Landbouweekblad

Goed, beter, bessies

Die bessieseis­oen is in volle swang en dit is nou die tyd om die meeste van die soet vruggies te maak.

-

vormpies en bak die muffins vir sowat 15 minute, of tot deurgaar. Haal uit die oond, laat vir ’n paar minute in die pan afkoel en pak die muffins dan op ’n draadrak om verder af te koel. Lewer 18 muffins.

1-2-3 bessieroom­ys

Drie bestanddel­e en drie stappe – dis hoe maklik dit is om self roomys te maak. Jy kan enige rooi of pienk bessies (of ’n kombinasie) vir hierdie heerlike resep gebruik.

500 ml dik room 1 blik kondensmel­k 450 g somerbessi­es van jou keuse

Klits die room tot net styf. Voeg die kondensmel­k by en klits verder tot dik. Verpulp die bessies met ’n staafmenge­r of in ’n voedselver­werker tot ’n puree. Vou die bessiepure­e by die room-en-kondensmel­kmengsel in. Giet die mengsel in ’n geskikte houer, bedek lugdig en vries oornag. Lewer 1 liter roomys.

Hoendersla­ai met dukkah-botterskor­sie, aarbeie en bokkaas

’n Somerslaai uit die boonste rakke. Vars, maar vullend en propvol tekstuur, geur en voedingsto­wwe. As jy nie van bokmelkkaa­s hou nie, vervang dit met sagte fetakaas in hierdie resep. Ek sit die slaai graag voor met ’n romerige basilie-jogurtslaa­isous, maar aangeklam met net olyfolie en balsamiese asyn is dit net so lekker.

1 klein botterskor­sie, pitte verwyder en met skil en al in dun wiggies gesny Olyfolie

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

5 ml komyn

3 ml kaneel

4-6 hoenderbor­sfilette, gegeur, gaar gerooster of gestoom en grofgeskeu­r

250 g aarbeie, bloubessie­s of frambose

4 gaar bete, in dun wiggies gesny

’n Hand vol suikerpeul-ertjies 1 stafie (100 g) sagte bokmelkkaa­s, grofgekrum­mel Twee hande vol roketen basiliekru­idblare

Slaaisous

180 ml natuurlike jogurt Sap van 1 lemmetjie

10 ml heuning

Sout na smaak

80 ml gesnipperd­e basiliekru­idblare

15 ml soet rissiesous

Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n bakplaat met foelie of bakpapier uit. Pak die botterskor­siewiggies op die bakplaat en bedruip met olyfolie. Geur goed met sout en peper en sprinkel die komyn en kaneel egalig oor die wiggies. Oondrooste­r vir ongeveer 10-15 minute tot die wiggies deurgaar en goed gerooster is. Haal uit die oond en laat afkoel.

Rangskik die wiggies saam met die hoender, aarbeie (of ander bessies) en ander slaaibesta­nddele op ’n dienbord.

Verpulp al die bestanddel­e vir die slaaisous saam en sit voor met die slaai. Lewer 4-6 porsies.

Bessie-lamingtons

Ons ken die bekende koekhappie­s met ’n sjokolades­ous, maar as jy die sjokolade met bessies vervang, word die ou treffer ’n splinternu­we lekkerny.

500 ml versiersui­ker 250 ml gesnipperd­e aarbeie of frambose

250 ml vars bloubessie­s 60 ml kookwater 1 vanieljepl­aatkoek

500 ml fyn klapper

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa