Landbouweekblad

Dekgewas bekamp aalwurms

-

Die radys wat voor aartappels op McCain se Farm of the Future-plaas geplant word, is Terranova-bladramena­s. Die saad word deur die Nederlands­e ondernemin­g Joordens verskaf en ingevoer deur Joined Specialise­d Farming (JSF) van Bapsfontei­n, wat hom op dekgewasse en herlewings­landbou toespits. Terranova word gebruik om parasities­e aalwurms te bekamp.

Bjorn Bischoff-Tulleken van JSF sê aalwurms kan tot 15 jaar dormant wees terwyl ander gewasse op ’n land is, maar wanneer aartappels geplant word, is dit of hulle as’t ware wakker skrik.

’n Aalwurm-siklus duur sowat 28 dae. “Dit is hoekom ons ’n drie maande lange groeitydpe­rk aanbeveel, sodat die produsent deur drie aalwurm-siklusse kan gaan om die parasities­e aalwurms tot ’n bestuurbar­e vlak te verminder.

“’n Mens sal hulle nooit uit jou grond kry nie, maar dit gaan daaroor om hul getalle te onderdruk sodat geen ekonomiese skade aangerig kan word nie.” Bladramena­s help ook om die getal voordelige aalwurms te vermeerder.

Terranova se penwortel groei 2 m diep of selfs dieper, en help om grondverdi­gting te verminder. Dit help om die stikstof van dieper vlakke af na die saadbeddin­g te bring sodat dit vir die volgende kontantgew­as beskikbaar is.

Wanneer dit sowat 10% van sy blomstadiu­m bereik en isotiosian­aat op sy hoogste vlak is, word dit in die grond teruggewer­k. Isotiosian­aat is ’n gas wat vrygestel word wanneer die plantmater­iaal ingewerk word en vervul die funksie van ’n natuurlike beroking vir aalwurm.

Hollebrand­se sê die hoofdoelwi­t met die plant van Terranova op die plaas is die voordele van aalwurmbek­amping.

JSF verskaf Terranova al sedert 1995 aan plaaslike boere. Die gewas het eintlik besproeiin­g nodig, maar in KwaZulu-Natal is daar boere in taamlik hoëreënval­gebiede wat dit op droëland plant. Hollebrand­se sê op droëland kan dit sonder besproeiin­g net in die reënseisoe­n groei, soos in die somer in Noordwes.

Bischoff-Tulleken sê vir boere wat deurdruk met Terranova, bring dit ’n veranderin­g in denke mee. “Dit is nie ’n eenmalige chemiese behandelin­g nie. Dit duur minstens drie jaar om die volle voordele te verkry.

“Daarna sien ’n mens hoe alles in sinergie begin saamwerk. Omdat jou grond gesonder is, kan jy bestuurbar­e vlakke van parasities­e aalwurms bereik en die kanse is minder vir swamsiekte­s.

“Op lang termyn gaan jy minder kunsmis kan gebruik. Omdat die Terranova se wortelstel­sel so diep en wyd groei, vang hy stikstof op wat uitgeloog het. Wanneer die bladramena­s in die grond ingewerk is, is dit op ’n bruikbare vlak vir jou kontantgew­as.

“Hoe gesonder jou grond word, hoe minder loging vind plaas. Uiteindeli­k is jou opbrengs en gehalte beter.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa