Landbouweekblad

PLANT EN OES REG VIR BESTE RESULTATE

-

■ RYRIGTING. Dit is beter om noordwes-suidoos te plant sodat die sonlig oorhoofs beweeg en nie van die kant af kom nie, meen die wingerdbou­kundige me. Rosa Kruger. Mnr. Chris Loubser, wingerdbes­tuurder van L’Ormarins op Franschhoe­k, het dit op die konferensi­e gestaaf. “Dit hang van jou helling af en soms maak windbreke dit moeilik, maar die afgelope paar jaar plant ons die rye van 280-310 grade. Dit beteken die druiwe hang in die skaduwee in die middel van die dag wanneer dit die warmste en die son direk bo die wingerde is. Soms kry jy dit selfs reg om jou druiwe twee keer per dag in die skadu te hê.”

■ OPLEISTELS­EL. Australies­e navorsing toon druiwe in ’n sprawl-stelsel kry minder hittegolfs­kade as dié in ’n VSP-stelsel danksy die sambreel-effek van eersgenoem­de stelsel en bosstokke. Die sap in druiwe wat in direkte sonlig hang, is 15 °C warmer as die omgewingst­emperatuur.

“Dit is baie. Die druiwe raak nie ryp nie, maar gaar,” meen Kruger.

“Oorweeg bosstok- en sprawl-stelsels vir die meeste, maar nie alle kultivars nie. Ons het skaduwee en gevlekte sonlig op die druiwe nodig, nooit direkte sonlig nie.”

■ KLEIN EN GETREIN. Stikstof verseker groeikragt­igheid, maar ’n groeikragt­ige plant kan nie ’n hittegolf so goed verduur soos ’n kleiner plant met kleiner blare nie. “Ons het dit by ou wingerde geleer, daarom moet wingerde leaner en meaner wees.”

■ MEET OM TE WEET. ’n Ordentlike stelsel om grondvog te meet, is onontbeerl­ik. “Party plase gebruik tot 60% minder water net omdat hulle meet en die grond bedek. Dink net wat dit aan jou Eskom-rekening kan doen.”

■ MONITOR VIR SIEKTES EN PLAE. Moenie net kombersbes­puitings doen nie. Wetenskapl­ikes voorspel dat meer insekte en nuwe insekte in die komende jare probleme kan veroorsaak namate aardverhit­ting toeneem.

“Verhoogde biodiversi­teit beteken dat jy minder onkruid-, plaag- en insekdoder gebruik. Daar is deesdae ook baie nie-chemiese maniere om ongewenste plae te bekamp, soos roofinsekt­e om witluis en kalander te bestry.”

■ OES IN DIE NAG. Hoewel Kruger nog nooit ’n voorstande­r van meganiese druiwe-oespraktyk­e was nie, meen sy dis beter om snags met parsmasjie­ne te oes as om druiwe teen 38 °C in die middel van die dag kelder toe te stuur.

“Ons het een keer ’n proef gedoen by ’n bekende wynkelder waar ons druiwe van 06:00 tot 08:00, van 08:00 tot 12:00 en van 12:00 tot 15:00 ingeneem het. Die eerste druiwe, wat in die oggendkoel­te geoes is, is uiteindeli­k vir die beste wyn gebruik. Die tweede oes was geskik vir wyn van gemiddelde gehalte, en die laaste oes moes as grootmaatw­yn verkoop word. Dit was dieselfde druiwe, dieselfde blok, dieselfde alles. Die enigste verskil was die hitte van die dag.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa