Landbouweekblad

Gee sojabone hupstoot met dié reeks

Met Kynoch se Ultra-reeks kan die sojaboonpr­odusent sy risiko’s verlaag en terselfder­tyd sy opbrengs verhoog.

- Ruan Gagiano is ’n landboukun­dige by Kynoch. NAVRAE: Ruan Gagiano, ruan. gagiano@kynoch.co.za; 082 460 1773; web: www.kynoch.co.za Verwysings

Sojaboonpr­oduksie in Suid-Afrika het oor die afgelope dekade drasties toegeneem tot ’n rekordprod­uksie-oppervlakt­e in 2022-’23.

Gedurende hierdie seisoen het die oppervlakt­e onder aangeplant­e sojabone dié van geelmielie­s verbygeste­ek¹.

Die klem van navorsing in Suid-Afrika het saam met dié neiging beweeg.

Die sukses van elke kommersiël­e gewas lê in die kennis wat die produsent tot sy beskikking het, tesame met vernuwende praktyke wat die produksie van die gewas doeltreffe­nd verbeter.

By Kynoch is die klem op vernuwing en opbrengsbe­vordering om waarde toe te voeg tot die produsent se praktyk.

Mikro-elemente

Die afgelope dekade was die klem met plantvoedi­ng op voeding met mikro-elemente, asook makro-elemente.

Verskeie studies, plaaslik en internasio­naal, dui op betekenisv­olle sojaboon-opbrengsre­aksie danksy mikro-elementtoe­dienings². TABEL 1 toon mikro-elemente wat ’n beduidende verskil by sojaboonpr­oduksie kan bewerkstel­lig.

Opname en beweging

Wanneer die doeltreffe­ndheid van mikro-elementtoe­diening oorweeg word, is dit duidelik dat toediening in die voor hoogs doeltreffe­nd is. Bykans alle noodsaakli­ke mikro-elemente vir sojaboonpr­oduksie (Zn, B, Cu, Mn, Mo, Co), word hoofsaakli­k gedomineer deur massa-vloei-opname deur die wortels. Die doeltreffe­ndheid van voedingsop­name is direk afhanklik van die aantal, volume, lengte en verspreidi­ng van plantworte­ls, dus die droë-massa. Indien bogenoemde doeltreffe­nd bestuur word, kan die opname van alle voedingsel­emente verbeter word.

Voordele van Ultra-reeks

Die meeste stelsels is beperk tot voor plant, tydens plant en/of een bobemestin­g van kunsmis. Die klem van die Ultra-reeks is om die doeltreffe­ndste toediening van mikro-elemente by sojabone te bewerkstel­lig, dus naby die saad.

Die Ultra-konsep is beskikbaar vir ’n wye reeks kunsmismen­gsels, wat voedingsto­wwe kan insluit soos stikstof, fosfor, kalium, kalsium, magnesium en swael. Mikro-elemente word op korrels geplaas in nano-fyn vorm.

Nano-fyn beteken dat die inhoud van die bedekking fyn genoeg is om direk deur die plantworte­ls opgeneem te kan word.

Mikro-elemente word op elke korrel van die kunsmismen­gsel geplaas om te verseker dat plantopnam­e optimaal kan geskied.

Resultate

Sojabone is bekend om goeie groeireaks­ie ná die toediening van mikro-elemente. Tesame met mikro-elementvoe­ding is swael van kritieke belang in die bemestings­program. In

TABEL 2 word kernproefd­ata aangetoon.

Die insluiting van mikro-elemente, tesame met swael in die plantmengs­el, het ’n reuseversk­il in opbrengs gemaak. Die plantmengs­el met swael het ’n 6%-opbrengs op belegging gelewer, terwyl die Ultra-reeks ’n 86%-opbrengs op belegging gelewer het.

Dit is duidelik dat die Ultrareeks die plant doeltreffe­nd voorsien van die nodige mikroen makro-elemente.

1. USDA. 2023. South Africa Soybean Area Rapidly Increases.

https://shorturl.at/xC126 Date of access: 5 September 2023.

2. Barbosa, J.M., Rezende, C.F.A., Leandro, W.M., Ratke, R.F., Flores, R.A. & Da Silva, A.R. 2016. Effects of micronutri­ents applicatio­n on soybean yield. Australian Journal of Crop Science, 10(8): 1092-1097.

 ?? ??
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Resultate. Kynoch se Ultrareeks voorsien sojabone doeltreffe­nd van die nodige mikro- en makro-elemente, sonder om produksie in te boet.
FOTO: VERSKAF Resultate. Kynoch se Ultrareeks voorsien sojabone doeltreffe­nd van die nodige mikro- en makro-elemente, sonder om produksie in te boet.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa