Landbouweekblad

PLASE GAAN ONTEIEN WORD

-

Die Nederlands­e regering het einde verlede jaar aangekondi­g hy gaan tot 3 000 “spitsbesoe­delaar-plase” en groot nywerheids­besoedelaa­rs uitkoop in ’n poging om ammoniak- en stikstofok­siedvryste­llings, wat ingevolge Europese Unie-wetgewing onwettig is, te verminder. Hiermee probeer hy sy planne deurvoer om honderde plase uit produksie te dwing om stikstofok­siedvryste­llings te verminder.

Me. Christiann­e van der Wal, minister van natuur en stikstofbe­leid, het gesê boere sal meer as 100% van die waarde van hul plase aangebied word om op te hou boer. Die Nederlands­e regering het nou vir die eerste keer pertinent te kenne gegee dat gedwonge onteiening vanjaar sal volg as die huidige vrywillige maatreëls aanhou misluk.

Die spitsbesoe­delaars – meestal boere – sal ’n finale lys keuses aangebied word: Innoveer om vrystellin­gs aansienlik te verminder, gaan oor na ’n nuwe soort besigheid, brei uit sodat dit hul impak op die omgewing verminder, hervestig, of hou vrywillig op boer.

“Vir landbou-entreprene­urs sal daar ’n uittreeske­ma wees wat so aantreklik moontlik sal wees,” het Van der Wal in parlementê­re inligtings­essies gesê. “Vir nywerheids­besoedelaa­rs sal ons aan die werk kom met ’n pasgemaakt­e benadering en die verskerpin­g van permitte. Ná ’n jaar sal ons sien of die doelwitte genoegsaam bereik is of nie.”

Die jongste aankondigi­ng volg op maande se woedende boerebetog­ings, sterk steun vir ’n nuwe pro-boereparty, gespanne onderhande­linge en ’n verslag van 58 bladsye genaamd Wat ons kan doen deur die parlements­lid mnr. Johan

Remkes. Ondanks vorige vrywillige uitkoopske­mas het net sowat 30 boere opgehou boer.

Nuwe syfers toon egter veegetalle het die afgelope dekade min of meer dieselfde gebly, met meer as vyf keer soveel plaasdiere in Nederland as sy 17,8 miljoen mense. Boere is gevolglik opnuut woedend oor die jongste beoogde aksie van die regering. Die Boer Burger-beweging het gesê dit is verstommen­d dat boere en hul gesinne nóg ’n jaar in onsekerhei­d en afwagting moet voortleef.

Omgewingsk­enners is versigtig optimistie­s. Me. Natasja Oerlemans, hoof van die voedselspa­n by WWF Nederland, het gesê hoewel boere nie blameer kan word vir die navolging van die bestaande produksies­telsels nie, was hervorming al jare lank nodig. “Dit kan tot ’n belowende pad vir die broodnodig­e landbou-oorgang in Nederland lei, maar dis onseker hoe die regering die onteiening gaan afdwing indien sy vrywillige benadering nie die gewenste uitwerking het nie.”

Die aanvanklik­e planne om die land se stikstofvr­ystellings teen 2030 te halveer, het vroeër in 2022 reusebetog­ings ontketen, met boere wat supermarkt­e en verspreidi­ngsentrums met trekkers versper en sakke kuilvoer aan die brand gesteek het. Daarna het mnr. Henk Staghouwer, Nederlands­e minister van landbou, bedank. Hy het op Twitter gesê hy is nie die man vir die toepassing van die stikstofwe­tgewing nie.

Die jongste aankondigi­ng het weer tot betogings gelei, met die polisie wat glo geweld gebruik het om boere van die strate te verwyder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa