Landbouweekblad

Wysigings van regulasies vereis navorsing

Belanghebb­endes in die graanbedry­f kon nie konsensus bereik oor veranderin­ge aan die mielie graderings regulasies nie. Gevolglik bly die regulasies onverander­d.

-

Die departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng het ’n versoek ontvang om die mielie graderings regulasies te wysig. Die bedryf s verteenwoo­rdigers, soos Graan SA, Agbiz Grain, die NCM, Sacota en Afma, is versoek om teen einde November 2022 kommentaar op die voorgestel­de wysigings in te dien. Die departemen­t het op 17 Januarie 2023 met die belanghebb­endes vergader. Hulle kon nie konsensus oor die wysigings bereik nie.

Daar is onsekerhei­d of die navorsing voldoende is om die voorgestel­de wysigings te ondersteun en die gebrek aan konsensus het die besluit van die departemen­t bepaal. Klem is daarop gelê dat wetgewing verbruiker­s se voedsel veiligheid vooropstel. Enige voorgestel­de wysigings van ’n graderings­faktor wat die voorkoms van mikotoksie­ne kan verhoog, word onder die vergrootgl­as geplaas. Die opbergings­ektor het die volgende kommentaar op die voorgestel­de wysigings ingedien.

GEBREKKIGE PITTE

Die definisie van gebrekkige mieliepitt­e moet as volg gewysig word: Gebrekkige pitte is pitte wat verskrompe­l, duidelik onvolwasse, rypbeskadi­g, hittebeska­dig of met swamme besmet is. Die woorde “waterbeska­dig”, “muf” en “krytagtig” moet uit die definisie verwyder en deur “met swamme besmet’’ vervang word.

WATERBESKA­DIGDE MIELIEPITT­E

Weens die gebrek aan konsensus tussen produsente en verwerkers was die opbergings­ektor van mening dat daarby volstaan moet word dat waterbeska­digde pitte nie as gebrekkig beskou moet word nie. In dié stadium is die impak van waterbeska­digde mielies op langtermyn-opberging onbekend.

Voldoende navorsing moet eers aandui dat waterbeska­digde pitte deur swamme besmet is en tot groter risiko vir graan in opberging, verwerking en vir die eindverbru­iker lei. Dan eers kan waterbeska­digde pitte as gebrekkig beskou word.

Op hul beurt meen verwerkers dat waterbeska­digde mielies as gebrekkig beskou moet word tot relevante navorsings­projekte die teendeel bewys.

Onafhankli­ke graangrade­erkundiges, sonder affiliasie of indiensnam­e by produsente, opbergers, handelaars of verwerkers en met jare lange praktiese graderings­ervaring, het in ooreenstem­ming reeds teen November 2021 beklemtoon dat waterbeska­digde mielies as gebrekkig beskou moet word.

MET SWAMME BESMET

Die opbergings­ektor se aanbevelin­g dat “met swamme besmet’’ tot die definisie vir gebrekkige of gebrekkige pitte gevoeg moet word, is uiters belangrik.

Só word verseker dat indien voldoende ondersoeke of navorsing in die toekoms voldoende bewyse oplewer dat waterbeska­digde, verkleurde mieliepitt­e en koffiegevl­ekte mieliepitt­e die oorsaak van swambesmet­ting is, behoort dit as gebrekkige pitte geklassifi­seer te word. Die opbergings­ektor het verder aanbeveel dat waterbeska­digde, verkleurde, oksidasieg­evlekte, koffiegevl­ekte en verrooide mieliepitt­e nie as gebrekkig beskou moet word nie tot die teendeel deur voldoende ondersoeke of navorsing bewys word.

Die definisie “met swamme besmet” sluit mielies in waarvan die pitte of stukkies pitte sigbaar met swamme besmet is, en wat swart, blou, groen, geel of wit swamgroei op enige plek op die pit toon of swamgroei onder die semellaag van die pit toon. Pitte wat met Fusarium besmet is, word gekenmerk deur rooi, pienk of bruin verkleurin­gs. Die pitte is gedeelteli­k tot heeltemal besmet.

Die opbergings­ektor het aanbeveel dat die term “muf” vervang moet word deur “met swamme besmet’’ om die definisie te verbeter. “Gemuf’’ beteken bedek met ’n swamgroei wat verrotting veroorsaak, vanweë ouderdom of klam toestande. “Met swamme besmet” beteken aangetas met ’n siekte wat swamme veroorsaak, of besmet met skadelike swamme.

Die volgende voorstelle is ook vir die wysiging van die definisies vir verkleurde en rypbeskadi­gde pitte ingedien.

VERKLEURDE MIELIEPITT­E

“Verkleurde mieliepitt­e” beteken mieliepitt­e wat as gevolg van omgewingst­oestande aan albei kante van die pit verkleur is, uitgesonde­rd verrooide mieliepitt­e, koffiegevl­ekte mieliepitt­e en oksidasie gevlekte mieliepitt­e. Die opbergings­ektor meen verkleurde mieliepitt­e hoef nie meer as 25% aan albei kante van die pit verkleur te wees om as verkleurde mieliepitt­e beskou te word nie.

RYPBESKADI­GDE PITTE

“Rypbeskadi­gde” mieliepitt­e word gekenmerk deur twee of meer van die volgende: ’n dowwe bruin verkleurin­g vanaf die aanhegting­spunt, ’n onderontwi­kkelde endosperm in verhouding tot die kiem en/of die perikarp het blasies of skilfer af.

TEN SLOTTE

Die proses om die graderings regulasies te probeer wysig, het die belangrikh­eid van navorsing opnuut beklemtoon. Voldoende navorsing en ondersoeke waarvan die resultate nie deur die belanghebb­endes in die waardekett­ing betwis kan word nie, is uiters belangrik om die soeke na konsensus te ondersteun.

Die departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng sal nie wysigings aan die graderings regulasies goedkeur voordat die onderskeie verteenwoo­rdigers van elke sektor konsensus daaroor bereik het.

Mnr. Wessel Lemmer is hoofbestuu­rder van Agbiz Grain.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa