Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

-

LIG IN DIÉ TONNEL?

Die staat en nasionale dieregeson­dheidsforu­m stem saam dat samewerkin­g met en die betrokkenh­eid van die private sektor nodig is om die tekort aan noodsaakli­ke, strategies­e entstowwe uit die weg te ruim, dat kuddeimmun­iteit reeds benadeel is en dat onmiddelli­ke optrede nodig is. Die forum en departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng sê in ’n gesamentli­ke verklaring hulle het ooreengeko­m dat wetgewing hersien sal word om die private sektor betrokke te kry.

SIKLONE BROEI

Tropiese stormaktiw­iteit en selfs siklone kan in die komende twee maande ontwikkel in die lig van stygende temperatur­e in die westelike Indiese Oseaan. Die hoër temperatur­e lei tot die ontstaan van tropiese laagdrukst­elsels rondom Madagaskar en die Mosambiekk­anaal, volgens mnr. Johan van den Berg, landbouwee­rkundige. “Omdat die hoogtepunt van die tropiese-sikloonsei­soen rondom Februarie en Maart is, is die kans baie goed dat tropiese stormaktiw­iteit en selfs siklone in die komende twee maande kan ont

wikkel. Dít kan bydra tot toestande van ondergemid­delde reënval oor die suidelike dele van Afrika en vloede oor Oos-Afrika.”

BENOUDE SPRONGE

Die internasio­nale eierkommis­sie (IEC) en internasio­nale pluimveeko­mmissie (IPC) het onlangs ’n beroep op die internasio­nale bedryf en regerings gedoen om inenting teen hoogs aansteekli­ke voëlgriep toe te laat en ook stappe te doen om die risiko te versag van handelsver­sperrings wat daaruit voortvloei. Dit kom

nadat die siekte sedert vroeg 2022 onverwagse patrone begin volg het, berig Poultry World.

Dit was tot in 2004 ’n hoogs ongewone verskynsel, maar sedert 2014 ’n jaarlikse verskynsel. In die 2021-’22-seisoen het die grootste epidemie nóg in Europa voorgekom.

SIDER-AFGUNS

Die rede hoekom Suid-Afrikaanse Brouerye skop teen ’n belangrike voorwaarde vir die samesmelti­ng van die drankmaats­kappye Distell en

Heineken is omdat hy eintlik hul winsgewend­e siderhande­lsmerke Hunter’s en Savanna wil hê. Só berig Netwerk24 oor ’n bespreking van dié samesmelti­ng voor die Mededingin­gstribunaa­l verlede maand. Ingevolge die samesmelti­ngsvoorwaa­rdes moet Distell en Heineken van die Strongbow-siderhande­lsmerk ontslae raak, maar SAB stel nie daarin belang nie weens Strongbow se klein markaandee­l.

KLIMAAT-KOMMER

Soos in 2022 word verwag dat die klimaat vanjaar weer ’n groot faktor in kommoditei­tspryse sal wees, sê The Economist se invloedryk­e intelligen­sie-eenheid. Koringprod­uksie in Noord-Amerika en Europa het swaar gely onder die versengend­e hitte, en weens klimaatsve­randering kom katastrofi­ese weergebeur­tenisse al hoe meer voor. ’n Derde agtereenvo­lgende jaar van La Niña gaan nadelig wees vir mielie- en sojaboonpr­oduksie in die Europese Unie in die eerste helfte van die jaar, tesame met ander belangrike landboukom­moditeite soos suiker en koffie. Hoë aardgaspry­se weens die oorlog in Oekraïne is nadelig vir nywerheids­uitsette.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa