Landbouweekblad

Oornat plaas met slote ‘omhein’

-

Terwyl talle boere met die droogte geworstel het, het hierdie wingerdboe­r hoofbreken­s met ’n oorvloed water in sy grond gehad. Sy uitweg hiervoor help hom nou om sy plaas se potensiaal soveel beter te benut. Daarmee het hy sy druiwe-oes al in die eerste seisoen met sowat 25% verbeter en boonop kan hy nou sy bewerkings op “droë” grond doen, skryf Radie Kotzé.

Die Straat, plaas van mnr. Jan (Straat) Jordaan, lê in die mik waar die Smalblaarr­ivier digby Rawsonvill­e in die Breërivier-invloei. Geografies­e faktore in dié gebied — die val van die grond is baie min en die water net noord van die Smalblaarr­ivier dreineer eerder verder noord na die Breërivier — laat jaarliks ’n oorvloed water na mnr. Jordaan se plaas vloei, van waar dit nie gewoonweg kan wegvloei nie.

Weens die hoë watertafel kon die wingerde daar nooit hul volle potensiaal bereik nie. Die wingerd se wortels gaan nie die watertafel­vlak binne nie en gevolglik moes mnr. Jordaan en sy vader al die jare slegs op die boonste sowat 150 mm grond boer, terwyl die leemgrond op plekke 2 m en selfs dieper is.

Dié probleme het mnr. Jordaan opgelos deur nuwe dreinering­slote van meer as 2 m diep reg rondom sy plaas te grawe. Sy druiwe-oes het in die eerste seisoen daarna met gemiddeld 25% verbeter. Na verwagting sal die wingerd eers oor sowat vier jaar, wanneer die wortels die diep grond binnegedri­ng het, die goed gedreineer­de grond ten volle benut. Nou is die wortels nog onderontwi­kkel, terwyl baie stokke wat nooit ’n ordentlike oes sou lewer nie, reeds lank stelselmat­ig vervang word.

Die Straat is sowat 34 jaar gelede van ’n vee- in ’n wingerdpla­as omskep, en dreinering­slote is al sedert 1955 gegrawe.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa