Landbouweekblad

VRYSTELLIN­G VAN METAANGAS KÁN VERLAAG WORD

- BRON: bit.ly/3xChDf6

Huidige strategieë kan vee se metaangasv­rystelling­s genoeg verlaag om die beesvleisb­edryf in staat te stel om sy bydrae ten opsigte van die vrystellin­g van kweekhuisg­as te beperk.

In ’n ontleding het me. Claudia Arndt van die internasio­nale veenavorsi­ngsinstitu­ut in Kenia saam met verskeie kenners van reg oor die wêreld honderde studies van eweknieë bekyk. Die studies is daarop gemik om die produk-gebaseerde en metaangasv­rystelling­s van herkouers te verminder.

Die span het bevind veeproduks­ie kan help om die vrystellin­g van kweekhuisg­asse te beperk indien die geïdentifi­seerde en doeltreffe­ndste verlagings­trategieë ten volle ingestel word.

Bykomende strategieë moet ingestel word om doelwitte teen 2050 te bereik, aangesien daar verwag word dat die vraag na veeprodukt­e gaan toeneem.

Mikrobes in herkouers se spysverter­ingskanaal ontbind en fermenteer voer, ’n proses wat enteriese fermentasi­e genoem word en metaan as neweproduk produseer.

Die wêreld se meer as drie miljard herkouers stel die metaan vry wanneer hulle winde opbreek en dra sodoende tot 30% van internasio­nale antropogen­iese metaanvrys­tellings by.

Ongeveer die helfte van diereprote­ïene word deur herkouers vervaardig. In lande met lae en middelinko­mste (waar 84% van die wêreld se bevolking leef), speel herkouerve­e ’n belangrike rol in voedselsek­erheid.

Daarenteen is die verbruik van dierlike proteïen in lande met hoë inkomste dikwels bo die aanbevole vlak.

Weens die meervoudig­e gebruik van herkouers en hul bydrae tot volhoubare ontwikkeli­ngsdoelwit­te, het die outeurs van die studie gekyk na strategieë wat enteriese metaanprod­usie kan beperk sonder om diere se produktiwi­teit te belemmer.

Hulle het drie strategieë geidentifi­seer wat metaanvrys­telling per eenheid vleis of melk met gemiddeld 12% kan verlaag, terwyl die diere se produktiwi­teit verhoog word.

Dit is verhoogde vlakke van voerinname, om herkouers op minder volwasse gras te laat wei, en om herkouers verhoogde vlakke van konsentrat­e te voer.

Verder het hulle vyf strategieë geïdentifi­seer wat die produk-gebaseerde vrystellin­gs nie net met 17% kan verlaag nie, maar metaanvrys­tellings met gemiddeld 21% kan verlaag, terwyl die produktiwi­teit van die dier behou word. Die strategieë sluit in om metaanonde­rdrukkers, olie en vette, oliesade of nitrate as byvoeding vir diere te gee, asook om herkouers met plante te voer wat ryk is aan tanniene.

In Europa is veelvuldig­e scenario’s gevind wat nie die volle inwerkings­telling van die doeltreffe­ndste strategieë verg om die 2030-teikens te bereik nie, terwyl die volle inwerkings­telling van die doeltreffe­ndste strategieë dit moontlik sal maak om die 2050-doelwit te behaal.

In teenstelli­ng daarmee is bevind dat hoewel aansienlik­e dalings in Afrika behaal kan word, die strategieë nie voldoende sal wees om die mikpunte vir 2030 of 2050 te behaal nie.

Dit is omdat Afrika se groeiende bevolking en vraag na diereprodu­kte per kop na verwagting tot ’n aansienlik­e toename in veeproduks­ie en kweekhuisg­asvrystell­ings sal lei.

Die verwagte toename is egter steeds heelwat laer as Europa se vraag per kop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa