Landbouweekblad

Logistieke stelsel speel groot rol in Shoprite se sukses

-

Die Shoprite-groep is ’n toonbeeld van doeltreffe­ndheid en winsgewend­heid. Dit is een van die redes waarom die aandeelpry­s van die groep die afgelope vier jaar meer as verdubbel het.

In die vorige uitgawe is gewys op die verswakken­de winsgewend­heid van die Pick n Pay-kleinhande­lvoedselgr­oep. Intussen is bekend gemaak dat die groep sy eerste geldelike verlies in sy bestaan aangeteken het. Die tussentyds­e finansiële resultate het ’n verlies voor belasting van R837 miljoen gerapporte­er, ondanks 5,4% groei in omset en ’n bruto winsmarge van 18,5%. Duidelik kon koste nie verhaal word om ’n wins te toon nie.

Die uitvoerend­e hoof is ook vervang met ’n vorige een wat die groep opgebou het.

In dié uitgawe ontleed ons die ander dominante voedselsup­ermarkgroe­p, naamlik Shoprite, wat Checkers en Usave insluit.

Die groep het ’n omset van R219 miljard behaal in die 2023-boekjaar met ’n bedryfswin­s voor belasting van R9,3 miljard. Die landbousek­tor se bruto waarde van produksie in 2022 is geraam op R417 miljard.

Die groep het sy ontstaan gehad in 1979 toe Pepkor agt kruidenier­swarewinke­ls in die Wes-Kaap vir R1 miljoen gekoop het. Die groep het in 2000 ontbondel van Pepkor en is apart op die Johannesbu­rgse aandelebeu­rs (JSE) genoteer. OK Bazaars is ook in die proses gekoop vir R1 (weens sy baie swak geldelike posisie). Die groep het ook op die Afrika-mark uitgebrei (wat slegs sowat 5% van die wins lewer) en begin met ’n franchise-model vir sy winkels.

Die uitgangspu­nt van sy sakemodel is om kruide

niersware op kleinhande­lvlak so bekostigba­ar en toeganklik moontlik te maak. Daar is groot geïnvestee­r in ’n aanbodkett­ing wat vanuit sentrale verspreidi­ngspunte bedryf word en verspreidi­ngskoste na die meer as 500 winkels so laag as moontlik hou.

Intussen is finansiële dienste bygevoeg wat veral vir die laerinkoms­tegroepe toegang bied en gerief gee. Shoprite is ook besig om sy produkreek­se uit te brei deur gebruik te maak van die uitstekend­e verspreidi­ngstelsel wat dit goedkoop maak om produkreek­se uit te brei en na winkels te versprei.

Die groep se logistieke stelsel is een van die kenmerke van sy sukses. Terselfder­tyd het die groep ook die konsep van eie handelsmer­ke ontwikkel om klante ’n wyer keuse te bied vanaf goedkoper basiese produkte tot meer premieprod­ukreekse. Hy is ook besig om nader te integreer aan die verskaffer­s van sy produkreek­se, veral kleiner en mediumgroo­t besighede, om onder meer die verspreidi­ngsketting so kort moontlik te maak.

Die sakemodel van die meeste supermarkg­roepe stem ooreen. Soos in die vorige artikel gemeld, is Shoprite se eiekapitaa­lverhoudin­g baie laag gemeet teenoor die standaarde vir ander besighede en die landbou, waar finansiers graag die eiekapitaa­lverhoudin­gs bo 50% wil sien.

Onthou, deel van sy sakemodel is dat verskaffer­s eers sowat 90 dae ná die lewering van produkte betaal word. Die supermarkg­roep se bedryfskap­itaal is dus minimaal en die winkelruim­te word gehuur, gewoonlik eksklusief in sentrums wat mededingin­g beperk.

Terselfder­tyd verdien hy rente op die verkope se geld voordat dit aan die verskaffer­s betaal word. Toevallig is dit een van die kwessies as jy ’n klein verskaffer is en rakspasie sou kry. (Soms betaal die verskaffer ook vir die rakspasie en moet self sorg dat die produkte op die rak is.)

Die meegaande TABEL gee ’n opsomming van die jongste boekjare se finansiële resultate vir die Shoprite-groep.

Die maatskappy se aandeelpry­s het aansienlik gestyg oor die tydperk in die TABEL, gemeet teenoor Pick n Pay, waarvan die aandeelpry­s gedaal het en wat nou ’n verlies gemaak het.

Onder die leierskap van die hoofaandee­lhouer, Christo Wiese, en die alombekend­e Whitey Basson het die besigheid gegroei en dit is nou die toonbeeld van doeltreffe­ndheid en winsgewend­heid.

Die TABEL toon dat die omset die afgelope jare aansienlik gestyg het tot bykans R220 miljard met ’n bedryfswin­s van R9,1 miljard. Wins as persentasi­e van omset is 4,1% en het die afgelope paar jaar effe toegeneem. Die opbrengs op bates is 8,9% en taamlik stabiel, terwyl die eiekapitaa­lverhoudin­g effe afgeneem het tot 25,7%. Die aandeelpry­s het oor die tydperk van vier jaar meer as verdubbel.

Ten slotte, die feit dat die supermarkg­roep met so ’n betreklik klein persentasi­e eie kapitaal winsgewend bedryf kan word, is ’n resultaat van baie vinnige voorraadom­set en natuurlik ook die feit dat hy nie voorraad aankoop nie. Die winsgewend­heid as persentasi­e van bates en omset is verbasend laag teenoor wat die algemene persepsie is.

Deel van die groep se sakemodel is dat verskaffer­s eers sowat 90 dae ná die lewering van produkte betaal word.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa