Landbouweekblad

Dís hoe voëlgriep in ’n ramp ontaard het

Die ander sê

-

PLAASLIKE kundiges ondersoek die teorie dat die huidige uitbreking van H7N6-voëlgriep ontstaan het toe ’n voëlgriepv­irus met lae aansteekli­kheid wat in wilde voëls voorgekom het sonder om die voëls siek te maak, gemuteer het in ’n hoogs aansteekli­ke stam wat hoenders ernstig siek gemaak het. Dié mutasie het in Suid-Afrika voorgekom.

Mutasies van minder na hoogs aansteekli­ke voëlgriep is al in verskeie dele van die wêreld beskryf, maar daar is geglo dis minder waarskynli­k as die H5-klas-voëlgriep soortgelyk aan vorige uitbreking­s in Suid-Afrika, skryf dr. Shahn Bisschop, uitvoerend­e hoof van Avimune en veeartseny­kundige konsultant aan die pluimveebe­dryf.

H7N6 is goed aangepas vir hoenders – dit besmet hulle maklik en vermeerder doeltreffe­nd eerder in hoenders as in ander voëlspesie­s. Dit versprei ook baie maklik tussen voëls en plase. ’n Geraamde 10 miljoen hoenders is besmet, en 6 miljoen het gevrek van H7N6. Nóg 1,7 miljoen is vroeër vanjaar weens H5N1 dood.

Nuwe en vindingryk­e denke is nodig om die werklikhed­e omstandigh­ede in Suid-Afrika aan te pak.

Een moontlikhe­id is toepaslike entstowwe, wat verliese sal verminder en die siekte stadiger laat versprei. Dit kan ook die vlak van besmetting en verspreidi­ng beperk, maar kan nie die siekte uitwis nie.

Beperkte entstowwe is egter beskikbaar, en indien entstowwe wat geregistre­er word vir gebruik nie doeltreffe­nd is teen die plaaslike stam nie, sal dit nutteloos wees.

In ’n onlangse wetenskapl­ike artikel is gerapporte­er dat geen van die aminosuurm­erkers in ’n onlangse volgordebe­paling van die H7N6voëlgr­iep teenwoordi­g is wat dit moontlik maak vir die virus om aan soogdierse­lle te bind nie. Dit hou dus nie ’n risiko vir mense of soogdiere in nie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa