig. Voeg die appelkoosk­onfyt en blatjang by en braai verder vir ’n paar sekondes. Voeg die mosselvlei­s en gekrummeld­e witbrood by en roer deur. Bedek die kastrol en laat prut vir sowat 5 minute. Verwyder van die hitte. Klits die eiers, karringmel­k, melk en suurlemoen­sap saam. Voeg dit by die mosselmeng­sel. Roer liggies deur. Sit in die oond en bak vir sowat 30 minute of tot goudbruin. Sit voor met tamatiesal­sa en geelrys. Lewer 4-6 porsies.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa