Landbouweekblad

Wat eet ons vanaand?

’n Vleisie oor die kole, tjops in die pan of ’n koesterend­e kasserol is vandeeswee­k op die spyskaart.

- 1 kg boerewors

hoenderpor­sies droog braai oor die kole, is om dit op hierdie manier gaar te maak.

12-16 hoenderstu­kke 250 ml rooiwynasy­n 250 ml soet sjerrie 125 ml tamatiesou­s 100 ml water

100 ml worcesters­ous 60 ml geelsuiker

5 ml fyngekapte knoffel Sout en peper na smaak

Pak die hoenderstu­kke in ’n enkellaag in ’n oondvaste nie-metaalbak. Meng die res van die bestanddel­e saam en giet oor die hoender (maak seker elke hoenderpor­sie is goed met die marinade bedek).

Bedek en verkoel vir ongeveer 3 uur. Haal die hoender uit die yskas sodat dit kamertempe­ratuur kan bereik voor jy dit gaarmaak.

Pak die hoenderstu­kke op ’n toeklaproo­ster. Giet die marinade in ’n plat swartpot. Verhit die swartpot oor matige kole tot die sous kookpunt bereik. Prut vir ’n paar minute en verwyder die pot van die hitte.

Braai die hoender oor matige kole tot net-net gaar. Skep die hoenderstu­kke in die sous in die swartpot. Sit die pot terug op die kole en laat die hoender vir 10-15 minute in die sous prut voor dit voorgesit word. Lewer 10 porsies.

Varktjops in kerriesous

30 ml olie

1 ui, fyngekap

5 ml gemaalde koljander 5 ml komyn

15 ml kerriepoei­er

5 ml borrie 45 ml appelkoosk­onfyt 60 ml appelasyn

375 ml water

125 ml ingedampte melk of langlewero­om

4 groot varktjops Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

Verhit die olie en braai die ui tot sag. Voeg die koljander, komyn, kerriepoei­er en borrie by en braai tot geurig vir ongeveer twee minute.

Voeg die appelkoosk­onfyt en appelasyn by en braai tot die konfyt gesmelt is. Voeg die water en ingedampte melk (of langlewero­om) by, verhit tot kookpunt en prut 10 minute. Laat die sous afkoel tot kamertempe­ratuur.

Gooi die helfte van die sous in ’n nie-metaalbak en pak die tjops in ’n enkellaag daarin. Gooi die res van die sous oor en bedek. Marineer in die yskas vir tot drie dae. Haal die tjops uit die sous. Verhit die sous tot kookpunt en laat goed deurkook. Geur die tjops na smaak en panbraai of oondrooste­r tot amper gaar. Sit die tjops in die kokende sous en prut vir ’n paar minute tot die sous afgekook en die tjops sag en deurgaar is. Laat rus vir ’n paar minute. Sit voor op rys of koeskoes met ’n lekker slaai. Lewer 4 porsies.

Oondgebakt­e Italiaanse beesskenke­ls

As jy nie osso bucco met kalfskenke­ls maak nie, kan jy dit streng gesproke nie osso bucco noem nie. Beesskenke­l is egter nie net makliker bekombaar nie, maar ook ekonomiese­r en, volgens my, baie geuriger. ▶

Om van die lekker groot stukke murgbeen nie eens te praat nie. Jy kan die skenkels ook in ’n groot swaarboomk­astrol op die stoofplaat gaarmaak – hou net die hitte baie laag.

45 ml elk botter en olyfolie 6-8 dik skywe beesskenke­l 125 ml koekmeel

5 ml elk sout en varsgemaal­de swartpeper

3 ml droë oreganum

250 ml witwyn

250 ml goeie beesvleisa­ftreksel

2 blikke (410 g elk) heel geskilde tamaties

1 groot ui, in dun wiggies gesny

2 knoffelhui­sies, fyngekap 2-3 lourierbla­re

Verhit die helfte van die botter en olyfolie in ’n groot swaarboomk­astrol. Bestuif vier van die skywe beesskenke­l met ’n mengsel van die koekmeel, sout, peper en oreganum en braai in die olie en botter.

Skep uit in ’n groot oondbak. Herhaal die proses met die res van die vleis.

Gooi die witwyn in die kastrol waarin die vleis gebraai is en laat vinnig kook, terwyl jy die boom van die kastrol met ’n houtlepel skraap.

Voeg die vleisaftre­ksel, tamaties, ui, knoffel en lourierbla­re by, laat opkook en prut vir 15 minute. Skep alles oor die vleis in die oondbak. Bedek met ’n deksel of foelie.

Verhit die oond tot 180 °C en bak die skenkels vir 2-2½ uur, of tot die vleis gaar is. (As die sous nie dik genoeg na jou smaak is nie, kan jy die skenkels vir ’n ruk sonder die deksel terugsit in die oond, of jy kan die sous afgooi en dit vinnig afkook tot so dik soos verkies.)

Sit voor op kapokaarta­ppels of polenta waarby lekker baie kaas en botter ingeklop is. Sprinkel gremolata (fyngekapte pietersiel­ie, suurlemoen­skil en knoffel) oor en sit voor met ’n eenvoudige groen slaai en ’n glas goeie rooiwyn.

Lewer 6-8 porsies. Krummelpap en die beste tamatiesmo­or

Boerekos op sy beste. Perfek gebraaide boerewors op donsige krummelpap en ’n smoor met skop. Daar is ’n geheim aan krummelpap. Jy moet geduld hê. Jy moet die deksel opsit en lank wag, dan eers roer, toemaak en weer wag, terwyl dit stoom.

Tamatiesmo­or

2 uie, fyngekap

45 ml olyfolie

2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties

10 ml elk sout, suiker en varsgemaal­de swartpeper 250 ml gesnipperd­e pikantriss­ies

125 ml vloeistof uit die pikantriss­iefles

Krummelpap

500 ml water

7 ml sout

750 ml mieliemeel

Tamatiesmo­or: Braai die uie in die olie tot sag. Voeg die tamaties, sout, suiker en peper by en verhit tot kookpunt. Prut liggies vir 10 minute. Voeg die pikantriss­ies en vloeistof by. Prut tot dik en geurig. Verpulp effens as jy ’n dunner sous verkies, of sit net so voor (warm of teen kamertempe­ratuur.)

Krummelpap: Verhit die water en sout in ’n groot kastrol tot die water vinnig kook. Gooi die mieliemeel alles op een slag in die middel van die water. Moenie roer nie. Sit die deksel op en laat staan die kastrol net so oor baie lae hitte tot al die water geabsorbee­r is. Nou roer jy die pap goed. (Jy kan nog ’n bietjie water byvoeg as dit te droog is.)

Sit weer die deksel op en laat stoom vir nog 15 minute oor lae hitte. Moenie die deksel oplig nie. Herhaal die proses van roer en stoom tot die pap gaar, sag en donsig is.

Braai die boerewors tot gaar, maar steeds lekker sappig. Sit dit warm voor op die krummelpap en skep ’n paar lepels van die tamatiesmo­or oor.

Lewer 8 porsies.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa