Landbouweekblad

‘WERK SAAM MET DIE NATUUR’

-

“Boere in Suid-Afrika produseer bogemiddel­de opbrengste in ondergemid­delde toestande,” sê mnr. Egon Zunckel (INLAS), wie se boerdery gereeld aan plaaslike opbrengshu­lle kompetisie­s deelneem.

Hy glo indien Suid-Afrikaanse boere in Amerika sou boer, sou soortgelyk­e opbrengste kon behaal.

“Daar is ongelukkig verskeie faktore wat teen Suid-Afrikaanse boere tel om optimale opbrengste soos dié in Amerika te kan produseer.”

Zunckel bedryf Zunckel Farms saam met sy seuns, Tyson en Carl, op die plaas Rustenburg naby Bergville in KwaZulu-Natal, en plant ook op grond by Warden in die Oos-Vrystaat. Die boerdery bestaan uit ’n saaiery (mielies, sojabone, koring en droëbone) en vleisbeest­e.

Suid-Afrikaanse mielieboer­e se kwessies sluit wisselende klimaatsto­estande soos temperatur­e en winde in. “As mielies aan temperatur­e bo 32 °C en winderige toestande blootgeste­l word, ervaar die plant stres.”

Verskillen­de tipes en diepte van grond, asook streekpote­nsiaal maak dit moeilik om ’n homogene opbrengs binne ’n area van 2 ha op ’n land te kry.

Nog ’n kwessie is suur kolle in die grond.

Hy sê al dié onderskeie faktore beteken dat Suid-Afrikaanse boere dit moeilik sal vind om by die opbrengste uit te kom, hoewel boere elders in Suid-Afrika hoë opbrengste behaal. Daarby boer die 2019-wêreldreko­rdhouer vir besproeiin­gsmielies, mnr. David Hula, ook nie in ’n erkende mieliestre­ek nie. Zunckel voeg by dat die mieliekult­ivars wat tans beskikbaar is, ook meer potensiaal het as waaraan hy gewoond is.

Hy sê by die Zunckel-boerdery word van die faktore versag danksy herlewings­landboumet­odes, soos die aanplant van dekgewasse en geenbewerk­ing. Daardeur kon die boerdery oor die afgelope paar jaar ’n gemiddelde sojaboonop­brengs van 4 t/ha of meer oes, met geen kunsmis wat oor 23 jaar toegedien is nie.

“Ons plant ons mielies met ál minder kunsmis. Ons gee 25 kg NPK per ha, wat omtrent die helfte is waaraan ons gewoond is.”

Hulle het ook ’n lae mikpunt vir stikstof en mik vir sowat 120 kg N per ha op hoëpotensi­aaldroëlan­d en 200 kg N per ha by hoëpotensi­aalbesproe­ingsmielie­s.

“Die chemiese kunsmis wat ons in ’n band neersit, is volgens die wetenskapl­ikes ver te min, en al dien ons dit al vir jare só toe, gaan ons grond nie agteruit nie en ons opbrengste styg, wat beteken ons doen iets reg. Ons probeer saam met die natuur werk.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa