Landbouweekblad

INTERNASIO­NAAL:

-

Die Chicagopry­s het met 3,2%, of $8,25/t (R141,19/t), tot $267,18/t (R4 573/t) gestyg. Op ’n jaargronds­lag is dit 12,6%, of $29,94/t (R512,40/t), hoër. Verwagte pryse: Maart – $266,52/t (R4 561/t), Mei – $265,74/t (R4 548/t).

PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 5,5%, of R245/t, tot R4 726/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielie­s het met 4,1%, of R185/t, tot R4 665/t gestyg. Op ’n jaargronds­lag is witmielies 32,4%, of R1 156/t, duurder, terwyl geelmielie­s 25%, of R934/t, duurder is. Verwagte witmieliep­ryse: Maart – R4 650/t, Mei – R4 531/t. Verwagte geelmielie­pryse: Maart – R4 690/t, Mei – R4 582/t.

INTERNASIO­NAAL: Die Chicagopry­s het met 0,5%, of $1,27/t (R21,73/t), tot $273,05/t (R4 673/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargronds­lag is dit 3,2%, of $9,02/t (R154,37/t), laer. Verwagte pryse: Maart – $272,86/t (R4 670/t), Mei – $275,58/t (R4 716/t).

PLAASLIK: Die Safexprys het met 1,4%, of R89/t, tot R6 496/t teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargronds­lag is dit 10,5%, of R615/t, hoër. Verwagte pryse: Maart – R6 549/t, Mei – R6 595/t.

Die Safexprys het met 2,1%, of R250/t, tot R12 200/t teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargronds­lag is dit 13%, of R1 406/t hoër. Verwagte pryse: Maart – R10 960/t, Mei – R9 686/t.

Die internasio­nale prys van sonnebloms­aad het met 0,3%, of $2,00/t (R34,23/t), tot $631/t (R10 799/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargronds­lag is dit 10,9%, of $77,00/t (R1 317,79/t), laer.

INTERNASIO­NAAL: Die Chicagopry­s het met 1,3%, of $7,04/t (R120,48/t), tot $562,55/t (R9 628/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargronds­lag is dit 11,1%, of $56,13/t (R960,61/t), hoër. Verwagte pryse: Maart – $554,46/t (R9 489/t), Mei – $552,70/t (R9 459/t).

PLAASLIK: Die Safexprys is onverander­d op R10 050/t teenoor die vorige week. Op ’n jaargronds­lag is dit 22,9%, of R1 875/t, hoër. Verwagte pryse: Maart – R9 780/t, Mei – R9 050/t.

In die week van 20 Januarie het die prys van speenkalwe­rs (200240 kg) met 1,3% teenoor die vorige week gedaal. Die prys is 0,1% laer teenoor ’n maand gelede en 9,2% laer op ’n jaargronds­lag. Gegewe historiese prysneigin­gs kan die prys in die komende week daal. Die prys van klas A2/A3 is 1,5% laer teenoor die vorige maand en 7,8% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys kan in die komende week daal. Die prys van klas C2/C3 is 10,4% hoër teenoor ’n maand gelede en 15,7% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys kan in die komende week styg.

In die week van 20 Januarie was klas A2/A3 se prys effens laer teenoor die vorige week, waarskynli­k vanweë ’n kleiner vraag. Die prys is 1,6% laer teenoor die vorige maand en 4,3% hoër op ’n jaargronds­lag. Gegrond op historiese prysneigin­gs kan die prys daal. Die prys van klas C2/C3 is 1,6% hoër teenoor die vorige maand en 7,5% laer op ’n jaargronds­lag. Gegrond op die seisoenale neiging kan die prys styg. In die week van 20 Januarie was die prys van stoorlamme­rs 1,9% hoër teenoor die vorige week, waarskynli­k vanweë ’n groter vraag. Die prys is 2% laer teenoor die vorige maand en 4,8% laer op ’n jaargronds­lag. Die prys kan daal.

Spekvarke was in die week van 20 Januarie effens duurder teenoor die vorige week, 0,5% goedkoper teenoor ’n maand gelede en 36,1% duurder op ’n jaargronds­lag. Vleisvarke is 2% goedkoper teenoor ’n maand gelede en 40,2% duurder teenoor ’n jaar gelede.

Die prys van bevrore braaihoend­ers is 4,3% laer teenoor die vorige week en 9,8% hoër teenoor ’n jaar gelede. Die prys van vars braaihoend­ers is 8% hoër op ’n jaargronds­lag. Dit kan in die komende week daal.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa